Kultuur en ander dinge

Het julle al van die Stellenbosch City Orchestra gehoor? Dis die jong sussie van die Bloemfonteinse Stadsorkes, beide onder leiding van Paul van Zuilenberg.

Hulle tree so drie keer per jaar op en is regtig ‘n fees om te hoor. Hul het die afgelope naweek opgetree in die kelder van die Lourensford wynplaas. Hierdie keer was die tema “Music from the silver screen”, pragtige musiek wat sag op die oor val. Dis ‘n volledige simfonie-orkes. Kyk uit vir hulle volgende jaar,  dis regtig die moeite werd.

image

Ek het dit nie geweet nie, maar die Groote Kerk in Kaapstad is vanjaar 350 jaar oud en so beland ek toe, sonder dat ek besef wát ek bywoon, by die feesvieringe vandag. Daar is baie gepraat ook, maar veral ook MUSIEK gemaak. Op ‘n stadium het al die kore, die gehoor, die orrel én die orkes sáám uit volle bors gespeel, gesing, gefluit, geblaas. Ek is trots op die NG Kerk wat al so ‘n lang geskiedenis in SA het, ‘n geskiedenis waarin hul ook foute gemaak het, maar veral ook ‘n geskiedenis van uitreik en omgee oor baie grense heen.

image

image

En dan het ek die voorreg gehad om met Über te doen te kry. Indrukwekkend! Ons het die versoek dat ons iewers heen getaxi wil word, met die App op die foon gestuur en 2 minute later het die kar voor ons deur gestaan met ‘n baie vriendelike bestuurder. Hy het ons reguit geneem tot waar ons wou wees en daar was geen ruiling van kontant nie, die nodige inligting was reeds ingevoer op die App. Mooi man!
Nou het ek nog nie eers vertel van die lekker kos by die Kompanjiestuin nie!
Ai!
Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Verskeidenheid Onderwerpe. Bookmark the permalink.

9 Responses to Kultuur en ander dinge

  1. Sjoe – ek bewonder mense met musiek talent. En dan die met sulke voëltjie stemme kan ek ure na luister en bekyk. Über se moves klink interessant.

    Like

    • Toortsie sê:

      Regtig interessant. Jy laai die App af, voer jou besonderhede in. As jy ‘n voertuig nodig het, sien jy op die App waar beskikbare motors ry, hoe naby hul van jou af is. Jy voer in waarheen jy wil gaan en whala. Hul stuur vir jou foto van bestuurder van kar, asook beskrywing en reg nr van kar. Ook wat dit naastenby gaan kos. Rekening gaan direk van jou kredietkaart. Dis in Kaapstad, maar ek het al gehoor dat dit in Johannesburg ook is. Blykbaar internasionaal.
      Voertuie behoort aan privaatpersone.

      Like

  2. Ek is mal oor sulke musiek..wens ek kon dit beleef.My kinders gebruik ook Über.Hulle is baie in hul skik met die diens!

    Liked by 1 person

  3. Kameel sê:

    Alles so in jou kraal Toorts. Jy kan voorwaar terugkyk op ‘n geseënde naweek. 🙂

    Liked by 1 person

  4. ekmyselff sê:

    Hierdie tipe musiek is glad nie vir my nie, ek verstaan nie dat ek van dit gehou het nie – dalk as ek ouers is?

    Like

  5. Ek dink dit moes n belewenis gewees het om so in die kerk te kon deelneem aan die verrigtinge. Sulke ou geboue het darem maar karakter en dan nog met die regte musiek en woorde daarby ook. Jy is bevoorreg om dit te kon bywoon.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s