Banting is nie ‘n hoë proteïen dieet nie

Dis nogals iets wat baie mense steeds verwar. Banting is ‘n hoë vet dieet, nie ‘n hoë proteïen dieet nie.

‘n Mens neem nie noodwendig meer proteïene in nie, maar wel proteïene met ‘n hoër vetinhoud.

So sou jy byvoorbeeld in die verlede die droë hoenderborsies sonder die vel eet. Nou eet jy eerder die heerlike, sappige hoenderdye, met die vel en stukkie vet aan. Die proteïen het dus nie meer geword nie, net die vet.

Voorheen is verkondig: Eet eerder net die eierwit, los die geel. Gmf! Dít kon ek nooit regkry nie. Nou eet jy die hele eier, ook die geel, wat dalk meer vet bevat.

Waar jy voorheen 2% melk sou gebruik, iets wat in elk geval in my oë laf is, want al die ‘melk’ is uit die melk gehaal, gebruik jy nou net volroommelk, of nóg beter, sommer room. Niks meer proteïen nie, net meer vet!

Dieselfde geld vir laevet joghurt, laevet fetakaas, laevet roomkaas, laevet margarien, wat vervang word deur dubbelroom joghurt, normale fetakaas, volroom roomkaas en natuurlik, Botter! 🙂 Hoe moeilik kan dit nou wees?

Wat ek al baie genoem het, is dat waar jy voorheen die vet van ‘n stukkie vleis afgesny het, of selfs die vet afgegooi het as jy bredie kook, dit nou aan die vleis bly en heerlik geëet word.

Ek het dit nou die aand nie eers besef nie, tot iemand my daarop attent gemaak het. Daar was heerlike skaapribbetjie bedien. Ek het ‘n tweede porsie geneem. Blykbaar het almal aan tafel op ‘n stadium vir my gekyk wat die lieflike vet dele met smaak sit en eet. Hulle weet nie wat hulle mis nie!

Eet daai vet. Dis daar gesit vir ons eie gesondheid.

Groetnis

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad

Bestel Toortsie se Bantingboerekos HIER

12718121_1537873029840317_5777716569469283944_n

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Kosdinge and tagged , , . Bookmark the permalink.

16 Responses to Banting is nie ‘n hoë proteïen dieet nie

  1. Ek is nie ‘n kenner van Banting nie maar ek geniet die stukkie vet op vleis en volroom melk en kaas. Het nog nooit geglo aan die laevet goed nie.

    Liked by 1 person

  2. nowathome sê:

    Ek kom ook nou eers agter wat ek al die jare gemis het!

    Like

  3. Is alle navorsing wat gedoen is oor vet en die verband met verstopte are,nou reeds bewys as vals?Ek wonder net…

    Like

  4. Ek gaan nou die boek op my Kindle laai en dit lees.Ek is ‘n baie skeptiese persoon en was ook skepties oor die laevet stories.Mens moet altyd twee kante van ‘n saak bekyk.
    Ek is juis verstom oor die klug van aardverwarming,wat ons gewone mense op hol het.Die hoeveelheid waninformasie en gepeuter met gegewens,om die “saak” te pas,laat my sidder.Op die end sit geld en mag agter alles en die gewone mens betaal daarvoor,omdat ons alles vir “vet”koek opvreet!

    Like

  5. Ek het nou die voorwoord gelees en die scenario is presies dieslfde as met die klimaatverandering storie…geen teenstanders of skeptici word geduld nie,geld vir navorsing om die teendeel te bewys,word onttrek,die skeptici word geviktimiseer,die wetenskap word uitgemaak as ‘n voldonge feit en daar word geen verdere andersheid geduld nie.Dis interessant dat al hierdie goed in ryk lande soos die VSA en Brittanje hul ontstaan het.

    Like

  6. Pixie sê:

    Dis juis daardie stukkie vet aan ‘n “steak” wat dit so lekker maak. En hoe kan mens dan nou smul aan biltong sonder ‘n repie vet? Botter smaak heerlik en 2% melk sal net nooit so lekker proe soos volroom melk nie. En na paasnaweek sal ek weer ophou om sjokolade hasies en hot cross buns te eet. Sug….

    Like

  7. Terug pieng: Counting of calories is old school | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  8. Terug pieng: Alle gewigsverliesprogramme is nie Banting nie | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

  9. Terug pieng: Is Banting ‘n vleiseetstorie? | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s