Weerligstraal

Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog,

BLOGLAND

16 April 2015

Liewe vriend/vriendin

Ek het die opdrag gekry om oor ‘n sekere woord te skryf. Die opdrag is: “Neem die naaste boek en blaai na bl 29. Wat is die eerste woord wat uit die bladsy na jou spring? ” Net daar neem ek my e-leser en maak Ballade vir ‘n Enkeling oop. “Weerligstraal“. Dis die woord. Nou sien ek dat dit eintlik op bladsy 28 was, maar ek is seker dat jy nie sal omgee nie.

Ek is al ietwat gemakliker met donderweer as wat ek as kind was. Let wel, IETWAT. Dit beteken dat ek nie meer, soos in my kinderdae, die blindings en gordyne toetrek, die telefoon van die mikkie afhaal  en in angs en bewing sit as dit donderweer nie. Tog sal ek steeds my rekenaar ontkoppel omdat ek bang is dit word dalk beskadig deur ‘n weerligstraal wat nie kyk waar hy hom neersit nie.

Ek verkies om nie buite te wees as dit blits nie. Toe ek skoolgehou het in Bedford en die weer kom aan, het hulle vir my gesê as ek die donderslag gehoor het, ek nog lewe, dan wonder ek: “Sal ek die volgende een hoor?”  Nou die dag toe ons deur Tradouw’spas ry en die storm is net mooi daar, het ek ook nie eintlik gedink dis snaaks nie. Kan ‘n mens dit regtig glo dat jy veilig is in ‘n voertuig as dit donderweer?

As ekself soms alleen ry in donderweer, laat sak ek die sonskerms van die kar. Ja, ek weet dit sal vir my geen beskerming bied nie, maar ek SIEN dit darem nie dan en skrik dan nie elke keer nie.  My dogter het baie lekker vir my gelag die aand by Unisa toe ek agter ‘n flipfile geskuil het, maar weer eens, dit was meer dat ek dit nie moet sien nie.

Vir my is weerlig ‘n konnektasie met vuur. Weerlig steek berge aan die brand, en vuur is natuurlik een van die groot vrese in my lewe omdat die kamer waar ek geslaap het, aan die brand geraak het toe ek nog klein was.

Nee, weerlig, of donderweer is nie my maat nie. Foto’s van die pragtigste weerligstrale is mooi, maar slegs op ‘n foto. Ek kan steeds nie verstaan hoekom die reën met ‘n lawaai moet kom nie! As kind het my pa altyd gesê, dis ver, daar by Touwsrivier, dit, terwyl die huis behoorlik tril van die weer! Ver… gmf.

Jy moet darem onthou, ek is ‘n Kapenaar!

Groete,

Toorts

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

17 Responses to Weerligstraal

  1. Weerlig is nie mens se maat nie! Maar diep binne my … geniet ek goeie donderweer met bliksemstrale en donder … maar nie te veel nie! Partykeer is dit so erg hier dat ek al die spieëls in die huis wil toegooi, maar dan klink dit na werk 🙂 Ek het lekker gelees.

    Like

  2. skryfgoed sê:

    Hallo…..ek het jou versoek vanoggend gesien en sommer gou vir jou iets geskryf….kyk op my blog….skryfgoeters….hoop jy hou daarvan…..groete en soet wees

    Like

  3. Sparkle sê:

    Nou die dag kuier ons by Tankwa Padstal in die Tankwa Karoo en in die verte hoor ons die donderweer keel skoonmaak. Ek het laat spaander na my motorfiets toe en het gesorg dat ek pad vat!
    Onweer is okey as mens beskut in jou huis is, nie buite nie! 🙂

    Like

  4. Mens IS veilig teen die weerlig in ‘n motor – want my Pa het so gesê toe ek ‘n klein, bang kindjie was.

    Liked by 1 person

  5. Hierdie Transvaler floreer op donderweer. My kat gelukkig ook. Daar is net so iets energieks daaraan. Intens. Passievol. Nou hou ek op voordat ek begin dig. 😉

    Like

  6. Kameel sê:

    Nee Toorts…. ons Transvalers raak donderweer nie gewoond nie. Dit bly iets ontsagliks, en nie ons speelmaatjie nie. Ons het net geleer om in respekte langs hom te lewe.

    Like

  7. Snags as donderweer so blits en rommel het my pa ons wakker gemaak en ons moes aan die eetkamertafel sit en wag tot die ergste verby is. Dis soos Kameel sê dis ontsaglik , mens besef hoe klein mens is as die weer so speel en dreun. Hier in NZ is daar ook net so n knippie donderweer so eenmaal amper in n skrikkeljaar. Ouens praat dan lank oor die vreeslike weer!(Ek dink aardbewings is erger as donderweer! )

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s