‘n Kleurvolle teepot

Capture

Scrapydo het ons verlede jaar die heel jaar besig gehou met haar Toeka Tokkel stories. Elke week het sy ‘n nuwe idee uitgedink en dan moes ons skryf en skryf en skryf. Vanjaar doen sy dit weer!

Sy het haar eie Toeka Tokkel stories van 2015 in ‘n Eboek saamgevat, wat te koop is by Smashwords  vir $1.99. Selfs met die swak rand, is $1.99 steeds maar min geld, ongeveer R33! Dis ‘n hele jaar se onderwerpe, 40 van hulle, dink ek, ‘n groot verskeidenheid. Party stukkies is korter, ander langer.

Hoekom sal ‘n mens die eboek koop as dit in elk geval beskikbaar is op haar blog? Wel, ek verkies ‘n e-boek bo 40 afsonderike bloginskrywings wat ek een vir een moet soek  en oopmaak. Dis lekker dat dit alles bymekaar is.

By Smashwords mag jy kies of jy dit in EPUB, of Kindle of wat ook al wil aflaai. Ek het aanvanklik gesukkel om dit af te laai na my tablet, die skakel het nie gewerk nie. Ek wonder of daar ook nie ‘n fout is met my Takealot-Eleser op die tablet nie, hy gooi my deesdae baie uit ander boeke ook! Op die ou end het ek op my rekenaar die boek afgelaai en dit geknip en geplak op my tablet. Dit werk nou heeltemal goed.

Nou ja, het jy lus om ons blogmaatjie te ondersteun in haar poging? Of het jy sommer net lus vir ‘n kleurvolle koppie tee? Kliek HIER. Vinnig en maklik.

Groete

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Boeke en flieks. Bookmark the permalink.

13 Responses to ‘n Kleurvolle teepot

  1. Ag maar dit is nou “sweet” van jou om my boek so bekend te stel. Ek waardeer dit baie. Het al gewonder hoeveel rande dit sou wees. Die aflaai het moontlik met die voorblad ook te doen. Ek moet die voorblad verander dat dit aan hul voorskrifte voldoen. Dis nou weer n tammaletjie wat ek besig is om uit te sorteer. Hul kan boek nie aanstuur na die verskillende uitgewers of formate nie omdat die blad nie pas nie! So leer mens maar op die harde manier

    Like

  2. Dankie vir die inligting,Toortsie.Ek gaan ook die boek aflaai.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s