Van waar is jy?

As ‘n mens dít vir die een persoon vra, sien sy dit as opdringerig, nuuskierig, ongeskik. Vra jy dit egter vir iemand anders, begin die persoon skielik blom.

Sy vertel my sy kom van Moskava (het ek dit reg?). Sy gee nie om dat ons nie weet waar dit is nie, dis een van die ou Oosbloklande, deel van die ou USSR. Dis nou ses jaar wat sy in hierdie wonderlike land bly, die klimaat is baie soos daar by hulle. Sy het haar man op ‘n wonderbaarlike manier ontmoet en hom hierheen gevolg, hy was alreeds 15 jaar hier. Sy gee God al die eer daarvoor en ek sou graag dié storie wou hoor.

Sy vertel hoe gelukkig ons is om hier te kon grootword.

Hoe spyt was ek dat ek net 5 minute gehad het en nie minstens ‘n uur nie! Ek hou van vriendelike, gesellige mense. Ek weet sy het sommer baie te vertel!

Toortsie

7 thoughts on “Van waar is jy?

  1. Ek vra ook graag – veral hier in Engeland wanneer ek ‘n mede-Suid-Afrikaner raakloop. En as die persoon van die Vrystaat kom, is dit die kersie op die koek. Ja, ons was bevoorreg om in SA groot te word. Dit besef ek al hoe meer wanneer ek dit hier in die vreemde met ander mense se grootwordjare vergelyk.

    Like

    1. Ek wil sommer net vir jou sê dat ek jou boek baie geniet. Ek lees stadig op die oomblik, maar elke storie is spesiaal en laat ‘n mens ver terugdink aan dit wat was en wat is. Ek het die oorlewingskamp baie geniet.

      Like

  2. Is dit nie ‘n heerlike aanknopingspunt vir ‘n geselsie nie? Dis amper soos die Namakwalanders se “… en van watter Koekemoers is jy nou?” Dan gesels jy ‘n hond uit ‘n bos.

    Like

Gesels saam, asseblief!