Die grootste fout wat mens kan maak…

… is om ‘n ander se hond of kind te dissiplineer. Kyk, DAN is jy nou in GROOT moeilikheid. Want dis MY kind en ek sal hom dissiplineer as EK wil… wat natuurlik reg is. Dit ís jou kind en ja, jý is veranwoordelik vir hom/haar, maar dít moet jy weet: As jyself nie vir jou kind gaan maniere leer nie, gaan iemand anders dit doen op ‘n manier waarvan jy nie hou nie.

Dieselfde geld vir jou diere. As jyself nie jou diere gaan leer en beheer nie, gaan iemand anders op ‘n manier optree waarvan jy nie hou nie, en dan is ek nie so seker wié die regte een en wié die verkeerde een is nie.

Laat ek myself net duidelik stel: Ek is BAIE lief vir kinders. Ekstra lief. En ek wil beslis nie hê kinders moet mishandel word nie, maar ‘n ongedissiplineerde kind…

Netso met diere. Ek wil nie hê diere moet mishandel word nie, maar ‘n dier het sy plek.

Op ons plaas mag ons werkers ‘n hond per huis aanhou, wat nie mag rondloop nie. en laat hulle my net in die nag wakker blaf! 😦 As ek een maal gepraat het, is dit nog reg, maar die tweede en derde keer…

Ek sal nie in ‘n dorp aard waar die bure se hond blaf blaf blaf blaf blaf blaf blaf BLAF BLAF BLAF BLAF BLAF BLAF BLAF BLAF BLAF BLAF BLAF BLAF BLAF BLAF !!!!!! nie. Ek kan nie verstaan dat die eienaars nie self wakker word daarvan en die hond stilmaak nie. Laat ek maar eerder nie sê wat ek van sulke eienaars dink nie, dan word dalk gesê ek OORDEEL. Dat die woordjie “oordeel” heeltemal misbruik word deesdae, is natuurlik ‘n opstel van sy eie werd.

Op Struisbaai was ons bure baie kwaad vir ons, soveel so dat hulle hulle huis verkoop het, of so dink ons.  Hulle honde het heeltemal oorgeneem op ONS erf. Hulle het ons hond se kos kom opvreet, en my bestorm op MY erf. Die toppunt was toe daar twee jongmense verbydraf en hulle hulle wil aanval. My man het met die sweep net een harde slag op die sement gegee. Nee, hy het hulle nie geslaan nie. En NOG ‘n slag…

Die bure was kwaad.

Maar soos ek in die begin gesê het: As jyself nie jou honde en kinders na wense kan beheer en leer nie, GAAN IEMAND ANDERS DIT DOEN, en gewoonlik gaan dit op ‘n manier wees waarvan jy nie hou nie.

So, ouers en diere-eienaars… AANVAAR jou verantwoordelikheid… dan is almal gelukkig.

Toorts

15 thoughts on “Die grootste fout wat mens kan maak…

  1. Ooo, Kan boekdele skryf oor ongedissiplineerde ouers en diere-eienaars! Juis die naweek n honde rondloop en skut storie gehad en arme “my hond” is die vark in die verhaal terwyl hy altyd by my is die skuldige baas se hond wat rondloop is nie die oorsaak!!!!!

    Liked by 1 person

  2. Ek stem 100% saam jou!

    En wat my nog meer irriteer is as jy by mense gaan kuier en hulle hond wat so groot soos ‘n bees is, spring op mens. Ek hou ook van honde, maar beheer jou honde darem sodat dit nie ‘n probleem vir ander mense is nie.

    Ons vriende weet ook, as ek na jou kind moet kyk SAL ek ook met hom raas indien dit nodig is. As jy nie daarvan hou nie, soek iemand anders om jou kind op te pas. Kinders wat onbeheersd rondhardloop en gil e skree en goed omstamp in huise en restaurante maak my ook effens histeries. Ek voel net as ek my kind van 12 met ADD kan beheer, kan jy joune ook beheer. Ek klink seker soos ‘n bitterbek tannie, maar wat genoeg is is genoeg.

    So gepraat van restaurante – toe ek klein was is jy geleer om STIL te sit en met ‘n mes en ‘n vurk jou kos te eet, en jy sit tot almal klaar is, of tot jy verskoon word. Maar kyk hoe lyk dit in ‘n SPur deesdae? Ek wil dood as ek net daaraan dink.

    En nou het ek amper ‘n hele boek hier om babbel by jou, jammer. Maar ek raak sommer krapperig oor sulke goed.

    Liked by 1 person

  3. Ja, en eintlik is dit so onnodig. Honde is slim genoeg om dissipline aan te leer. Dis eienaars se skuld as honde handuitruk. Miskien moet mens hul verwys na die ‘dog-whisperer’ op TV , as hul hoor wat hy vra vir konsultasie skrik hul dalk groot genoeg om self iets omtrent hul honne te doen.

    Liked by 1 person

    1. Iemand sê eenkeer sy is dan so lief vir haar kind, sy kan hom nie teëgaan nie.
      Omdat ek my kind en my hond liefhet, leer ek hulle maniere sodat hul nie in ‘n ongemaklike situasie kom omdat hul nie beter weet nie.

      Liked by 1 person

        1. Jy moet jou blogadres kopieer. Dis daar bo in die adreslyn as jy in jou blog is. Jy kleur dit in, regskliek daarop en druk copy.
          Dan, as jy kommentaar lewer op ‘n blog, vra hulle jou URL. Dan regskliek jy daarop en paste jou adres. Dan, as jy kommentaar lewer, kan mens net op jou naam kliek dan kom jy jy jou blog uit. Hoop jy verstaan wat ek bedoel.

          Like

  4. Het klaar vertel van ons buurman se keffertjies wat ons almal in ‘n flat spin gehad het met hulle urelange geblaf. Ek verstaan nie hoe hy (buurman) kon hoor hoe almal om hom op daardie goed blaas wat veronderstel is om honde stil te maak …. en nogsteeds niks aan sy honde doen nie.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!