Geel kapsules en nog meer

Jay was nog op laerskool toe sy op ‘n dag suf geleer by my kom staan.  “Mamma, my kop is so vol, as ek hom skeefdraai gaan die lettertjies by my ore uitval.”   Net so voel ek vandag.  Wens ek kan my kop leegmaak, die lettertjies mooi netjies orden, en dan terug liasseer sodat my gedagtes kan ophou resies jaag teen mekaar.

2Waar sou ek begin?  By die derde kursus antibiotika vir blaasinfeksie.  Hulle is duur het die dokter gesê, en baie sterk, en jy moet hulle vir ‘n maand drink.  Gewapen met die geel kapsules is ek plaas toe om vir Ken te gaan kuier.  Dat die pille nie oornag gaan werk nie is gou duidelik.  Wanneer Ken die kar se neus tussen die twee hoë draadheinings instuur – met net ‘n lynregte hobbelrige grondpad tussenin – begin ek benoud rondkyk.  Nie na die wild aan die anderkant van die draad nie, maar my oë soek stilhouplek langs ‘n boompie- wat daar nie aan ons kant van die draad is nie.

Ken bel die uroloog in Pretoria, maar sy kan my eers die 11de Januarie sien.  Met ‘nrunning tap lopende kraan kuier ek voort.  Kort voor lank of ek slaan oral waar ek “Peaceful Sleep” aansmeer, rooi kolle uit.  In my gesig, oor my nek, my arms en bene.  Dit brand, jeuk en swel op.  Onooglike rooi vlekke ontsier my lyf, maar ek kuier lustig voort totdat Ken die prop uit die bad trek en sê ons gaan huistoe, sodat ek by ‘n dokter kan uitkom.

My dokter is op vakansie.  Die vrouedokter wat my ‘n paar maande gelede vir bosluiskoors behandel het, soek naarstigtelik tussen al die rooi vlekke na klein skin rashrooi kolletjies.  Dit sal die teken wees van dit wat sy vermoed.  Die kolletjies is nie dié dag daar nie, maar die volgende dag sou daar wel ‘n lyfvol van hulle wees.  ‘n Inspuiting later, en met kortisoonsalf, en ‘n weeklange kursus “iets” gaan ek huistoe.

Onder die medikasie word die rooi vlekke minder, maar my lyf prik en brand soos vuur van die rooi kolletjies.  Daar is nie salf aan ‘n hele lyf te smeer nie, dus gooi ek my elke oggend na ‘n lou bad vol babapoeier, en herhaal dit deur die dag.  Spoedig maak die kolletjies rooi vlekke, maar dit lyk en voel nie dieselfde as die voriges nie.

Net voor kersfees besluit Meniers hoog ontstoke dat dit tyd is om aan hom aandag te gee.  Ek slinger deur kersfees en die nuwe jaar, en is dankbaar toe my dokter terugkeer na sy spreekkamers toe.  Toe eers kom ek agter dat my laaste tyd se brilskoonmaak te danke is aan ‘n oog wat net vaagweg kan sien.

“Stop die geel kapsules,” sê die dokter, “hulle kan veluitslag veroorsaak.”   Saam met die5 raad skryf hy kortisoonpille, en nog ‘n kursus “iets” voor.   Die Oog Instituut word vanaf die spreekkamer gebel, en ons piekel onmiddelik middestad toe.  ‘n Vinnig groeiende katterak blyk die sondebok te wees, en kan teen die 15de verwyder word, en ‘n lens ingeplant word.  Ek kyk die spesialis sprakeloos aan.  Dit voel kompleet asof ek op ‘n paar weghollende wiele sit, en die stuur verloor het.

Nogtans is daar groot dankbaarheid in my hart.  Al het ek die vakansieseisoen onooglik, lekkend, brandend, jeukend, slingerend en stiksiende deurgegaan, het ek en Ken die tyd saam terdeë geniet.  Ons het uitgeët, en op die dek gekuier.  Musiek geluister, en gesels.  Ek het lanklaas so baie gelag- veral as ons vingerbord speel, en ek nie my vernuf verloor het om ‘n “wat klap so ou Piet,” skoot te skiet nie.

Dankie Here vir U groot genade.

9 thoughts on “Geel kapsules en nog meer

  1. En dankie, Heer vir ‘n Kameel wat moedig bly, ten spyte van soveel aanslae, wat nog steeds iewers ‘n stukkie humor insien en vir ons kom vertel. Sal aan jou dink die 15e. Dis om die draai.

    Like

    1. Dankie Toorts. Eers verby Vrydag se afspraak by die uroloog kom 😦 Daardie droom van jou op die “stroper,” en die groot klip het my aan die wonder.

      Like

    1. Ek het so ‘n vermoede gehad rondom die manlike spesie besembos 😉 Toemaar, wanneer julle gesond, en sterk is, voel ons veilig met ‘n manspersoon aan ons sy – veral wanneer ongediertes soos muise en spinnekoppe ons heiligdom betreë 😆

      Like

Gesels saam, asseblief!