Wel, tot op hede het die volgende items alles gebeur die afgelope vier jaar:
Toortsie 3 Skedule (Sedert 2017):
1. Verwerk en toets van resepte, rofwerk resepte, resepte oor en nogmaals oormaak en oorskryf en tik in rekenaar. – AFGEHANDEL
2. Resepte tik op rekenaar, druk. – AFGEHANDEL
3. Kosmaak van gedrukte kopié, foute regmaak. – AFGEHANDEL
4. Proeflees deur koskenner. – AFGEHANDEL
5. Foto’s en weer eens resepte toets. – AFGEHANDEL.
6. Resepte waar onsekerheid is, verander en weer eens toets. – AFGEHANDEL.
7. Alle foute regstel op rekenaar. – AFGEHANDEL.
8. Foto’s merk met resepname, verseker dat elke resep ‘n foto het, elke foto ‘n naam. – AFGEHANDEL.
9. Alle ander aantekeninge, ens wat nog in die boek moet kom, skryf. – AFGEHANDEL.
10. Konsepboek ingestuur vir proeflees. – AFGEHANDEL
11. Voorblad kies – wat ‘n storie! – AFGEHANDEL
12. Eerste proefleesresultaat terugontvang, voorstelle deurgegaan, weer geproeflees, terug ontvang. – AFGEHANDEL.
13. Alles nog ‘n keer deurgaan en verseker dat daar nie iewers iets met ‘n hoeveelheid of bestanddeel of metode verlore gegaan het nie. – AFGEHANDEL
14. Teks stuur vir die uiteensetting van die boek. – AFGEHANDEL
15. Uiteensetting saam met haar deurgaan. – AFGEHANDEL
16. Boek terugkry, dit weer eens woord vir woord deurgaan om te soek vir moontlike foute wat deurgeglip het. – AFGEHANDEL. Weer eens en weer eens en weer eens woord vir woord deurgegaan, drukkersduiwelfoute reggestel. AFGEHANDEL.
…………………………………..
17. Finale boek na drukkers stuur.
18. Proefkopié ontvang, deurgaan en goedkeur.
19. Die finale druk!
20. Die groot bemarkingstorie. Want ‘n mens koop ‘n boek net een keer, dan het hy hom. Nie elke maand weer een nie, tensy hy vir iemand anders ook die boek wil koop.
Ja! Ek is nou daar wat ek wag vir verskillende drukkers om vir my kwotasies te stuur. Die bladuitleg is klaar. Alles is klaar. Dis berge oor tot hier, maar hier is ons nou! En ek is opgewonde, want dit gaan mooi mooi mooi wees.

Toortsie 3, is dit nie? Lekker kos vir Banting, Keto, Intermittent fasting, diabete en sommer vir almal wat hou van lekker eet.
Groete
Toortsie
Ek hou van jou laaste sin: ….en sommer vir almal wat hou van lekker eet.
LikeLiked by 2 people
😁😝
LikeLike
Mooi skoot( en mooi voorskoot)!
LikeLiked by 2 people
Dankiedankie 😁
LikeLike
Jy het al ‘n baie lang pad geloop. Ek hoop alles gaan nou vlot loop.
LikeLiked by 2 people
Baie dankie. Elke keer is daar nuwe uitdagings.
LikeLike
Jy kan vasbyt nè! Wel gedaan. Alle sukses met jou Toortsie 3.
LikeLiked by 2 people
Gelukkig het ek wonderlike helpers. Dit werk wel vir my om met ‘n klomp goed gelyk besig te bly sodat, as die lus min raak, ek ‘n bietjie kan los.
LikeLiked by 1 person
Slim plan!
LikeLiked by 2 people
Jy is amazing!!! Welgedaan
LikeLike
Dankie. Jy is self amazing. 😁
LikeLike
🤗
LikeLike
Knapgedaan!
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLike
Jy is voorwaar kaalvoet oor die berge en kan Eureks roep. Trots om vir Toortsie vann Toortsie 3 te ken.
LikeLiked by 1 person
Met Trommeltjies in my boek … 😁
LikeLiked by 1 person