Die cowgirl en die kruis

Amerika… spel… cowboys… en… cowgirls! So, toe ek verlede jaar vinnig in Amerika gaan draai het, het ‘n paar cowboyboots in my kop vasgesteek. Ek kan darem nie Amerika verlaat sonder cowboyboots nie.

Die toerleier ken haar groep, sy is immers haar hele lewe lank toerleier, en neem ons na ‘n cowboywinkel. WOW. Die MOOISTE, maar MOOISTE bootse… in die mooiste maar mooiste kleure! En Hoede en belde en en en…

20140820_152037 20140820_154806 20140820_155706 Maar helaas. 😦  Ek, Toortsie, is ‘n Suid-Afrikaanse boeremeisie, nie ‘n Cow-girl nie. Nie EEN van daardie bootse kan aan my voete kom nie! 😦  Ek koop toe vir my ‘n lekker blink belt en ‘n toppie (hempie). Blink. Met ‘n kruis op en vlerke. In ‘n snit waaroor ek mal is. Ja jaa jaaa, mens koop sulke goed op die plekke waar jy kom, en dan lyk dit vreemd as jy by die huis kom. Dit ís immers vreemd! Maar ek is mal daaroor… behalwe dat dit ‘n kruis ophet, so een met ‘n sirkel in die middel, en vlerke… en dít pla my al hoe meer. Watse boodskap is ek besig om uit te stuur?

cowgirl

Ek google sommer die hippie kruis ook, net om seker te maak…

  

Myne lyk nie so nie!

Maar hoor hier wat sê Google van die Kruis met die vlerke? Dit verskil van draer tot draer, maar dit impliseer geloofsvryheid. Christene wat dit dra, dra dit omdat hulle dalk deur diep water is, selfs die dood in die oog gestaar het. “A cross with wings tattoo is the choice of people with very strong personalities that fight for their beliefs and have the power to stand against those who contradict them.” …

So, met die paar swart cowboy bootse wat ek toe iewers in ‘n koöperasie (seker vir mans voete) raakgeloop het, en my blink top en stywe jeans… kort ek net ‘n hoed en ‘n perd!

Boere Cowgirl Toorts

16 thoughts on “Die cowgirl en die kruis

  1. Die kruis het eintlik dan ‘n mooi betekenis. Daai skoene dink ek sal mens nooit opgedra kry nie, dis mos nog RERIGE bootse daai! Vriende van my het verlede jaar ‘n motor gehuur en die Route 66 gedoen om hul toende huweliksjaar te vier. Die foto’s daarvan het fantasties gelyk.

    Like

    1. John Deere het so ‘n fantastiese paar cowboyboots. Die probleem is dat jy dit moet bestel en nie kan terugstuur as dit nie pas nie. Ek wonder of NAMPO nie dit vanjaar gaan verkoop nie, so AS jy dalk naby Nampo is vanjaar… 🙂

      Like

  2. bootse of perde? Ek het alrtyd as kind gedink ‘n plaas moet ‘n perd he. Dit was die toppunt van my drome – om te kon perdry. My arme nefie op die plaas by Brandfort moes dit ontgeld, want hy moes my heel naweek rondlei en rondry as ons 1-2 keer per jaar daar gekom het.

    Like

  3. Heee haaaa hier kom die afrikaanse “cow girl” net nog die hoed! Daardie leerwerk en -goed is darem maar mooi jong. Mens het eintlik n hele tas nodig vir sulke stukke. Ongelukkig is dit te warm in SA om sulke leer te dra(dis wat ek gevind het. In Potties was dit veral te warm!)

    Like

    1. My boots is nogals nie so warm nie, ek kan dit in die winter dra. Sal dit beslis nie in die somer dra nie! 🙂
      Dis die probleem met klere wat jy oorsee of in Afrika koop. Dis WONDERLIK daar, maar pas nie altyd in by die huis nie.

      Like

Gesels saam, asseblief!