Skryf ‘n opstel: Verandering begin by my

Knap gedaan aan die onderwyser wat hierdie onderwerp uitgedink het, want ons besef eintlik so moeilik dat verandering by onsself begin.

Jare gelede het iemand hierdie prentjie geskets: Wil jy hê dinge moet verander? Vat dan ‘n kryt en maak ‘n groot sirkel rondom jouself. Maak dan veranderinge binne die sirkel.

Almal van ons wil veranderinge hê. Daar is goed wat vir almal van ons pla. Die maklikste ding om te doen is om dan te kla en die mense rondom ons te verander, solank onsself niks hoef te doen om te verander nie. Dit is natuurlik baie moeilik om aan onsself te verander, maar nóg moeiliker om ander mense te verander. As ons besef hoe moeilik dit is om onsself te verander, hoe op aarde kan ons dan dink om iemand anders suksesvol te verander?

Daarom is dit goed en nodig om soms ernstige selfondersoek te doen en te kyk na die dinge wat ons pla: Hoe kan ék anders optree in hierdie situasie? Hoe kan ék mense anders hanteer? Wat doen ék verkeerd?

Soveel keer, wanneer my eie houding teenoor iemand anders of ‘n situasie verander, verander die ander persoon of die situasie sommer ook!

Deur die nors persoon altyd vriendelik te groet, help jy hom dalk om uit sy dop te kruip en vriendeliker te raak.

Deur minder te kla oor dinge, veroorsaak jy dalk dat mense dan ook gemakliker in jou omgewing is.

Deur self die omgewing waar jy is, netjies te begin hou, raak die omgewing rondom jou lekkerder en leefbaarder.

Deur jou bed in die oggend op te maak as jy opstaan, verander jy jou eie ingesteldheid en lyk jou dag sommer baie beter.

Deur self jou kamer netjies te hou, gee jy jouself ‘n gevoel van eiewaarde en kyk jy met ander oë na alles rondom jou.

Deur jou ouers vriendelik te groet en ordentlik te antwoord op hulle vrae, verander jy hulle gesindheid teenoor jou.

Deur mense van die ander geslag te wys dat jy hulle respekteer, begin hulle dalk om ook vir jou te respekteer in hulle optrede teenoor jou.

Deur vir iemand ‘n opregte kompliment te gee, begin die persoon dalk beter oor homself voel en verander sy algemene optrede.

Deur doelbewus dankbaar te wees, jou dankbaarheid te wys, ‘n lewe van dankbaarheid te leef, sien jy al hoe meer goed raak waarvoor jy dankbaar kan wees, eerder as goed om oor te kla.

Net deur my eie ingesteldheid en houding te verander, kan ek ‘n groot verskil in my nabye omgewing maak.

Groetnis

Toortsie

(Onthou, as jy dalk hierdie gebruik, om vir toortsie.com die nodige erkenning te gee.)

Toortsie by Finesse: Die waarde van my bidboek.

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

Skryf ‘n opstel oor verandering

Die kinders met opstelle skryf en hulle beland by die Toortsie in hulle soeke na hulp. My eerste opmerking is natuurlik altyd dat jy jou eie opstel moet skryf met jou eie, unieke idees. Onthou, daar is niks verkeerd met jou idees nie, selfs al klink dit anders as die ander s’n. Dis juis jou uniekheid wat jou besonders maak.

Jy kan jou opstel oor verandering op verskillende maniere aanpak. Jy kan byvoorbeeld filosofeer oor verandering. Wat veroorsaak dat verandering in die wêreld plaasvind? Is dit ontwikkeling wat plaasvind, of is dit omdat mense ontevrede is met die huidige situasie en iets beters soek?

Vind verandering dalk plaas as gevolg van verandering, byvoorbeeld omdat daar soveel tegnologiese ontwikkeling plaasvind, dwing dit mense om daarby aan te pas? Danksy e-pos is slakkepos besig om te verdwyn?

‘n Ander manier om ‘n opstel te skryf, is oor hoe jy voel daaroor. Hou jy van verandering? Maak verandering jou angstig of onseker, of maak dit jou opgewonde? Of, is daar sekere verandering wat vir jou sleg is, soos wanneer julle na ‘n ander dorp trek en jy na ‘n nuwe skool moet gaan, terwyl dit jou dalk terselfdertyd opgewonde maak as julle na ‘n nuwe, beter huis gaan trek?

Hoe hanteer julle gesin verandering? Elke persoon in die huis sien dit dalk anders. Vir die een persoon is die uitdaging wat verandering bring, opwindend, terwyl ‘n ander een in die gesin dalk veilig voel in ‘n omgewing wat dieselfde bly. Beskryf elkeen van julle se optrede tydens verandering. Selfs die spanning wat dit veroorsaak.

Hoe voel jy oor die verandering in jou liefdeslewe? ‘n Nuwe ou of meisie? Hou jy van die stabiliteit van permanent dieselfde geliefde te hê, of is jy een wat altyd uitkyk vir ‘n nuwe vis in die see?

Wat is vir jou opwindend van verandering? Wat is vir jou angswekkend?

Vertel dalk van ‘n drastiese verandering wat in jou lewe gebeur het. Dit was dalk nie ‘n maklike verandering nie. Hoe het jy jou ouers se egskeiding ervaar en die verandering wat daarmee gepaard gegaan het? Of toe jou pa ‘n nuwe werk gekry het en julle moes trek. Of erger, toe jou pa dalk sy werk verloor het en dit massiewe implikasies vir julle as gesin ingehou het. Watter veranderinge moes julle maak om dit te hanteer?

Vir die ouens in die droogtegeteisterde Kaap. Watter veranderinge moes julle al in julle gewone daaglikse bestaan maak as gevolg van die waterbeperkings? Skryf hoe dit was toe daar vog volop water was en hoe julle mettertyd moes aanpassings maak om uit te kom met al hoe minder water per persoon.

Komaan! Ek het nou vir jou baie idees gegee. Gaan skryf jou opstel. Ek is seker jy het nou sommer nog baie meer idees in jou kop waaroor jy kan skryf. Ek weet jy kan! Geniet dit net.

Groetnis

Tannie Toortsie

Toortsie by Finesse: My geselskap

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif