Hierdie is ‘n bloginskrywing wat voorheen gepubliseer was, wat ek nou opdateer het. Soos wat daar nog e-boeke van my én ander beskikbaar raak, sal ek hulle hier plaas. Dit is almal boeke wat ek namens my én ander skrywers uitgegee het.
Hou hierdie spasie dop, hier kom gereeld boeke by!
Genade onbeskryflik groot – deur Ansu Malan
Uiteindelik kan ek vir julle vertel van hierdie e-boek. Dit is ‘n moet lees!
In hierdie ware verhaal beskryf Ansu Malan die reis wat sy langs haar man beleef het nadat hy met galpypiekanker gediagnoseer is. Sy vertel van hulle vrese, hulle pyn, maar die sekerheid wat hulle in Jesus Christus gehad het en steeds het. Dit is ‘n geloofspad wat sy met vertroue in haar Skepper loop. Hierdie deernisvolle boek sal beslis enige leser se hart aanraak.
Laai die gratis e-boek hier af.
Die Groen Mouter & ander kortverhale – deur Frik Stoffberg
Frik Stoffberg is ‘n storieverteller soos min. In hierdie kortverhaalbundel neem Frik Stoffberg ons op ’n komiese wyse terug na die oudae en die oudae se stories. Frik Stoffberg se lekker, informele geselstrant maak hierdie kortverhale ’n plesier om te lees. Beslis lekker leesstof!
Laai die gratis e-boek hier af.
Skoolstories 1969 – 1980 Bredasdorp
Hierdie boek is geskryf deur die groep klasmaats wat in 1969 skool toe is en in 1980 matriek geskryf het. Bredasdorpstories. In hierdie bundel is die onthoustories van ‘n paar van die klasmaats opgeneem. Op ‘n humoristiese manier vertel hulle dinge wat hulle ervaar het en spot hulle baie keer met hulleself. Dit is beslis ‘n lekkerleesboek.
Skrywers: Adri Aggenbach de Kock, Deon Gouws, Jacques Swart, Kosie Blom, Leana van Deventer Smit, Lucy Steyn Brink, Mabeth Knipe Janse van Rensburg, Madelé de Wet Burger, Nicoleen Swart du Plessis, Ronel le Roux Cilliers, Sal Lourens.
Laai die gratis e-boek hier af.
Boeke deur Madelé Burger
- Toortsie se Bantingboerekos (Toortsie 1)
Meer as 2 800 boeke verkoop in Afrikaans en Engels!
Toortsie se Bantingboerekos is meer as net ‘n resepteboek. Dit bevat smaaklike, vinnige en maklike resepte wat in gewone huise met gewone bestanddele gemaak kan word. Al hierdie resepte is geskik vir die Bantingleefstyl, vir Keto, Paleo, LCHF. Selfs diabete kan baat vind by hierdie resepte en alle mense wat hou van lekker eet.
Toortsie vertel ook haar verhaal, haar reis sedert sy in Julie 2014 begin het om die Bantingeetplan te volg.
Dis ‘n lekker leesboek tesame met ‘n resepteboek.
Bestel die gedrukte boek direk by Madelé Burger by 082 563 8351 of e-pos na: madeleburger@gmail.com. Die E-boek kan hier afgelaai word in ‘n verskeidenheid formate.
2. Toortsie’s Banting Bash! (English version of Toortsie se Bantingboerekos)
Nearly 500 copies sold in English. 2800 copies sold in Afrikaans and English.
Toortsie’s Banting Bash! is more than just a recipe book. It is full of quick, easy and tasty recipes you can make in an ordinary kitchen using ordinary ingredients. All of the recipes are suitable to the Banting lifestyle.
Toortsie also tells her story, her journey since starting the Banting eating plan in July 2014.
It’s not just a recipe book, it’s also a great read!
Madelé Burger is a mother, a grandmother and a farmer’s wife. She lives in the Overberg with her husband and they run a mixed farming operation. She is involved in the farm’s administrative work.
This book is suitable for LCHF, Keto, Banting, Paleo and diabetes that follows the LCHF lifestyle. Also for people who loves nice food.
Madelé loves people and she lives life to the full. She loves to travel and enjoys being outdoors. She writes about everyday things on her blog, about children, about life, and about her relationship with God.
Her culinary experience comes from 30 years’ worth of cooking for her family.
The book is available in print and as an e-book.
Order the printed book directly from Madelé Burger at 082 563 8351 or e-mail to: madeleburger@gmail.com.
Buy the e-book from Smashwords.com.
Farmgirl from South Afrika
3. Hier’s die Toortsie weer! (Toortsie 2)
Toortsie is ‘n liggie en in hierdie boek skyn haar liggie weer eens op die Bantingleefstyl.
Ná die formidabele sukses van haar eerste boek, Toortsie se Bantingboerekos, was ‘n tweede resepteboek die natuurlike uitvloeisel daarvan. Hierdie boek bevat meer as sestig nuwe, maklike en geurige resepte, asook eenvoudige raad om die Bantingleefstyl met gemak te volg.
