Ek het al meermale geskryf hoe ek my stappery geniet, en wat dit vir my beteken. Dr Francois Retief het die baie meer nagevorsde voordele van oefening beskryf. Wat ek baie interessant gevind het, is dat balans bevorder, natuurlik dat dit spierkrag verbeter en die risiko van osteoporose verminder. Natuurlik help oefening ook vir gewigsbeheer, en dis iets wat ek lankal toepas om my liggaam te help om die insulien op te neem.
Vandag skryf ek egter nie oor stap nie, maar oor my rug-oefeninge. Jy is óf ‘n mens met ‘n rug of een sonder ‘n rug. 😉 Ons lang mense het rûe… ons weet van vroeg af van ons rug. Ek was nog op hoërskool, toe het my rug al gereeld met my gesels… Plaas dat ek toé al die eenvoudige oefeninge wat hulle vir my voorgeskryf het, gedoen het!! Maar dis mos die probleem met baie van daardie oefeninge: Dis té eenvoudig! Ek weet van mense wat bril dra omdat hulle nie vroegtydig die oogoefeninge wat vir hulle voorgeskryf is, gedoen het nie, ook omdat dit te simpel oefeninge is. Wié doen nou sulke oefeninge?
Ná ‘n rugoperasie het ek maar verplig geword om die oefeninge te doen, want selfs ná so ‘n operasie het ‘n ou met ‘n rug steeds ‘n rug. 😦 Eenvoudige oefeninge wat slegs ‘n halfuur neem om te doen. Eenvoudige oefeninge wat WONDERE verrig. Eenvoudige oefeninge, wat as jy regtig styf is en die een anti-inflimmatoriese middel na die ander wil neem, jou met ‘n wip in jou stap laat opstaan as jy klaar is…
Aanvanklik het ek elke dag die oefeninge gedoen, maar soos my rug versterk het, het dit minder geraak. Maar elke keer as ek klaar is, vra ek myself dieselfde vraag: “Nou HOEKOM wag ek so lank voor ek dit doen?” Hierdie oefeninge maak dat ek GEEN pynpille of anti-inflimmatoriese medikasie hoef te neem nie.
Een groot verandering vandat ek die oefeninge doen, is dat ek amper nie meer val nie, en dit was voorheen ‘n algemene gebeurtenis. Ek glo dat die oefeninge my postuur verbeter, al die ondersteunende spiere versterk, my balans verbeter. Dit alles, selfs met twee aartappels in my bed!! 😉
Dag 34 van lekkerte – dat daar natuurlike maniere is om baie kwale te genees, as ons net bereid is om dit te doen! 🙂
Toorts
Vertel Saterdag vir Ken se tannie dat my lengte gemaak het dat ek van jongs af ‘n stoel soek om op te sit, my rug kan ‘n gestanery nie hanteer nie. Hoekom is dit so moeilik om heel eenvoudige goed te doen wat ‘n mens se gesondheid kan aanhelp? Ek dreig gedurig om met my gewiggies te oefen sodat ek my spiere bietjie kan bou…. maar ai 😦 Miskien moet jy daardie rugoefeninge vir ons plaas.
LikeLike
Jong, Kameel, ek is bang om dit sommer net uit te deel. Dis oefening wat ‘n fisioterapeut voorskryf vir spesifieke probleme. Dalk moet jy jou fisio gaan sien? Dis regtig eenvoudige strekke.
LikeLike
Ek het my rugoerasie in staats hospitaal laat doen kan fisio bekostig nie die fisio by die staat sien ek vir 15min elke 6weke so met ander woorde dit kos te duur om so ver te ry… om fiso te gaan sien help my adb want ek is onkunfig weet nie wat se oefeninge om te doen vir die spadmad pyn wat ek steeds kry nie.. het ook slegs net aspirien en tramadols gekry vir pyn.. ek het darm iewers gehoor vir eerste twee weke mag ek nie sit nie… HELP
LikeLike
Dis belangrik dat die fisio wat jy sien, vir jou moet help. Ek is ‘n leek en kan dalk verkeerde goed uitdeel vir jou spesifieke probleem. Jou dokter moet vir jou aandui wat jy mag dien. Ek is seker dat jy jou ekstra goed moet oppas en nie oefeninge dien tot voor jy vir jou 6 wele ondersiek was nie.
LikeLike
ek wil ook weet watter oefeninge? As dit net rek en strek is is dit mos goed vir almal?
LikeLike
Soos Sally sê dis baie moeilik om te doen wat goed en reg is. Ek geniet dit natuurlik baie
om te stap. Het deesdae ‘n probleem om iemand te kry om saam te gaan stap. Ek is ook ‘n mens met ‘n rug. Ek vind dat die 20 minute van Kathy Smith se Core Flex Yoga net die ding is om my rugspiere weer in lyn te kry. Dis ook glad nie moeilik nie. Mens hoor “yoga” en sien al hoe jou liggaam in ‘n koek vassit.
LikeLike
Gaan jy na ‘n joga klas? Of het jy ‘n dvd? Pilates, hoor ek, is ook wonderlik vir ‘n rug.
LikeLike
Ek het ‘n dvd. Op ons ou dorpie, is daar aerobiese oefeninge. Maar op ‘n vakansie dag en gedurende skool vakansies word daar nie geoefen nie.
LikeLike
Well good for you as jy met daai dvd oefen. Ek hetbook jare gelede een gekoop. Ek weet nie of ek ooit geoefen het nie…
LikeLike
Ek kan ook getuig van oefening om jou rug soepel te hou. Ook by fisio gekry. Ek is self ook deur die pyn van n rugoperasie en daar is tye wat mens net n bietjie meer moet insit om net weer los te kom. Ek stap ook baie wat ook baie goed is. Vind natuurlik dat skoene ook baie belangrik vir n rug se pyne is. Ek is nie regtig oormatig langer nie maar n rugbesering wat nie behandel is nie is die oorsaak van ellende op my oudag!
LikeLike
Ek dink ‘n groot sondaar met my rug, deesdae, is die vooroor sit by my rekenaar…
LikeLike
Ja, dis een van die oorsake! Ek is self nie baie lief vir die rekenaar sittery nie. As ek dit kan vermy doen ek dit maar dan as ek gaan sit oordryf ek weer!
LikeLike
Mens kry nogals rekenaarstoele vir rugmense. Dalk is dit die antwoord.
LikeLike
Ek het een, mens moet nogal gewoond raak aan hulle!
LikeLike
Sal jy dit aanbeveel?
LikeLike
Ja en nee, dit hang van jouself af. Dit help beslis om jou rug reguit te hou en jou drukking word meer op jou kniee geplaas as op jou rug. As mens dit so kan stel
LikeLike
Vandat ek gereeld oefen en swem het ek nog nooit weer pyn in my lae rug gehad nie, en ek het daardi epyn soms ERG gehad.
LikeLike
Swem! Dis die EEN oefening wat my ortopeed ERG aanbeveel het. Eintlik sommer net stap in die water…
Ek hou nie van swem nie.
LikeLike
Ek het my rugoerasie in staats hospitaal laat doen kan fisio bekostig nie die fisio by die staat sien ek vir 15min elke 6weke so met ander woorde dit kos te duur om so ver te ry… om fiso te gaan sien help my adb want ek is onkunfig weet nie wat se oefeninge om te doen vir die spadmad pyn wat ek steeds kry nie.. het ook slegs net aspirien en tramadols gekry vir pyn.. ek het darm iewers gehoor vir eerste twee weke mag ek nie sit nie… HELP
LikeLike