in die aar

Ken jy hierdie term? “In die aar”? Goed, dit kan wees dat die inspuiting in die aar ingedien word, maar as graanboere hierdie term gebruik, beteken dit iets heeltemal anders.

Sonder dat jy bewus is daarvan, en so tussen die “geniet” van die mooi groen graan, gebeur daar dinge met die graan. Eers word dit geplant, dit kom op, as ons gelukkig is en daar is goeie reën, groei dit mooi, en dan een dag lyk dit heeltemal anders. Dan kom die graan in die aar, en dit is iets wat nogals jou tone laat krul. Gewoonlik sien ek dit eers as dit al goed in die aar is, maar hierdie keer het ek dit vroeg gesien. Aanvanklik is dit “in die pyp”, wanneer die aar nog nie sigbaar is nie, en dan raak die are sigbaar. Die begin van die nuwe oes! Natuurlik moet nog baie water in die see loop voor oestyd hier is, en daar is nog baie gevare en dinge wat kan skeefloop. Warm en droë dae in September is nooit goed nie omdat dit die graan kan laat afspeen. Nat weer so tussenin beteken baie vir vet korrels.

Ek dink hierdie foto’s is so ‘n stadium tussen “in die pyp” en “in die aar”, maar geniet dit saam met my.

😆

Alle eer aan God, want sonder hom is dit BESLIS onmoontlik om te boer. Ons is vir ALLES van Hom afhanklik!

Toorts

10 thoughts on “in die aar

  1. En ek het gedog net dinge met bloed in die are word “gespeen,” 😯
    Gn wonder die Here is ook bly as ons vrugbaar is nie….. kyk dan net hoe mooi lyk so ‘ n land!!!

    Like

Gesels saam, asseblief!