Dooptyd

‘n Facebook inskrywing.

 DOOP of ONTGROENING is mos deesdae teen die wet. Tog jammer, want dit is een van die tye op universiteit wat ek die meeste geniet het. Ek kan wel verstaan dat dit gestop is omdat dit totaal hand-uit geruk het. In ons dae was ons koshuis bekend as die dameskoshuis wat die ergste gedoop het. Natuurlik is dit GLAD NIE vergelykbaar met wat in die manskoshuise gebeur het nie!!! Ag, die doel was maar net om ons ‘n bietjie terug te bring aarde toe. En hulle het nie van URE geweet nie. Jy was MOEG MOEG MOEG! En UITGEMERGEL!! Studente wat nie voorheen in koshuise was nie, het nogals moeilik gehad, maar ons ou koshuisbrakke het gedink dis die grootste pret.

Elke keer as ons na een of ander “funksie” gegaan het, was daar ‘n manskoshuis met wie ons moes meng. Die mans het dan buite die koshuis in ‘n ry gestaan en ons het in ‘n ry by die koshuis uitgeloop en dan net ingeval, die man se hand gevat en ons was dan maats vir die aand! Ekskuus! Ek het regtig nie daarvan gehou nie.

Die eerstejaars van ons koshuis was paw-paw’s genoem. En danksy ‘n brief wat ‘n klasmaat van my vir my uit die “army” geskryf het, en by my naam Madeliefie in hakies geskryf het, was ek toe paw-paw Madeliefie! En om daardie brief in die hande te kry, moes ek onder die tafel deur kruip waar die huiskomiteelede geëet het (‘n LAAAAANNNNGGG tafel, hoor!!), tussen hulle voete deur terwyl hulle my probeer blok het. Ook groot pret! En dit was nie die enigste keer wat ek moes kruip nie – my tannie het dit goed gedink om vir my ‘n ruiker te stuur!! Ag, die beloning was so goed!!

Elke aand moes ons inpak, want ons was kwansuis nie goed genoeg vir die universiteit nie. Dan moes ons weer swemklere aantrek en in die Thom-saal lê en tan en sommige van ons moes dan skyn soos die son sodat die ander kan tan. En ons doopdrag het onder andere die volgende behels: groen klere; 23 boksterte in ons hare, rosyntjie op ons neus; ‘n landkaart om ons nek met al die HK se tuisdorpe daarop, ens. En as dit HOE is, moes ons met hierdie mondering gaan visvang in ‘n droë  sloot. Heel gesonde tydverdryf vir 18-jariges!!

Hoe is julle gedoop? Watter snaakse goed moes julle aanvang?

Troutip: ‘n Wyse vrou moedig haar man aan!!

2 thoughts on “Dooptyd

  1. 😆 Bring jy nou memories terug. Ek onthou hoe ons altyd in die busse moes roei vir ‘n vale sodat ons iewers kon uitkom.
    Ons het ook ‘n aangenome bobbejaan in die dieretuin gehad. Adoons. Van die eerste uitstappies was dan om eerstejaars aan Adoons te gaan voorstel in Jozi dieretuin. 😆 Die snaakste was altyd die ander mense se reaksies, veral in my eerstejaar was daar ‘n bus vol foto-happy Japanese… imagine die gesig, ek dink hulle wonder vandag nog oor hierdie weird Suid-Afrikaanse sekte….
    ‘n Klomp jong mans, op een knieg gebuig voor die bobbejaanhok, een arm (ala Hitler) in die lug… wat dan saam opsê : “Heil Adoons, Heil Adoons”.. shame die volgende jaar was dit snaakser, want toe neem ons nog een aan…”Heil Adoons – en sy vrou, Heil Adoons – en sy vrou”

    Like

Gesels saam, asseblief!