Toortsie se Toeka Tokkel oor stad/dorp

In opdrag van Scrapydo natuurlik, hoe dan anders?

Aanvanklik het ek gedink om oor ‘n dorpie in NSW, Australië te skryf, Timbertown. Dit sou egter ‘n bietjie navorsing verg omdat dit baie jare gelede is wat ons daar was. Kameel se stadstorie het egter my kop in ver draaie laat loop.

Hierdie plaasdogter van Wydgeleë het in haar hoërskooljare gereeld in die grote stad by haar vriendin, Bokbaaivygie gaan kuier.

Om en by standerd 9 het ek weer vir ‘n week in die Junie-vakansie by hulle gaan kuier. Ons het die stad behoorlik verken. Ek, met groot oë en sy wat darem stadfiks is. Of dit op een dag gebeur het, of twee, kan ek nie meer onthou nie, maar haar ma het ons die oggend by die stasie gaan aflaai en ons het die T R E I N  geneem tot by die Kaapse stasie.

Ons het op ‘n toer deur die Nico Malan teater (Kunstekaap) gegaan en was bevoorreg om die aanttrekkamers van die kunstenaars, die oefenkamers, agter die verhoog te besoek. Daar is vir ons gewys hoe die verhoog kan vergroot en net met die druk van ‘n knop verander die hele toneel. Die vloer draai, die ligte verander, die verhoog maak agter oop dat daar ek weet nie hoeveel verhoë agter mekaar is nie. Die orkes wat in die gat voor die verhoog oefen, die teater, die operahuis. Ag! Wat ‘n weelde! Wat ‘n fees! Ek was in ekstase.

Ons is vinnig deur die museum aan die bopunt van die tuine en as ek reg onthou, was daar ‘n dinosaurus in die voorportaal! Dit was net mooi middaguur toe ons deur die tuine stap en ek onthou steeds die angstigheid wat ek ervaar het toe al die werksmense hulle middagete daar in die tuin sit en geniet het. Dit was nog in die ou Suid-Afrika, onthou, in die 1970’s!

By ‘n restaurant het ons onsself bederf met die heerlikste soetgoed wat nét die Kaap bied, beslis nie die winkel op Ouplaas nie! 🙂

Ek dink selfs dat ons op ‘n toer deur die Kasteel ook was?  Ons moes defnitief meer as een dag die trein geneem het, want ons het 3 ure in die ry gestaan om met die kabelkar Tafelberg te betree.

Van Tafelberg gepraat, een keer wat ek daar gekuier het, het die hele gesin Tafelberg uitgeklim. Wat ‘n belewenis!

Groetnis

Toortsie

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Afrikaanse Persverklaring: Agriorbit

English Media Release: Agriorbit

6 thoughts on “Toortsie se Toeka Tokkel oor stad/dorp

  1. Ek sou graag daardie verhoog wou sien. Net die naweek gesels ek met ‘n persoon wat net so teater behep is soos ek. Ons gesels toe juis oor die wonder van die verhoog wat so in ‘n oomblik kan verander. Hy vertel toe van die een opvoering waar mense in die voorste ry reënjasse gekry het om aan te trek want hulle het natgeword wanneer die reën uitsak en water stroom van iewers daarbo. Ek wil mos sien hoe al hierdie kontrapsies werk!!!2

    Like

    1. Daardie toer deur die Nico Malan, maar ook ELKE keer wat ek die voorreg het om iets daar te kan gaan kyk, was BESLIS een van die hoogste hoogtepunte in my lewe. Kunstekaap sit ‘n tintel in my bloed!

      Liked by 1 person

  2. Dit moes n belewenis gewees het so op die verhoog met al die dingemalêretjies! So n stadbesoek en dan nog met die trein is n belewenis om nooit te vergeet. Ek het ook in vroeg 70s met trein van Potgietersrus Pretoria toe gery om naweke by die huis te kuier. Selfs van Pottie Naboom toe na my suster. Dankie vir jou lekker herinneringe en getroue ondersteuning.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s