Musiek in die Bybel (5)

Ek kan nie ‘n reeks oor musiek in die Bybel maak en nie aan Openbaring tyd afstaan nie. Ek is net MAL oor Openbaring en die beelde wat in elke stukkie geskets word. Dis amper soos wetenskapsfiksie.

In Openbaring word ‘n reeks visioene beskryf wat die apostel, Johannes, gehad het toe hy in ballingskap op die eiland Patmos was. Alhoewel die boek die nie goeie nuus voorspel vir die ongelowiges nie, weerklink die Goeie Nuus vir hulle wat glo, die eer wat aan God gebring word, die oorwinning van die Lam, keer op keer in hierdie boek. Sjoe! Wat ‘n boek! ‘n Boek van blydskap vir hulle wat in Hom glo!

Openbaring 5 word gewy aan die Lam wat waardig genoeg is om die Boek van die Lewe oop te maak en sy seëls te breek. Almal sak op hulle knieë in aanbidding. Toe begin die leiers van die kerk en die vier wesens ‘n lied sing tot eer van die Lam. Die volgende oomblik was daar ‘n massakoor van derduisende engele wat rondom die groepie leiers en die vier lewende wesens gestaan het en hard gesing het, en net daarna het die héle skepping begin saamsing, selfs alles in die SEE het begin saamsing! WOW! (Ek het hoendervleis gekry toe die hele Grootte Kerk vol mense sing, saam met die kore en die orrel in volle klank en die simfonie orkes én die doedelsakorkes. Hoe fantasties sou hierdie klink!) (Openbaring 5: 8-14)

Vanaf Openbaring 8 kry 6 engele kans om elkeen op ‘n trompet te blaas. Elke trompet se geblaas het iets VERSKRIKLIKS laat gebeur: Hael, vuur, bloed, ‘n ster wat val, die son en maan se lig word verminder, ‘n arend wat verdoemenis uitskreeu. In Openbaring 11:15 blaas die sewende trompet. Daar word aangekondig dat Ons Here, ons Messias nou oor die wêreld regeer! Daar is neergeval en God is aanbid.

Intussen gebeur daar nóg verskriklike dinge, tot ons by Openbaring 14 kom, waar Jesus op die heilige berg staan. ‘n Stem het uit die hemel gepraat, dit het geklink soos donderweer, maar ook soos pragtige musiek. Weereens sing hierdie mense wat om God staan’n lied tot eer van God, ‘n lied wat niemand nog gehoor het nie.

In Openbaring 15 word die mense beskryf wat die stryd end-uit volgehou het teen die dier. Hulle het musiekinstrumente in hulle hande gehad en Moses se lied gesing.

Vanaf hoofstuk 16 volg die beskrywing van nóg oordele, en dan kom hoofstuk 19. Daar’s vreugde in die hemel, want God verlos. Lofliedere tot eer van God klink op. Groot vreugde in die hemel vir almal wat Hom aanbid. Halleluja! Wonderlik! Aan God die eer!

 

Word vervolg.

Toortsie

Bron: Die Boodskap

Liewe leser, waar staan jy? Maak betyds seker. Moenie hierdie wonderlike kans misloop nie.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Musiek in die Bybel and tagged , , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Musiek in die Bybel (5)

  1. Kameel sê:

    What eye has not seen, what ear has not heard, and what the human mind has not conceived, these are the things God prepared for those who love Him. Ons kannie met ons kleine verstandjies besef wat vir ons wag, en hoe dit gaan klink nie. Soos jy sê ons kry hoendervleis om net in die teenwoordigheid te wees waar God met musiekinstrumente en sang aanbid word…. hoeveel te meer die aanbidding in die hemel.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s