Van negatief na positief

Ekself het nog nie die beurtkrag so erg gevoel nie. Dalk is ek net te simpel om dit agter te kom. Ek kry wel soms ‘n sms van die munisipaliteit af, maar ons krag is nooit af wanneer hulle sê dit gaan af wees nie.

Hierdie naweek het ek beurtkrag gevoel toe ons by die see was. Genadiglik lees ek die SMS 20 minute voor die krag sou afgaan, want ek het ‘n huis vol gaste gehad en ons het nog nie ontbyt gehad nie! 😯  Gou-gou het ons aan die werk gespring, die ketel gekook, eiers en bacon gebak, en toe die krag afgaan, het almal heerlik geëet (hoop so!) en koffie en tee geniet.  Dit lyk my dit help nogals as jy die skedule het. Gelukkig het vriende dit op faceboek gesit, so ek kon dit dophou. 🙂

Die res van die naweek het ek baie negatiewe dinge wat mense sê oor ons land, op verskillende plekke gelees. Moet ons bly, of moet ons gly? Val die land se wiele nou heeltemal af? Gaan ons als verloor? Moet ons al ons geld die land uitvat? Moet ons ‘n plan B hê? Selfs plan C, D, E…?  Mens word sommer moedeloos net om dit te lees.

Op skool het ek soveel keer die storie gehoor van ‘n oorlog wat gewen word sonder dat ‘n skoot geskiet word, net omdat dié wie dink hulle gaan verloor, sommer in hulle koppe al klaar verloor het en oorgee.

Natuurlik moet ons innoverend dink. Dalk ís dit nie so ‘n sleg idee om van jou geld in die buiteland te belê nie. Mens sit mos nie al jou eiers in een mandjie nie. Dalk ís die spreekwoord, “Work in the sun, bank in the shade”, waar.

Vanoggend het ek die volgende op faceboek geskryf:  “Dit is so dat dat dinge nie orals reg loop in ons land nie. Dit is so dat dit voel of die wiele regtig aan die verloor is.   Nou het ons ‘n keuse: Gaan ons moan en groan en kla, die land sleg maak, swart smeer, waarvan die meeste van die goed dalk die waarheid is?    Of gaan ons probeer positief dink?
Wat kan ons doen om die huidige situasie beter te maak? Hoe kan ons, ek, ‘n positiewe invloed op die land uitoefen? Wat kan ek vandag doen om iemand anders se lewe, en ook my eie lewe, beter te maak?   Deur my eie lewe en ook die lewe van iemand anders beter te maak, maak ek SA ‘n beter plek.
Kom ons kry maniere om die probleme te omseil.
Ons moet ALMAL daaraan werk, en as daar van ons groot kokkedore is wat nie hulle deel doen nie, is dit mos HULLE probleem. Solank EK MY DEEL DOEN.”

Kom ons raak probleemoplossers…  En as jy die angel uit beurtkrag wil haal, gaan lees wat skryf Maankind.

Die stryd is nog lank nie oor nie. Ons KAN dit maak.

Ons vir jou, Suid-Afrika.

Let’s do it!

Toorts

Ns. Loer gerus in by ons fb blad. Dit sal vir ons lekker wees.

11 thoughts on “Van negatief na positief

  1. Ek het lekker daar by maankind gelees. Net voor ek weg is in 2009 was die beurtkrag aan die orde v d dag in die Bosveld. 5-9 saans. Heerlik buite gesit tot dit donker is. Dan rustig met n kers verder die aand. Mens leer om dinge te doen namate dit gebeur. Buitelandse belegging is tog aan te bevele. Dit kry meer rente as in SA. al is die Rand so min werd. R7 vir $1 NZ$ is beslis nie n grap nie. Positiewe denke is beslis belangrik in vandag se tye! Het vir Tina gese eerder Afrika as Sjina- dis nou n ander storie

    Like

  2. Soos ek ook op Facebook sê: My ouma was in ‘n konsentrasiekamp in die ABO. My ma was ‘n kind tydens WWII en het grootgeword met die kosskaarstes van die nagevolge daarvan. Wat maak ons geslag so spesiaal dat ons nie kan of wil glo dat shit inderdaad happens nie?

    Liked by 1 person

  3. Ons het so sag en gemaklik geraak,dat enige iets wat gebeur,ons angswekkend na ons asems laat snak.Honderd jaar gelede was daar skaars motors of elektrisieteit beskikbaar en daardie mense het reggekom.Mens moet aanpas by jou omstandighede en ophou kerm en kla.Lekker positiewe blog hier by jou.

    Like

  4. Ons krag het sopas afgegaan, soos dit al die laaste paar weke elke dag tussen twee en vier afgaan. Die man wat die hek moes kom regmaak het nognie die fout gevind nie….. en sal eers oor twee ure weer kan terugkom. Niks wat ons daaraan kan doen nie; dus moet ek ‘n skadukol vind, en sit en lees…. dit is as my kindle ooit genoeg batterykrag het. O ja, eers by Maankind gaan lees; hoop die battery van laptop hou tot dan.

    Like

  5. Wat die krag betref, ja, ons is bederf. Noudat ek naweke na my houthuisie toe gaan in die berge waar daar geen TV en krag is nie, ontdek ek skielik hoe pragtig die voëls buite is. Tegnologie, TV ens hou mens soms gevange. En is die kerse en parafienlampe nie net lekker in die bosse rondom die vuur nie! Oe-hoe, dan hoor jy eers hoe die uiltjies reg rondom jou hoot-hoot in die stilte.

    Ons kan soms baie negatief gesels oor ons land, Toortsie is reg. Daar is nog steeds baie om voor dankbaar te wees. Eintlik kla ons terwyl ons die witbrood onder die arms dra …

    Like

  6. Ja-nee, daar is gans te veel kermkouse oral. Ek kla ook lekker saam wanneer ek ‘n kans kry, maar elke keer wat dit gebeur, voel ek hoe my siel ondertoe getrek word – nie die moeite werd nie. Erger nog is die ouens wat reeds land-uit is en behoorlik net sit en wag vir ‘n ramp wat hulle op FB kan plaas. Wonder soms wat hulle regtig daarmee probeer doen – hulleself probeer oortuig van die ‘regte’ besluit, of wat?

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s