Bloghulp

Ná Kameel se diep roerende storie van gister, voel ek skoon oneerbiedig om nou oor iets anders te skryf!!

Hierdie stuk skryf ek omdat ek sien dat daar maar klein goedjies is waarmee nog gesukkel word rondom die skrywery op ons blogs. Al hierdie punte wat ek aanraak, is na aanleiding van ‘n vraag wat iemand vir my gevra het. Die slimmes kan hierdie skryfsel maar blaai!! 😆 Ek skryf hier vir mense soos ek wat ook maar die goed stap vir stap moes leer…

TAG

As jy van iemand skinder of skryf, MOET jy die persoon tag. Of, as jy na ‘n ander skryfsel verwys. As jy net die persoon tag, laat weet WordPress nie altyd vir daardie persoon dat hy genoem is in iemand anders se blog nie. Jy doen dit deur op die TITEL van die skryfsel waarna jy verwys, of sommer enige skryfsel, te kliek.  Dan “copy” jy die adreslyn van hierdie skryfsel. Die adreslyn is daar waar jy intik waarheen jy wil gaan, ❓ heel bo-aan jou bladsy. Die adreslyn (URL) word ingekleur, regskliek op dit, en kies “copy”.  Nou gaan jy na jou skryfsel. Kleur op jou skryfsel die woord in wat verwys na die persoon/skryfsel. Dan kyk jy bo-aan is ‘n lysie “icons”. Kies die een wat soos ‘n kettingkie lyk. Daar maak ‘n skermpie oop. By URL is ‘n blou ingekleurde blokkie. Regskliek OP DIE BLOU en sê PASTE!! Al wat jy nog daar moet merk is “open in a new window”. “Voeg koppelaar by” of “save” en dis klaar!

KOMMENTARE OP JOU EIE BLOG

As jy in jou “instrumentepaneel” of “dashboard” is, kan jy die kommentare die beste sien. Dan sien jy sommer as iemand op ‘n ou skryfsel van jou ook kommentaar gelewer het. Maar jy sien nie die volle kommentaar nie!! 😦  Onthou julle die foto-boekies wat ‘n mens gekry het? Die woorde is so in ‘n wolkie gesit? Nou kyk, aan die linkerkant van die skerm, lyk my dis die 7e prentjie, is so ‘n wolkie. Kliek daarop! Dan maak die volle kommentaar oop. Dan kan jy verander daaraan as jy sou MOET.

OM FOTO’S KLEINER TE MAAK

Ons het almal te goeie kamera’s. As jy ‘n foto wil oplaai, is dit goed om dit eers kleiner te maak. As jy nie “photoshop” of een van daardie programme het nie, is dit nie die einde van die wêreld nie!  Voor jy die foto “groot” oopmaak op jou rekenaar, regskliek op die foto wat jy wil laai. Kies “open with”. Kies “Microsoft Office Picture Manager”.  Dan “edit pictures”, dan “resize”, dan  “predefined width x height”,  kies “web-large”; en OK. Nou is jou foto klein en laai sommer maklik op.

As jy nog stap vir stap goed wil lees, kliek hier. En as jy wil weet waaroor EK al alles gewonder of geskribbel het oor blogging, lees hier.

Ek hoop ek kon IEMAND help!! Dis vir my lekker om iemand te kan help! 😆

Toortsie

11 thoughts on “Bloghulp

  1. Nou goed Toortsie, toe ek jou naam wil “link,” toe beland my eerste kommentaar by “Hoe om ‘n blog te begin,” 😯 Ek durf nie waag om “hoe om ‘n blog te begin,” enigsins te “link” nie; wie weet waar beland ek dan in blogland 😆 Hoop jy het baie geduld.

    Like

  2. Ek het klaar weer verdwaal Toortsie. Ek tik hier nou op die blog self, veiliger, maar dan kan ek nie die letters mooi blou maak nie. As ek kommentaar op ‘n kommentaar op die instrumentepaneel oopmaak, is daar nie ‘n ketting-prentjie bo-aan nie, maar daar staan “link” geskryf. Toe probeer ek dit en eienaardige goed gebeur 😯 Ek sal nog hierdie ding onder die knie kry.

    Like

    1. Kameel! Daar leer jy my ook iets! Ek het nog nooit die goed raakgesien nie!
      Gewoonlik in ‘n kommentaar tik jy net. Maar sou jy ‘n skakel wou deel, kan jy “link” tik en die skakel op dieselfde manier as waar jy ‘n ander skakel intik, doen.
      Om die letters blou te maak hou jy net die muis in van die begin van die woord tot aan die einde. In jou “post” sou jy die kettingkie kies. In die kommentaar kies jy “link”. En weet jy wat sien ek nou ook raak? “img” jy kan ‘n foto ook by jou kommentaar doen! Jy kan dit selfs in bold of italic doen! Lyk my /b-quote is as jy iets uit ‘n blog wil oorskryf.
      Interessant!

      Like

Lewer kommentaar op Toortsie Kanselleer antwoord