Eendag, lank lank gelede het ek ‘n ander blog gehad, in my eie naam. Een nag het my hare skielik gerys, en ek het binne sekondes my hele blog uitgevee. Blogmaats het tot my redding gekom en vir my my verlore bloginskrywings gestuur. Hierdie storie was een van hulle (geredigeer):
Sans Souci se huis het ‘n kaggel op die stoep gehad en daar het ons baie dae omgekuier. Die pad het so ongeveer 100 m voor ons huis verbygegaan.
Een Sondag sit ons en gaste op die stoep en braai toe daar ‘n donkiekar met 2 donkies en natuurlik ‘n hele klomp passasiers pad-af gaan. Hulle gaan kuier by ons heel naaste bure, waar dit toe al die hele oggend jolig gaan. Mense lag en raas, kinders hardloop rond. Die toonhoogte van gesels is hoog… Musiek se volume op die hoogste nommer gedraai. 🙂
So ‘n hele ruk later kom die donkiekar weer verby, terug op sy pad, met GEEN persoon wat die leisels vashou nie! Die donkiekar is leeg. Die donkies het besluit – genoeg is genoeg! Hulle gaan nou terug huis toe.
‘n Hele rukkie later besef die eienaars die donkies is weg, kar en al. En dis TOE wat die sports begin!!! … Dis mense wat skree…. mense wat hardloop in ‘n poging om die donkies in te haal, want as sulke donkies besluit hulle loop nou, laat waai hulle, hoor!!!!…. een spring op ‘n fiets en trap vir ‘n vale…
Hulle het die donkies ingehaal en rustig teruggery na die partytjieplek, met HEELWAT MEER passasiers as die eerste keer.
Die kuier was toe eers oor!!!…
…………………………………………………………………………………………………………………………
Met hierdie skrywe probeer ek twee vlieë met een klap raakslaan. Die eerste is Scrapydo met haar opdrag: Stoepstories. Gaan loer gerus by haar en skryf sommer jou stoepstorie.
Die tweede opdrag was ‘n moeilike een en ek hoop ek het dit raak geantwoord: Writing 101, Day Eight: Death to Adverbs. Die idee is om gebeure in ‘n openbare plek te beskryf sonder bywoorde, net met werkwoorde.
Groete
Toorts
Ek sit interessante bloginskrywings wat ek raakloop, op ons faceboekblad.
Lekker stoepstorie, baie dankie daarvoor. Ek dink jou vertelling is in die kol vir death to adverbs. Om dit in engels te skryf was vir my makliker verlede jaar. Die afrikaans moet mens goed kophou!
LikeLike
Of ek heeltemal die death to adverbs reggekry het, weet ek nie, maar ek het probeer! Dankie. 🙂
LikeLike
Dis hoekom ek se Afrikaans is bietjie moeiliker om sonder te beskryf
LikeLiked by 1 person
Ek sien al daardie donkiekar.. 😆
LikeLike
Jy moet die byklanke hoor ook! 🙂 Djy! Oeeee! Keeeeerrrrrrr! Kyk waar gat die donkies!! 🙂 Ons het gelê soos ons lag, ons doen nog steeds.
LikeLiked by 1 person
He He He
Nou weet julle hoekom ek mal is oor donkies. Nogal huis toe te stap toe hulle klaar gekuier het.
LikeLike
Ek hou daarvan dat jou voertuig besluit genoeg is genoeg 😆
LikeLike
Shame, die arme donkies het die hele tyd opgesaal gestaan. G’n wonder nie!
LikeLike
Lekker donkiekar storie! (Moet sê as jy jou hele blog moet uitwis omrede van iets? Klink scary …)
LikeLike
Man, dalk was ek oorversigtig. 🙂 Dalk sommer net laf.
LikeLike
Hehe, snaakse storie. Maar die DBV Inspekteur in my is vies vir die mense wat nie die donkies afsaal terwyl hulle moet wag nie 😦 Wens hulle het die kar iewers langs die pad kon los en gaan wei.
LikeLike
Hulle kon die donkies sommer net daar laat wei het. Dis PLAAS!
LikeLiked by 1 person