Toortsie se Toeka Tokkel oor Soen

In opdrag van Scrapydo.

Ek is nie ‘n soener nie, tog is ek. Hoe nou? Nie,  maar tog?

Ek groet graag mense met ‘n piksoen en ‘n drukkie. Maarrrrr …

‘n Vreeslike lang, nat, uitgebreide soen soos wat ons op die TV sien … ? … Ek was nooit goed daarmee nie. My neus is in elk geval permanent toe, hoe de dinges kry jy asem?

Scrapydo sê ons moet oor ons eerste soen skryf. Neee!

Ek was ‘n baie laat ontwikkelaar en het nie kêrels op skool gehad nie. My man was my eerste kêrel en ons het laat in ons eerste jaar op universiteit ontmoet. Toe hy die nuwe eerstejaars in sy seksie in sy koshuis ontmoet aan die begin van die volgende jaar, is daar toe ‘n jongman wat van dieselfde dorp af kom as ek. My kêrel (manlief) vra hom toe of hy vir my ken, waarop hy natuurlik ‘ja’ antwoord. Manlief sê vir hom hy is my kêrel. Geskok vra die jongman: “Wat? Meneer? Hoe de dinges het meneer daardie wilde bok mak gekry?”

Nou ja, daar het julle dit.

Iewers voor dit was daar ‘n outjie op een of ander kamp wat ek bygewoon het. Die soenery was ‘n fiasko.

Nou ja, daar het julle dit!

(bloos)

Dis selfs moeilik om hieroor te skryf! Scrapydo, jy haal ‘n mens uit jou gemaksone. Ek GRIL vir ‘n nat soen. Ek het al die kuns bemeester om my mond ongemerk af te vee.

Groetnis

Toortsie

Toortsie se faceboekblad.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Toortsie se Toeka Tokkel stories. Bookmark the permalink.

18 Responses to Toortsie se Toeka Tokkel oor Soen

  1. Kameel sê:

    Moet nie vir Scrapy blameer nie, ek het haar gevra of ons hieroor kan skryf 😆 Tot Scrapy het maar so liggies oor die soenery geskryf. Daar is dinge wat ons almal vir die eerste keer moet deurmaak, en ek wou graag hoor hoe het ander daardeur gegaan. Weet nou Toorts het haarself mooi skaflik gedra!!! Ek lag nou kliphart oor Scrapy se vuurwarm soen op ‘n blind date. 😆

    Like

  2. Hehe,dis maar gevoelige privaatgoed hierdie!

    Like

  3. Ek is ook eerder ‘n drukkie mens

    Like

  4. Ek is bly Kameel het darem vir my op gekom! Ek het getwyfel of ek dit moes gebruik. Toe vra sy of herinner sy my weer aan die onderwerp en kon ek nie soetjies dit laat verby gaan nie. Jy het darem n kêrel gehad! Ek het nooit eers een gehad nie omdat ek nog 4 jaar uit huis uit skoolgehou het. Daarna het ek toe die eerste wilde ondervinding opgedoel wat my lank afgekoel het! Ha ha.

    Like

  5. Mense is bang om oor soen en seks te skryf omdat dit jou tot op die nerf bloot le. Daardie oomblik wanneer voorgee en omgee nie meer n opsie is nie. Om te soen, selfs net groet, kan soveel vertel.

    Like

  6. nogals..’n wilde bok mak gemaak! Miskien is jy een van daardie misterieuse ‘Liz Taylors’.

    Like

  7. Terug pieng: Toeka-Tokkel 4: Eerste orrel – regstelling – I scrap 2

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s