Die lewe in ‘n puzzle

Die lewe is, volgens ons Ds Corney van der Merwe, soos puzzle pak. Elke dag pak ons aan ons lewenspuzzle en ons doel is om ons puzzle goed te voltooi.

Die preek word gedoen na aanleiding van Prediker 3, dat daar ‘n tyd is vir alles. Elke ding in die lewe het ‘n bepaalde tyd. Elke puzzleblokkie het sy tyd wat hy gepak word. Party blokkies kom sommer in die begin op hul plek, ander lê en wag en wag, tot hul tyd kom.

Die belangrikste tyd is nou. Nou is die beste tyd waarin jou lewe nog ooit was. Nou is die tyd om nou se blokkies te pak. Ons moenie nou staan en staar na stukke puzzle wat al lankal klaar gepak is nie, ook nie blokkies soek wat eers later gepak moet word nie. Ons moet die blokkies pak wat NOU gepak moet word. Dit help nie ons sit vir dae en tob oor of ek my kinders reg grootgemaak het nie, daardie puzzle is laaaankal klaar gepak. Ek moet ook nie nou sit en worrie of my kleinkinders eendag werk sal kry in SA nie, dis anderdag se puzzle. Daar is lewe wat nóú geleef moet word en ons werk is om ons puzzle te pak en te voltooi.

Die belangrikste is dat elke goeie gawe van God af kom. Hý seën ons met ons lewe, ons huis, ons kinders, ons werk, ons gesondheid. Die belangrikste is dat ons dit sal geniet. Dat ons ons werk sal geniet, die lewe sal geniet, die beste sal maak van wat oor ons pad kom. Ons moet dit geniet om ons puzzle te pak! Tot eer van God.

Groete

Toortsie

Ek het hierdie al sowat 3 maande gelede geskryf, maar nou is Scrapydo se opdrag van die week legkaarte. Ek sien sy skryf ook van die legkaart van die lewe en dit het my aan hierdie bloginskrywing laat dink.

Toortsie by Finesse: Net drie dinge en jou lewensuitkyk verander

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bangingboerekos faceboekpage

 

7 thoughts on “Die lewe in ‘n puzzle

  1. Dit is ‘n pragtige vergelyking. Laat my dink aan my haarkapster se filosofie…. elke dag is ‘n laaitjie wat sy ooptrek, en sy deel met die lief en leed van vandag.

    Like

Gesels saam, asseblief!