City

Daily prompt. https://dailypost.wordpress.com/2016/06/17/city/

Ek skryf op die oomblik heelwat, hoop nie ek gooi julle heeltemal toe nie! Ek het soveel bloginskrywings wat lê en wag vir beter dae, almal vergaar net stof!

City. Stad. As plaaskind was die STAD iets groots. Ons het tot by my ouma-hulle gery en dan een dag deurgery Kaap toe om die nuwe seisoen se klere te gaan koop, netjies uitgedos in ons Sondagklere. Mens kon die plaasmense altyd op ‘n afstand uitken, hele gesinnetjie bymekaar, netjies uitgevat vir die groot stad.

Vir my was dit angswekkend. Hul was aan die bou in die middestad en skielik het daar skote afgegaan (kan dit dinamiet wees?). Dan is ek histeries! Een keer het ‘n sakkeroller ‘n vrou se beursie gegryp net agter ons. “My purse!” Bewerasie! Dan kon my ma die res van die dag niks verder met my uitrig nie.

Een keer het my rok se soom losgetrek. Ek het die hele stad loop en soom vashou! My ma het toe by Woollies vir my ‘n nuwe rok gekoop met ‘n heel soom wat ek die res van die dag gedra het.

Later het ek mak geword, selfs op my eie met die trein van Stellenbosch af gery om te gaan klere koop in die stad.

Ek was vandag weer daar. Regtig, ek hou nie baie van die stad nie. Een keer, regtig af en toe is meer as genoeg. Die gedruis maak my moeg, selfs gedisoriënteerd.

Maar dat daar mooi goed in die winkels is, is nie altemit nie!

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to City

  1. Kameel sê:

    Welcome to city life!!!
    Ek onthou toe ons die jare tussen die mielielande gebly het en ons was by my ma hulle vir ‘n naweek in Randburg. Wanneer ons terugry en die veld begin oop voor jou lê, en jy sien beeste wei hoe verlig en vry ek gevoel het; ek kon weer asemhaal!!!

    Liked by 1 person

  2. Nee wat daar is altyd iets lekkers om hier te lees

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s