Droë lusern

Ek het al vir julle foto’s gewys van hoe nat lusern gebaal word wat vir kuilvoer gebruik word. . Droë lusern het ‘n ander proses.

Vanaf September tot April word lusern droog gebaal. Die implement wat gebruik word, is ‘n snyer-kneuser.  Nadat dit gesny is, en dit reën genoeg, kan dit oor ongeveer 4 weke weer gesny word. Indien dit droog is, laat staan ons dit vir saad. Die blom maak ‘n krulletjie, waarin die saad is. Voor die saad droog is, word dit gesny met dieselfde snyer-kneuser, en gestroop met ‘n stroper.

Om die bale te maak, word dit gesny. Dan moet dit vir 2 dae lê. Dit word dan gehark en na 2 dae gebaal. Dit word gewoonlik in die nag gebaal nadat dit gedou het, om blaarverlies te beperk.

Hoe raak dit vir my en jou? Ons gaan tog nie ‘n hand vol lusern eet nie?

Lusern is een van die heel beste soorte veevoer wat beskikbaar is. Dis maar net deel van die voedselketting. Goeie gehalte lusern beteken goeie gehalte voer wat deur die dier geëet word, wat aanleiding gee tot goeie gehalte vleis en melk, wat ons inneem…..

Hierdie foto’s is geneem op ‘n plaas naby Ladismith.

Landbou voed u. 🙂

Toorts

 

26 thoughts on “Droë lusern

  1. Heel duidelik kan nie elke Jan Rap en sy Maat gaan boer nie. Dit klink so kompleks soos toe ek in die wetenskapklas gesit het. Dankie vir die inligting 😉

    Like

  2. TOORTS!!!! DIT is nou ‘n inskrywing wat Ding wil bewaar. Bloublommetjies – dis wat Ding lusern noem. Man, jy het darem nou so mooi vertel en gewys – dankie daarvoor. Daai kneuser maak die droogword-proses darem net baie vinniger. By ons sny ons somertyd maar net (ons kneus nie) – dit word warm genoeg in die dag. En ja, dan is nagtyd baaltyd, nes jy vertel. Te lekker om klaar gebaal te wees wanneer die son opkom. Wys dan tog weer ‘n slag vir ons ‘n naby-foto van die ronde-baal-balers, as jy een het, asb? Ding is net bekend met die kleiner modelle wat die outydse reghoekige bale vorm.
    Kostelikste vir Ding al die jare was om te dink hoe verward die Liewe Vader moet raak in een gemeenskap wanneer A klaar gesny het en die lusern moet droogword vir baal en A bid hartstogtelik dat dit tog nie vandag moet reen nie en B se lusern is van die land af en het water nodig en B bid hartstogtelik dat dit tog vandag sal reen dat die lusern mooi kan groei!
    4 ander vrae: wat is die gemiddelde gewig van een van daai reuse rond bale? verkoop julle bale per gewig of per baal; of gebruik julle alles self? wat is die gemiddelde leeftyd van julle lusernlande? en is dit droeland- of besproeiingslusern?
    Man, ek se weer: jy het nou vandag my week gemaak met hierdie inskrywing! Voel so bekend soos rugbysokkies en cats aan my voete! Dankie vir die moeite met hierdie deel van kennis.
    Geseende dag verder
    D

    Like

    1. Droë lusern 320 kg
      Nat lusern (kuilvoer) 600 kg
      Hawer pitbale 450 kg (My man sê dis die groot bale wat HY maak!!) 2m in deursnee
      Garsstrooi 200 kg 2m deursnee bale

      Sal die ander nog antwoord!!

      Like

      1. Ding wil iets sê en Ding gaan dit sê en die ladies moet maar verskoon: Goeie dokkenfonner! Toorts, dra dit asb aan jou man oor dat hy nie in hierdie lewe moet ophou om daai bale te baal nie! Solank hulle bestaan, is daar darem IETS wat Ding vir die kwak kan sê swaarder as Ding weeg! Baie, baie dankie vir die inligting – daai bale lyk vir Ding altyd so indrukwekkend. Anderdag gesien dit is so ‘n vurk-hysertjie waarmee hulle opgelaai word – hoe doen julle dit? Ding kom van kleinskaal, intensiewe boerdery – ons doen alles op miniatuurskaal.
        Baie dankie vir jou moeite, regtig. Ek waardeer dit baie.

        Like

  3. Smaak ek kan die lusern ruik soos dit gesny word !! Daar is ‘n rou eerlikheid aan die reuk van veld.

    Dankie Toorts – nou verstaan Vlooi ook iets meer lusern wat tot nou iets was wat lekker geruik het met ‘n persblommetjie

    (ek het darem geweet dit is veevoer ook!)

    Like

  4. Dankie vir die inskrywing Toortsie – en die foto’s. Soos Vlooi kon ek amper die lusern ruik terwyl ek gelees het. Wonderlik reuk 🙂

    Like

  5. In ons area is lusern skaars. Ek het vreeslik gesoek vir lusernbale hier, en selfs die kooperasie het nou nog nie teruggekom na my toe nie. Ek het toe maar lusernpille gekoop vir ons Frieda kameelperd wat enige tyd moet kraam. Wil nie te veel se nie… ek blog later die week daaroor…

    Like

  6. Jy’s dierbaar Toorts in die verte, die vervoer sal duurder wees as die baal. Ek het reg gekom met die lusernpille. Bid dat sy hierdie kalf nie gaan doodskop nie… Ek dink sy het hom vandag gehad, sy het nie haar pille kom vreet nie en sy hardloop na die voerbak toe as mens aankom met die emmer.

    Like

  7. Ag, ek is so bly jy leer ons meer van die boerdery en plaaslewe. ( in my hart was ek nog altyd ‘n boervrou). Dis baie interessant, en ek het ook heerlik op die stroper gery( of was dit nou ‘n ander masjien?)

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s