Hier’s die Toortsie weer! is ‘n boek wat in elke kombuis sy plekkie sal volstaan. By Banters sowel as nie-Banters. Al die resepte in hierdie boek is geskik vir die LCHF-leefstyl: Banting, Paleo, Keto. Ook vir diabete wat hierdie leefstyl volg. Dit is ook uiters geskik vir almal wat hou daarvan om lekker te eet.
Bestel die gedrukte boek direk by Madelé Burger by 082 563 8351 of e-pos na: madeleburger@gmail.com. Ook beskikbaar by bidorbuy.co.za.
4. Toortsie 3, is dit nie? (Toortsie 3)

Toortsie is geen onbekende naam meer in die hoëvetlaekoolhidraatkringe nie. Toortsie3, is dit nie? is die derde boek in die baie suksesvolle reeks resepteboeke uit die pen van Madelé Burger. Net soos in die vorige boeke in die reeks, is die kos smaaklik en die resepte eenvoudig en maklik om te maak. Die kos is ryk en lekker en geskik vir enige persoon wat hou van lekker eet en vir al die hoëvetlaekoolhidraatdissiplines soos Banting en Keto. Al Toortsie se resepte is glutenvry.
Bestel die gedrukte boek direk by Madelé Burger by 082 563 8351 of e-pos na: madeleburger@gmail.com. Ook beskikbaar by bidorbuy.co.za.
5. Toortsie se Soetighede
Madelé Burger, oftewel Toortsie, is ‘n boervrou, ma, ouma. Sy is lief daarvoor om te woel in haar kombuis. Sy volg sedert Julie 2014 die Bantingleefstyl en het reeds twee resepteboeke vir die Lae Koolhidraat Hoë Vet leefstyl suksesvol uitgegee. Hierdie boek bevat die soetighede wat in haar twee boeke voorkom.
Die resepte is geskik vir LCHF, Banting, Keto, Paleo en vir diabete wat die LCHF-leefstyl volg. Dit is ook ideaal vir almal wat daarvan hou om lekker te eet.
Laai die GRATIS e-boek by Smashwords af.
Bestel die gedrukte boek direk by Madelé Burger by 082 563 8351 of e-pos na: madeleburger@gmail.com. Ook beskikbaar by bidorbuy.co.za.
6. My kinderjare met betrekking tot vandag
Madelé Burger, oftewel Toortsie, is ‘n flitsliggie wat oral inskyn. In hierdie boek laat Madelé haar flitsliggie skyn op haar kinderjare en die manier waarop dit betrekking het op haar lewe as volwassene. Op ‘n humoristiese wyse vertel sy dinge wat sy beleef het en spot sy ook met haarself en die res van haar gesin. Is die boek ‘n outobiografie? ‘n Memoir? Besluit self! Wat dit wel is, is eerlik, vinnig en binne karakter.
Madelé is ‘n dogter van die Overberg, gebore en getoë in Bredasdorp. Sy vertel storietjies uit haar lewe op die plaas, die skool en koshuis en kleur dit in met stories uit haar volwasse lewe.
Sy het reeds twee resepteboeke, geskik vir die Bantingleefstyl, suksesvol uitgegee, naamlik Toortsie se Bantingboerekos en Hier’s die Toortsie weer. Toortsie se Bantingboerekos is ook in Engels uitgegee onder die naam Toortsie’s Banting Bash!
Madelé Burger is ‘n ma, ouma, huisvrou en boervrou. Sy en haar mna, Kobus, woon in die Overberg. Madelé is lief vir mense en leef die lewe voluit. Sy reis graag en geniet dit baie om in die natuur te wees. sy skryf in haar blog, toortise.com, oor alledaagse dinge, kinders, die lewe en haar verhouding met God.
Bestel die gedrukte boek direk by Madelé Burger by 082 563 8351 of e-pos na: madeleburger@gmail.com. Ook beskikbaar by bidorbuy.co.za.
……………………………..
Die Goue Vroue
‘n Groep vroue, die Goue Vroue, woon regoor die wêreld en skryf in Afrikaans. Hulle skryf saam vervolgverhale en in hulle verbeeldingswêreld leef hulle in die magiese dorpie, Rebusfontein, iewers in Suid-Afrika.
Goue Vroue in Wonderland – deur die Goue Vroue

In hierdie verhaal word ‘n groepie van die Towerinne “Goue Vroue”.
‘n Lekkerleesboek vir volwassenes met kinderharte.
Hierdie boek is geskryf deur: Aalsie, Appeltjie, Christa, Positief, Seegogga, Tannie Frannie, Toortsie, Una, Woordnoot.
Laai die gratis e-boek hier af.
Goue Vroue in Jumanji
Skrywers: Antoinnette Goosen, San Dreyer, Anna-Marie Groenewald, Tannie Frannie, Madelé Burger, Hannelie Raath, Una Steenkamp, Carien Steenkamp, Ria Fourie.
‘n Lekkerleesboek vir volwassenes met kinderharte.
Laai die gratis e-boek hier af.
……………..
Kyk ‘n bietjie watter oulike e-boeke alles by Smashwords te koop is.
Toortsie