Liefdesbrief

Seegogga het dit goedgedink dat ons, met die oog op Vaaltyndag, vir ons geliefdes ‘n brief moet skryf. Sommer hier aan die begin gee ek dan die opdrag oor aan Rainbowphilosopher en Son om ook julle briewe te skryf. En ek dink sommer net, omdat dit eintlik Seegogga se idee was, kan julle haar ook net noem!!

My liefste man, dis nou al 31 jaar wat ek jou ken. 31 Jaar waaroor ek nie spyt is nie. Na 31 jaar laat jy nog steeds my hart vinniger klop, gee jy vir my skoenlappers op my maag, maak jy my steeds opgewonde. Jy is vir my mooi en ek is trots daarop dat jy na jou gesondheid kyk. Ek is veral trots daarop dat jy so lekker fiets ry en sommer die jonges hier rond stof in die oë ry! Wow!! (Oeeee…. en wat daai fietsry-outfit aan my doen, gaan ek nou nie hier in die publiek uitblaker nie!!) En terwyl ek nou van die jonges praat… dis vir my wonderlik dat jy so lekker regkom met die jongmense in ons kontrei en dat jy hulle help waar nodig. Dankie dat jy so hardwerkend is en dat jy mooi werk met ons geld en so mooi vir ons gesin sorg. Dankie dat jy bereid is om die ekstra myl te stap en altyd nuwe uitdagings aanvaar. Dankie vir die wonderlike voorbeeld wat jy vir ons kinders stel. Jy wys vir hulle wat ‘n rustige, stewige geloof in God beteken en daarvoor kan ek nooit dankbaar genoeg wees nie. Jy is ‘n wonderlike pa vir ons kinders. En jy is ‘n wonderlike man vir my!! Dankie dat jy ons huwelik ernstig opneem. Ek het jou baie lief. En dit wat ek nog wil sê, sal ek in privaatheid doen. Mag jy ‘n wonderlike dag hê. Sal jy my “Valentyn” wees????  Liefde, ek

…………………………..

Toortsie se Faceboekpage

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Huwelik en Verhoudings and tagged , , . Bookmark the permalink.

10 Responses to Liefdesbrief

  1. NetJane sê:

    Sulke aanhoudende en standvastige liefde is pragtig. Geniet jou man!

    Like

  2. BB sê:

    Lekker om te lees! Dankie! x

    Like

    • toortsie sê:

      Ai BB, ek wens ek het jou talent gehad. Want jou brief sal net iets uit ‘n ander wereld wees. wil jy nie ook maar vir ons een skryf nie, asb????

      Like

      • seegogga sê:

        Ek het geweet julle almal gaan pragtige en inspirerende liefdesbriewe skryf. Ek hoop jyhet hierdie een vir jou man gegee om te lees. Hy gaan sommer nog tonne liewer vir jou wees!

        Like

        • toortsie sê:

          Dankie, juffrou! maar as ek so na die ander kyk, is myne nou nie toonkrulbaar nie. maar dit het uit my hart gekom en ek het dit vir my man ge-epos!! 🙂 dit was regtig een van die moeilikste take wat ek NOG op hierdie blad gehad het. maar ek het oorleef!!

          Like

  3. Charms sê:

    In ‘n wêreld waar skei al raak soos om brood te gaan koop – Geluk met julle 31 jare. Geniet mekaar en klink ‘n glasie op die volgende 31 jaar.

    Like

    • toortsie sê:

      Dankie, Charms. maar ek het verkeerd getel!!! oeps! Ons het in 1981 ontmoet, so die einde van hierdie jaar is dit eers 30!! Dis dus nou 29 (25 jaar getroud). maar daar is maar baie genade ook betrokke!!

      Like

  4. Terug pieng: Die liefdesbrief « Kouevuur

  5. seegogga sê:

    nou weer toevallig jou brief gelees. So mooi! Ek kan nie glo ons het detyds so min ge’like’ nie. Maar ek het nou opgemaak daarvoor.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s