Openbaring

Die Bybelboek, Openbaring, fassineer my nog my lewe lank. Op Universiteit het ek al daarmee te doen gekry toe ons ‘n bybelstudieboekie oor Openbaring gedoen het. Wat ek nou eers besef, is dat as ons ‘n bybelstudie oor Openbaring doen, dit gewoonlik net die briewe aan die 7 gemeentes behandel. Die res van Openbaring word nooit hanteer nie. Die SciFi deel. Die vreemde deel. Die interessante deel.

Dit lees soos ‘n storie. Mens het nodig om dit baie baie keer te lees voor dit begin sin maak, en selfs na ekstra baie kere is dit maar nog vreemd en sal ek nie vir jou kan verduidelik wat presies aangaan nie. Wat ek wel weet, is dat dit al hoe makliker lees, amper lekkerder lees hoe meer kere jy dit lees.

Wat ekself al raakgelees het, en ek glo dit is die storie van Openbaring, is dat God in beheer is. Selfs in hierdie chaos is Hy in beheer. Vir ons wat in Hom glo is dit ‘n boek van hoop, ‘n hoop op die Ruiter op die Wit perd wat ons red.

In my lewe het ek al verskillende boeke oor Openbaring in die hande gehad. Die een is só teologies, ek kan geen kop of stert daaruit maak nie. Die volgende een is weer op ‘n ander vreemde manier geskryf.

Waar Openbaring vir my regtig oopgemaak is, is deur Jerry B Jenkins en Tim la Haye se “Hulle wat agterbly” reeks. Dis 100% fiksie, maar die skrywers het dit reggekry om Openbaring te laat lewe. Alles wat in Openbaring “gebeur”, het hulle laat gebeur in ‘n periode van sewe jaar. My uitsluitsel aan die einde van die reeks, eintlik ná elke boek was dat, of ek nou glo aan die Wegraping of nie, dis nie van belang nie. Wat van belang is, is dat ek moet REG wees vir wanneer Jesus kom, want kom gaan Hy beslis.    Die reeks het ongeveer 11 boeke, en dit móét in volgorde gelees word. Doen jouself ‘n guns en kry dit! Indien jy dit nog nie gelees het nie, is dit heerlike boeke om die vakansie te lees. Intussen het ek die volgorde van die boeke in die hande gekry, ek sit dit onderaan die stuk.

   

Tans is ek besig met “Openbaring Ontsluit” deur Riekert Botha.  Wat ‘n boek! In doodgewone, verstaanbare taal beskryf Botha Openbaring vers vir vers. Ongelooflik! Met hierdie boek tot beskikking kan niemand meer sê hulle lees nie Openbaring nie omdat dit te moeilik is. Soos die titel sê, ontsluit hy Openbaring.

Lekker lees!

Toortsie

Die “Hulle wat agterbly” reeks se volgorde:

1. Hulle wat agterbly

2. Die mag teen verdrukking

3. Nicolae

4. Die laaste oes

5. Appoleon

6. Die sluipmoordenaars

7. Die inwoning

8. Die merk

9. Die ontheiliging

10. Die oorblyfsel

11. armageddon

12. Die heerlike verskyning van Jesus

(Dis tot waar ek gelees het)

13 Die opkoms

14. Die Regime

15 Die Wegraping

16 Die finale oorwinning

 

7 thoughts on “Openbaring

  1. Interessante boeke. Nie dat ek baie fiksie lees nie, maar klink dit of daar genoeg feite in is omtrent die boek Openbaring. Wat ek wel omtrent die boek Openbaring geleer het, is dat jy eers jou simbole onder knie moet kry, anders bly dit onverstaanbaar. Ek het handige simbool-boek aangeskaf, want dit help ook sommer met die uitleg van geestesdrome.

    Ja, ek het ook geleer: om nie te kommer oor wanneer die wegraping is, en of daar wel so iets is nie. Selfs kerke pas sieninge jaarliks aan en moet mens maar die ‘progressiewe ontvouing’ van God eerder dophou. Om ‘gereed te wees’, bly die belangrikste, jy is reg Toortsie.

    Vertel maar as daar iets interessant in die boek wat jy lees, voorkom.

    Like

  2. Ek neig moes om in alles diepkant eerste in te duik. So was dit na my bekering ook. Het Openbaring eerste bestudeer. Deur die jare het ek al soveel studieboeke oor Openbaring deurgewerk. My gunsteling deel in die hele bybel is van Jesus op die wit perd.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!