So met die geharwar van die einde van die jaar dinge wat moet klaarkom, dis borduur, en brei en jaareinde en kosmaak vir Toortsie 3 en Nanowrimo en en en het die foto’s van Toortsie 3 gekom, maar het ek nog nie regtig tyd gehad om dit behoorlik deur te gaan en mooi te bekyk nie. Mense! Dit is uit ‘n ander wêreld! Dit is al wat ek kan sê.
Ek het vanoggend begin om dit deur te gaan, net om seker te maak daar is ‘n foto van elke gerig. Ek is so bang ons moet dalk op die ou end weer ‘n foto neem … en is ek nou geïnspireer! Sjoe! Nou moet ek aan die werk spring en dit voltooi. Dalk nie in hierdie jaar nie. Beslis nie in hierdie jaar nie, want Kersfees kom, Kersfees kom … maar niemand keer my mos om intussen deur al die foto’s te gaan en hulle te merk, seker te maak dat al die woorde in die boek is en reg is en en en nie … sodat ek dit vroeg in die nuwe jaar vir die proefleser kan stuur en kort daarna vir die een wat die bladuitleg doen en dan vir die drukkers nie … niemand keer my mos nie, né? Dit is mos net ekself … wat dringend ‘n klompie borduurwerk moet klaarkry en ‘n babakombers moet klaarbrei … want ek geniet mos die VLV so baie. 🙂
Kyk net hier:

Is jy nie ook skielik honger nie?
Toortsie
Ek eet nog aanmekaar vandat ek hierdie foto van jou so gekyk het, Toortsie!
LikeLiked by 1 person
Sien jy nou! 😀👏🏻👏🏻👏🏻
LikeLike
Ek is beslis!
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
ek is, ek is. bring saam Rebusfontein toe. Ek lief soutighede.
LikeLiked by 1 person
Right!
LikeLike
Lyk heerlik, ek is nou sommer honger
LikeLike
Yo-yo dit lyk lippe-lek lekker. Dis te lekker om jou baba te sien groei tot n volwaardige boek. Geniet elke oomblik.
LikeLiked by 1 person
Dankie. 😁 ja, jy weet hoe lekker dit is om te werk aan so iets.
LikeLike
Het wraggies vanoggend jou twee boekies deurgekyk want ek het iets gesiek om te maak met amandel meel. Ek het toe in jou eerste boekie n inhouds lysie gesoek soos wat hul agter in die boeke sit sodat mens vinnig n resep kan vind. Jou tweede een het wel n inhoud waar mens vinnig iets kan vind. Ek noem dit net dat jy no drie dalk n goeie inhoud soek bl gee.
LikeLike
Ja, dit was ‘n fout by my boek een. Ek het dit wel in latere uitgawes daarvan.
LikeLike
Aha ek sien. Die agter opgawe in huisgenoot se resepte boeke maak dit baie maklik om dadelik n resep te kry en te weet of daar iets is wat mens kan gebruik.
LikeLike
Ek het op daardie stadium gedink dat dit genoeg is om slegs die afdelings van die resepte voorin aan te dui, bv soppe, ens. En dat daar min resepte in is.
LikeLike
Dis wat ek ook gedink het. Dis nie nodig in daardie geval nie omdat daar nie so baie resepte in is nie. Gaan nuwe een ook maar dieselfde aantal hê, as ek mag vra? Dan is daardie inhoud genoeg.
LikeLiked by 1 person
Ja weer 60. Hy gaan inhoud hê soos boek 2
LikeLike
Perfek!
LikeLiked by 1 person
Ander inhoud. Soortgelyke inhoudsopgawe.
LikeLike
Dit klink goed.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir jou raad.
LikeLiked by 1 person
Saam met jou opgewonde
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. 😁
LikeLike