Counting of calories is old school

Yes. Counting of calories or any other food is old school. That is what we did on all the other weightloss programmes that we followed.

Met die Lae Koolhidraat, hoë vet dieet tel ons nie kos nie. Dis juis die kostellery wat my elke keer van die wa af laat val het! Die oomblik as ek ophou tel het, het die skaal met my begin hardloop in verkeerde rigting.

By Banting vergeet ons ALLES wat ons voorheen geleer het. Ons mag eet van die groen lys, so veel as wat ons wil. Natuurlik gaan ons nie vrate van onsself maak nie, maar as ons liggaam vir kos vra, mag ons eet van die groen lys. Gereeld is daar een op die Bantingblaaie wat ook wat die groen lys aanbetref, hoeveelhede wil koppel. Van die rooi lys eet ons glad nie. Hoe moeilik kan dit nou wees? Kyk gou watter kosse op die rooi lys kry jy mee te doen? Memoriseer dit vinnig in jou kop, so dan is dit nie moeilik nie. Dis net die oranjelys wat hoeveelhede by het, en as jy die dag van die oranjelys af eet, sal jy wel moet onthou hoeveel jy geëet het.

Iemand skryf op die fb groep dat avo op die groen lys, sowel as die oranje lys verskyn, en of dit ‘n fout is. Ek het ook ‘n ouer “The Real Meal Revolution”, en ja, by my is dit ook so. Ek het dit destyds gesien en gedink dis dalk ‘n fout, of dalk mag ons baie avo’s eet, darem net nie meer as DRIE op ‘n dag nie. Nou vra ek jou, WIE eet DRIE avo’s op ‘n dag? So ek het dit sommer geblaai. Nou lyk dit my dit is dalk in die volgende weergawes van die boek reggestel, want dadelik word die persoon amper uitmekaar geskeur. Dis tóé dat ek intjip en sê, myne sê ook so, maar moenie worrie nie, jy gaan sekerlik tog nie drie avo’s op ‘n dag eet nie. Onmiddellik is die rawe ook by om my te verskeur. Ek neem foto’s van my lyste en plaas dit. Nadat nog ‘n persoon bevestig het dat dit ook so in sy boek staan, vra die raaf nog vir oulaas: Is jy seker jy het die regte boek? Nou ja.

Toe val die volgende een in: Net ‘n halwe avo per dag. Iemand vra, hoekom? Want dit het te veel kalorieë. Sy Bant nou vir 3 weke en het nog nie afgeval nie, so sy tel nou kalorieë.

Hou op kalorieë tel. Hou op koolhidrate tel. As jy eet volgens die lyste, met die oranje lys soos voorgeskryf, het jy NIE nodig om te tel nie. Die geheim van Banting? VET. Lees HIER hoe om jou vetinname te verhoog.

Groetnis

Toortsie

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekpage

Toortsie by Finesse: Ek vra ‘n veer

7 thoughts on “Counting of calories is old school

  1. Ek weet hierdie is julle ding…. maar ek is bly ek hoef nie al hierdie dinge te doen nie dit sal soos ‘n berg voor my lê. Kos is net ‘n moet om aan die lewe te bly. My man sal drie avos ‘n dag lag-lag eet!!!

    Like

      1. Ek verstaan dat party mense versigtig moet eet, hier al om my is almal mos aan die versigtig eet. Marlè vir haar gewig, skoonseun oor sy fietsryery, ons skoondogter mos oor sy ‘n fiksheids instruktrise is (Sy het sopas tweede gekom in die Universe bikini kompetisie in Orlando) Omdat ek nie gek is oor kos nie, is ek net bly ek spring al hierdie dinge vry.

        Like

Gesels saam, asseblief!