positief? of negatief?

Alhoewel ek my bes doen om op positiwiteit te konsentreer en daaroor te skryf, het ek ook maar my afdae. Dae waarop ek alles behalwe positief is, dae wat ek kwaad is vir my man, dae wat ek moedeloos is, dae wat ek nie weet watter kant toe nie. Soms voel ek ek loop teen ‘n muur vas. Soms gaan als seepglad, in my huis, lewe, huwelik, met die kinders. Ander dae weer loop als net verkeerd, wil niks werk nie. Is jou beste pogings nie goed genoeg nie.  Voel ek ‘n mislukking. Flop die verhoudings. Lig my huis se dak.

Party dae skryf ek oor positiewe dinge en gee raad omdat dit raad is wat al vir my gewerk het en ek hoop dat dit vir ander kan help. Soms werk my eie raad nie eers vir my nie! Soms wil ek nie luister na my eie raad nie!! Soms skryf ek sommer net vir myself in ‘n poging om my kop skoon te kry, of om weer op positiewe dinge te fokus, of om weer perspektief te kry.

Al wat ek weet is dat ‘n mens kies wat jy skryf, wat jy vir die buitewêreld wil wys. Ek glo dat dit wat ek vir die buitewêreld wys, die waarheid is, maar party dae lyk dinge so anders dat ek amper myself nie ken nie!! Dalk wys ek nie heeltemal ALLES nie, soos ek glo ook julle nie doen nie?

Soms is ek positief omdat ek van nature meer na die positiewe neig, soms het ek ‘n hand nodig om my op te trek, soms is net God oor. Maar steeds kies ek positiwiteit, en mag God my help om altyd by hierdie keuse te bly!!  Mag daar altyd ‘n goue randjie om elke donker wolk wees! – vir my, maar ook vir jou wat hier lees!!

Party dae sleep God my letterlik aan my groottoon om my uit my negatiwiteit te kry.

Is julle ook so? Party dae positief en ander dae foeter dit??

Toortsie

Toortsie se Faceboekblad

13 thoughts on “positief? of negatief?

  1. Dinge neuk maar baie dae, Toortsie. Met ons almal. DIs dan wat ‘n blog net die ding is. Want as mens dit eers geskryf het, dan erken jy die gevoel, en dan is dit mos: ADMIT IT, AND LET IT GO.
    Dan bad jy lekker, huil ‘n traan, en gaan slaap vroeg.
    XXX

    Like

  2. Ja, ek stem. Dit neuk soms, en dit mag. Dink dis belangrik om op die ou end die positiewe daaruit te neem. Min dinge wat my so vies maak is iemand wat vergaan in pessimisme en negatiewe gevoelens. Want ek dink mense kan dit meeste van die tyd kies. Ek dink diere kies ook, dalk onbewus, om “lekker” te lewe. En dan kom daar party mense en maak hulle lewens hel op aarde. Vir sulke mense wens ek niks positief nie … Maar ten spyte van al die hartseer wat ek weet met diere gebeur, bly ek eerder positief, anders sal ek dalk niks doen om hulle te probeer help nie.

    Like

  3. Hier teen die einde van die jaar is ‘n mens moeg- moeg gewerk, moeg gesukkel,moeg positief gewees, en dan lol die humeure en die geduld en die uithouvermoe. Dis dan wanneer mens see toe moet gaan en net afskaal en stil word. Sterkte, hou moed, kalmte en liefde. Een van die dae skyn daardie liggie weer supersterk! ( nou vir wie preek ek nou eintlik hier? Vir my of vir jou, ons eie Toortsie?)

    Like

  4. Toortsie, ek weet nie hoe om daardie blou sterretjies te druk dat dit nie weer weggaan nie….. ek wou jou “excellent” rate. Terwyl ek nou so oor die sterretjies skryf, toe kom die prentjie by my op…. verwag ons nie maar dat ons lewe die ene sterretjies skyn nie…”an excellent behind every day.” Truth is this is real life…. and reality means dealing with hard issues. Ek sou ‘n blatante leuenaar wees as ek se ek lewe elke dag in oorwinning- die negatiewe is te sterk. Daarom moet ek met tye in die sand gaan grawe vir ‘n bietjie positiewe water…. by Jesus se voete, waar anders.

    Like

    1. Ek vind net rus as dit by U is…. Oor die sterretjies, dit lyk my die eerste keer registreer dit nie. Ek druk partykeer ‘n tweede keer, dan aanvaar hulle dit. Maar DANKIE vir die sterre!!

      Like

    2. Ek het nou maar die “like” knoppie gedruk…… daardie sterretjies wil nie skyn nie 😯 Vertrou jou liggie gaan kort voor lank weer helder skyn.

      Like

  5. Ek is gewoonlik positief, maar hierdie jaar kry my nou onder. Ek is mislik, gatvol, hou nie meer van die mense om my nie en sal eerder net iewers onder ‘n bos in die Karoo wil gaan sit, net ek en ‘n boek en musiek. NIKS mense nie.

    Like

Gesels saam, asseblief!