Nog meer kennis…

Ek het begin skryf oor hoe belangrik dit is dat ons eerstens ons eie geloof ken, weet waarin en wat ons glo, maar ook dat ons Islam sal leer ken omdat hulle stil-stil besig is om orals hulle wortels diep in te grawe, sonder dat ons dit besef. Meer as ooit glo ek aan die krag van gebed en vra ek dat, sou jy verby ‘n Moslempersoon stap of ry, of selfs al sou jy net aan een dink, jy daar in jou hart, in jou gedagtes vir die persoon sal bid, dat hy/sy die Waarheid sal leer ken. Stil, sonder dat hy/sy dit eers weet.

Ek skryf verder oor  boeke oor Islam wat ek waardevol vind, wat ek graag wil aanbeveel.

Wil jy nog meer weet oor hoe die Moslemvroue in Saudi Arabië regtig leef? Lees die Princess reeks.  Die storie oor ‘n Saudi Arabiese prinses wat die waarheid vertel van hoe dit werklik gaan…  In die eerste boek (Princess) sien ons hoe die prinses as dogter geleef het en haar gelukkige huwelik. In die tweede boek (Daughters of Arabia) vererger dinge egter en word ook minder noembare dinge genoem.  (Daar is ‘n storie dat hierdie boeke dalk vervals is, maar of die boeke vervals is of nie, dis gegrond op ‘n ware verhaal. Lees hier. )

Engage 001

 

Twee regtig oulike boeke wat deur die Barnabasfund uitgegee is, is Unveiled en Engage. Die doel van die boeke is dat bybelstudiegroepe dit saam sal deurwerk, maar op jou eie is dit net so goed. Unveiled is die eerste en Engage die tweede boek. Die webblad van die Barnabasfund is ook ‘n baie goeie bron van inligting.

‘n Boek waaroor ek net nie genoeg kan praat nie, is “Standing Strong through the Storm,” ‘n MOET lees vir elke Christen. Hierin word die realiteit van vervolging bespreek, ons mag NOOIT dink ons vry lande is daarvan gevrywaar nie! Dit leer ons ook om sterk te staan vir wat ons glo in enige tyd van swaarkry. Die basis van die Christengeloof word hierin in diepte bespreek. In die proses leer ons ook hoe die vyande van Christenskap dink.

Broer  Andrew, bekende stigter van Geopende Deure, werp in sy boek, Light Force, lig op die oorlog in die Midde-Ooste. As daar regtig ‘n betroubare persoon is wie se boeke jy maar kan lees, is dit Broer Andrew.  Vir omtrent 60 jaar al doen hy die onmoontlike en gaan soek Christene op in die mees vervolgde lande. Eers was dit Rusland, maar nou ook al die Midde-Oosterse lande. Hy wéét waarvan hy praat. Hy kén vervolging, hy weet hoe die “ander” dink en doen.

Oor “I deared to call Him Father” hoef ek nie veel te sê nie, dis só ‘n bekende boek van ‘n baie prominente Moslemvrou in Suid Asië wat God op ‘n wonderlike manier ontmoet het. Het jy dit nog nie gelees nie? Dan is dit dalk nóú die beste tyd ooit. 🙂

Onthou, bemagtig jouself! Dis die BESTE ding om te doen, sodat ons nie onverhoeds gevang word nie.

Steeds die heel beste boek om te lees, is Die Bybel.

Groete

Toorts

Onthou om te loer by Pinterest vir my boeke wat ek bespreek! 

7 thoughts on “Nog meer kennis…

    1. Ons was een kersdag in Aussieland in die kerk. Dit was ons familie en 6 ander mense wat die kerk bygewoon het. J dis so jammer! Blykbaar was die groot diens die vorige aand.

      Like

      1. Hier wil hul baie meer na die Karolieke kant toe gaan. Hul beweer egter dat dit nie meer so streng is soos vroeër nie.Hier is ook baie Moslems(volop eintlik)

        Like

  1. My vriendin wat vir 10 jaar in Engeland gebly het sê hulle het dit net so moeilik gevind om gelowiges te vind. Moes vêr ry om by ‘n kerk uit te kom…… dan was die mense wat hulle ken verstom dat hulle soveel moeite doen om kerk toe te gaan. Waar is God se kinders????

    Like

Gesels saam, asseblief!