Moet ek my kind wegstuur?

Iemand skryf op faceboek hoe lekker dit vir haar is met almal weer onder een dak. Tipies aan hulself, doen die een kind haar eie ding, die ander twee kinders terg mekaar, normaal soos sy dit ken. Sy vra haarself af hóé goed ‘n skool moet wees voor jy hierdie samesyn kan opgee.

Dis ‘n moeilike vraag waarmee soveel plattelanders worstel. Moet my kinders by die plaaslike skool bly, of moet ek haar na die groter, beter skole stuur? Wat is die regte ding om te doen? Moeilike vrae. Moeilike keuses, keuses wat net jy, jou kind, jou gesin op die ou end moet maak. Ander mense kan raad gee, maar net julle kan die besluit maak.

Vir die een kind is dit dalk beter om ‘oor die berg’ te gaan en al die geleenthede wat hom aangebied word, te gryp. Vir die ander kind is dit weer beter om eerder die warmte van die huis te ervaar. Die een kind floreer daar in die groot skool waar sy op haar eie bene moet staan, die ander een verdwyn totaal. Wat moet ‘n mens kies?

Ek sal nooit ‘n ouer kwalik neem of kritiseer wat voel dis vir sy kind beter om ‘weggestuur’ te word nie. Tog is ek innig dankbaar dat al drie my kinders in die plaaslike skole kon matrikuleer. As ek oor kon kies, sou ek dit nét so gedoen het. My kinders was geensins slegter af as hul eweknieë wat oor die berg gestuur was nie. Hulle kon hul uitleef in dit waarin hulle goed was en hulle kon hulleself ontwikkel. Toe hul op die ou end tussen al die ander studente op universiteit beland het, was hulle wortels stewig geanker en hoef hulle nie ‘n millimeter terug te staan vir die kinders van die groot skole nie. Inteendeel, hulle het hul merk ook op universiteit gemaak.

Met my musikale dogter het ons destyds groot druk van buite ervaar dat sy na ‘n spesifieke skool moes gaan waar sy soveel beter geleenthede sou hê. Ek weet vandag dat dit die verkeerdste keuse ooit sou wees en dat sy juis bereik het wat sy wel bereik het omdat sy nader aan die huis was. Sy was dalk nie deel van ‘n groot orkes op skoolvlak nie, maar sy was uitstekend toegerus en kon met dieselfde selfvertroue by die konservatorium instap as haar eweknieë uit die groot skole.

Elke ouer moet maar self besluit wat goed is vir jou kind. Soms is jou kind regtig goed in een of ander rigting en moet sy dan na ‘n groter of ander skool gaan omdat die platteland dit nie vir haar bied nie, maar andersins moet ‘n mens mooi dink of dit wat jy bykry werklik soveel meer is as dit wat jy opgee.

Net jy kan besluit. Sterkte in jou besluit. Dis nié maklik nie. Glad nie.

Groete
Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Ouerskap en ouerleiding and tagged . Bookmark the permalink.

16 Responses to Moet ek my kind wegstuur?

  1. Mens wil tog maar die beste vir die kinders hê. Net as ouer,kan daar besluit word of kind gaan vorder en of hy/sy liewer uit huis uit moet skoolgaan al dan nie.

    Like

  2. Dit hang af van die motiewe. Ek dink dat elke kind sy potensiaal sal ontwikkel ten spyte van die omstandighede… dis mos nie in ons hande nie

    Like

  3. Jy ken mos ou kinders en hulle omstandighede. Solank ‘n kind net weet hy het lefde en aanvaardng floreer hulle.

    Like

  4. Oe, ek is so bly dat ons tot op hierdie punt nie nodig gehad het om so n moeilike besluit te maak nie. Mens weer natuurlik nie of die toekoms so n besluit op mens gaan afdwing nie.

    Like

  5. Ons was gelukkig dat ons nooit nodig gehad het om so ‘n besluit te neem nie. Ek haal my hoed af vir ouers in die platteland, dis nie maklike keuses nie en indien die kinders dan wel weggaan skool en koshuis toe is dit baie swaar veral as hulle nog jonk is. Hier by ons het baie plattelandse ouers nie veel keuse nie omdat daar nie hoërskole in al die kleiner dorpe is nie.

    Like

  6. ekmyselff sê:

    Dit is nie n maklike een nie – ek was self van “Sub A” in die koshuis tot st 2 en to weer my hele Hoerskool loopbaan, ek het dit soms ghaat, maar my ouers het nie n ander keuse gehad nie.
    In Mei het ek my 20jr reunie, so week terug het ons n whatss app groep geopen, ek le soos ek lag want almal vertel van al die ou koshuis en skool stories met groot smaak. Die byname, dit is eintlik so lekker, wens ek het dit meer geniet en was minder “voorbeeldig” lol

    Like

  7. Pixie sê:

    Ek weet nie of ek ooit my kinders sal kan wegstuur nie – dit moet ‘n bitter moeilike besluit wees.

    Like

  8. Ek het gelukkig nie daai probleem gehad nie, maar iets soortgelyks. Ek het drie kinders met totaal verskillende persoonlikhede. Destyds toe ons avontuur in die buiteland kom soek het (en toe nie geweet het dat dit nou al na 14 jaar sou uitrek nie) het my kinders dit verskillend beleef. Die oudste en jongste het maklik aangepas en ingeskakel, maar my “moeilike” dierbare middelkind het swaargetrek. Hy het na die familie in SA verlang, sy vriende gemis en alles wat hy in SA agtergelaat het was vir hom beter as enige iets in Europa. Hy het begin kwyn. En ek het nie geweet wat om te doen nie, want om die gesin op te breek, was nie vir my ‘n moontlikheid nie. Ons het hom maar so goed moontlik ondersteun, baie liefde gegee, die geringste teken van enige belangstelling aangemoedig en met genade het ons die storm gery. Vandag is ons gesin ‘n baie hegte eenheid.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s