P staan vir paal

P staan vir Pa, ‘n fantastiese pa soos wat ek gehad het. Dis iets wat ek vir elke mens gun, ‘n wonderlike pa.

Pieter. Rots. Sterk mens.

P staan vir plate en plate vol blomme in Namakwaland.

Pontius Pilatus. Die man wat Jesus laat hang het, selfs al het hy sy hande in onskuld gewas. Maar eintlik was hy net deel van God se groot  plan.

Predikante. Medewerkers van God.

Pragtig.

Prewel.

Palmwag, Namibië. Dis waar Sebastiaan die olifant rondbeweeg. As hy iewers tussen jou tent en die badkamer is, knyp jy eerder.

Prioriteite. Ja. Ons almal s’n is nie dieselfde nie.

Perde. As ek aan perde dink, dink ek aan ‘n gedig wat ons op skool in Engels gedoen het. ‘Horses on the Camarge’, dink ek. Dit gaan oor ‘n plek in die wêreld waar die honderde, of duisende perde los loop. Dis nie dieselfde perde as dié in Namibië nie, maar my onderwyser het dit só mooi vertel, dit het my verbeelding behoorlik aangegryp. Ek is natuurlik mal oor ‘n perdefliek en ‘The Horsewhisperer’, maar diereflieks is altyd lekker om te sien.

En dan is daar iets soos ‘n poephol. Say no more.

Toortsie

Toortsie by Finesse: Kleur

Toortsie se Faceboekblad

Toortsie se Bantingboerekos Faceboekblad

6 thoughts on “P staan vir paal

Gesels saam, asseblief!