Swart? Oranje? Rooi?

Ek was nog nooit een vir die feesdae nie. As kind het ons nie deelgeneem nie. Dalk was dit net dat ons 40 km met ‘n slegte grondpad van die dorp af gewoon het en ontsien het om dit by te woon?

Om ‘n dag ‘n sekere kleur te dra om my simpatie te betoon met die menigtes, het ek ook nog nooit gedoen nie.  Want ek woon alleen, wie gaan dit in elk geval sien?

Nou is dit vandag Swart Vrydag, so het die epos gelui. Sal dit help as ek swart dra? Watter impak kan dit regtig maak? Dis net ek en ek alleen hier op my mishoop? In elk geval, ek verkies om op die positiewe te konsentreer en die lewe te vier!

Vandag het ek besluit om deel te neem. Ek het my gunsteling swart rok aan. Want dis nie net “hulle” wat verkrag word nie. Genadiglik is ek dit nog tot nou toe gespaar, maar watter versekering het ek dat ek of my dogter of skoondogter nie ook dit kan oorkom nie? Al wat ek kan doen is om te bid daarvoor, maar wat meer? ‘n Vriendin is op ‘n Woensdagmiddag half een in ‘n groot winkelsentrum verkrag, ‘n plek waar ‘n mens tog dink jy is veilig? ‘n Ander een is deur haar eie pa in haar eie huis verkrag toe sy klein was. Nog een deur ‘n oupa, ook in haar eie huis. Ek kan nie in apatie net my skouers optrek en met my lewe aangaan nie.

Hoe maak ek, alleen op die plaas, my verskilletjie? Deur dit op facebook te skryf, nie omdat ek ‘n klappie op die skouer soek nie, maar om my vriende ook bewus te maak daarvan. Vanoggend 7 vm het ek tussen ons werkers gestaan en vir 15 mans gesê: “Ek het vandag ‘n swart rok aan omdat ek gekant is teen mans wat vroue slaan en verkrag. Baie mense dra vandag swart oor hierdie rede. Geen man wat sy vrou slaan en verkrag, is ‘n ware man nie en ek hoop dat niemand wat by ons werk dit ooit doen nie. As daar so iemand is, vra ek dat hy daarmee sal stop.” As net EEN van hulle dit onthou, was dit die moeite werd. Ek vertrou dat hulle dalk vandag daaroor gaan praat met mekaar, en dalk die boodskap vir ‘n volgende een oordra. Ons het ‘n massiewe opvoedingstaak op ons hande. Ons kan dit nie ignoreer terwyl daar elke hoeveelste sekonde ‘n vrou in SA verkrag word nie. Terwyl ek hier tik is daar seker 5 of 6 vroue verkrag.

Ek vra jou: Of jy swart dra of nie, sal jy dalk vandag net vir iemand daarvan bewus maak? Dalk net ‘n klein stukkie opvoedingswerk doen? Of dalk net vir iemand wat apaties staan, ook betrokke kry? Ons MAG nie hierdie probleem verder ignoreer nie.

genadigliknieverkragnietoorts

Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se Faceboekblad.

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekblad.

19 thoughts on “Swart? Oranje? Rooi?

  1. haai onwetend het ek meegedeel, ek het ook swart aan

    weet jy toorts ek sê ook altyd so, dis nie wie jy is nie, dit is wat jy is wat saak maak, ek ken mense arm en ryk, mooi en lelik of moet ek sê minder aanvallig???? (mooi kom tog mos in werklikheid van binne), en dit is gewoonlik by die minder ryk en minder mooi wat ek myself skaar, want as jy mooi kyk is dit hulle wat iets beteken, hulle wat dit nie eens kan bekostig nie, wat hand uitsteek, wat uitdeel en wat meedeel. ek veralgemeen nie maar die rykes wat goed doen is maar bitter min gesaai………
    sal jy by my ook gaan loer, vra kameel om ook te gaan, want julle is vir my belangrik en al ken ons mekaar nie van adam nie, leer ek hier tussen julle woorde tog ietsie van julle siel ken en die woorde wat julle bring neem ek in en stoor dit in my databasis, vir kos en krag vir more…………..

    Like

        1. Om jou adreslyn te verander:
          Sodra jy begin kommentaar lewer, verskyn onderaan die blokkie by my: Toortsie: You are commenting using your WordPress.com account. Ek glo by jou staan ‘n ander username.
          Het jy ‘n verskillende username vir elke blog? Dan sal jy moet kliek op “Log out”. Kameel, jy moet ook kyk!! Gebruik jy dieselfde username, kies dan Change.
          Daar vra hulle jou naam, jou URL (wat jy, as jy in jou blog is, die regte een, moet kopieer. Jy kleur die hele adreslyn in, regskliek, copy. Dan paste jy dit daar by URL.
          en natuurlik jou eposadres.
          As jy ‘n ander username het, moet jy log out, en weer inlog met die regte eposadres en alles….
          Dan verander jy dit. Sterkte. Ek hoop ek het reg gehelp.

          Like

  2. Toortsie, jy slaan die spyker op die kop.
    Een persoon. Dis al wat nodig is. Een persoon vir elkeen van “ons” wat dit wil verander sal ‘n ongelooflike impak he.

    Mooi pos. Dankie.

    Like

  3. Twee van my vroulike kollegas is vandag in swart – die een weet nie hoekom nie en die ander wel.

    Maar dit maak eintlik saak vir die ander wat weet hoekom en nie vrae vra nie ….

    Like

  4. Toortsie ek dink dis ‘n fantastiese ding wat jy gedoen het. Verkragtign het eintlik baie min met seks te doen – dit is GEWELDSmisdryf. En ek dink dis een van die vreeslikste dinge wat met ‘n mens kan gebeur.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s