Wysheid

Spreuke 9:10: “Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig.”

In 1 Konings 3 het die jong Salomo vir God gaan offer. God het in ‘n droom vir hom gevra wat hy begeer. Sy antwoord was in vers 9: ” Gee my die gehoorsaamheid aan U dat ek u volk reg sal regeer en in alles insig sal hê, want wie kan uit homself hierdie groot volk van U regeer!” Hy vra wysheid en insig en omdat hy dit gevra het, het God vir hom baie meer gegee.

As jong laerskooldogter het hierdie storie ‘n baie groot indruk op my gemaak en altyd het ek besef: God wil hê dat ons eerder wysheid moet vra as geld en gesondheid. Dit het vir my ‘n lewensbegeerte geword om juis wysheid te besit. Ek het mense met lewenswysheid bewonder. “Here, gee my wysheid, asseblief.”

God wil hê ons moet Sy leerlinge wees (Jes 54:13). Hy belowe my in Spreuke 9:10, ‘Wysheid begin by die dien van die Here.”

Is dit ook jou behoefte? Om wysheid te hê? Die antwoord lê in Spreuke 9:10.

Here, sal U asseblief vir my wys hoe ek U moet dien, sodat ek U wysheid sal bekom?

Tot U eer alleen,

Toortsie

Bron: Die Bybel in Praktyk; Dat God wil hê ons moet Sy leerlinge wees, kom uit ‘Boer voor die Troon”, deur Amos Agrimin

Toortsie by Finesse: Saam-saam

Gesels saam, asseblief!