Skryf ‘n opstel oor verandering

Die kinders met opstelle skryf en hulle beland by die Toortsie in hulle soeke na hulp. My eerste opmerking is natuurlik altyd dat jy jou eie opstel moet skryf met jou eie, unieke idees. Onthou, daar is niks verkeerd met jou idees nie, selfs al klink dit anders as die ander s’n. Dis juis jou uniekheid wat jou besonders maak.

Jy kan jou opstel oor verandering op verskillende maniere aanpak. Jy kan byvoorbeeld filosofeer oor verandering. Wat veroorsaak dat verandering in die wêreld plaasvind? Is dit ontwikkeling wat plaasvind, of is dit omdat mense ontevrede is met die huidige situasie en iets beters soek?

Vind verandering dalk plaas as gevolg van verandering, byvoorbeeld omdat daar soveel tegnologiese ontwikkeling plaasvind, dwing dit mense om daarby aan te pas? Danksy e-pos is slakkepos besig om te verdwyn?

‘n Ander manier om ‘n opstel te skryf, is oor hoe jy voel daaroor. Hou jy van verandering? Maak verandering jou angstig of onseker, of maak dit jou opgewonde? Of, is daar sekere verandering wat vir jou sleg is, soos wanneer julle na ‘n ander dorp trek en jy na ‘n nuwe skool moet gaan, terwyl dit jou dalk terselfdertyd opgewonde maak as julle na ‘n nuwe, beter huis gaan trek?

Hoe hanteer julle gesin verandering? Elke persoon in die huis sien dit dalk anders. Vir die een persoon is die uitdaging wat verandering bring, opwindend, terwyl ‘n ander een in die gesin dalk veilig voel in ‘n omgewing wat dieselfde bly. Beskryf elkeen van julle se optrede tydens verandering. Selfs die spanning wat dit veroorsaak.

Hoe voel jy oor die verandering in jou liefdeslewe? ‘n Nuwe ou of meisie? Hou jy van die stabiliteit van permanent dieselfde geliefde te hê, of is jy een wat altyd uitkyk vir ‘n nuwe vis in die see?

Wat is vir jou opwindend van verandering? Wat is vir jou angswekkend?

Vertel dalk van ‘n drastiese verandering wat in jou lewe gebeur het. Dit was dalk nie ‘n maklike verandering nie. Hoe het jy jou ouers se egskeiding ervaar en die verandering wat daarmee gepaard gegaan het? Of toe jou pa ‘n nuwe werk gekry het en julle moes trek. Of erger, toe jou pa dalk sy werk verloor het en dit massiewe implikasies vir julle as gesin ingehou het. Watter veranderinge moes julle maak om dit te hanteer?

Vir die ouens in die droogtegeteisterde Kaap. Watter veranderinge moes julle al in julle gewone daaglikse bestaan maak as gevolg van die waterbeperkings? Skryf hoe dit was toe daar vog volop water was en hoe julle mettertyd moes aanpassings maak om uit te kom met al hoe minder water per persoon.

Komaan! Ek het nou vir jou baie idees gegee. Gaan skryf jou opstel. Ek is seker jy het nou sommer nog baie meer idees in jou kop waaroor jy kan skryf. Ek weet jy kan! Geniet dit net.

Groetnis

Tannie Toortsie

Toortsie by Finesse: My geselskap

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Advertisements

8 thoughts on “Skryf ‘n opstel oor verandering

    1. Regtig. Dis hoekom ek probeer idees gee. Ek wil glo dat dit ‘n kind is wat die hulp soek en nie die ma nie, maar helaas!
      My vraag bly altyd: As die ma die wetk doen, wanneer gaan die kind leer om dit te doen?
      My geootste probkeem was altyd: Waaroor moet ek skryf? Dalk is my raad glad nie volgens die roglyne nie, dalk help dit nie eers nie, maar as ek net dalkies een kind kan stimuleer om sy eie opstel te skryf met ‘n idee wat dalk ontstaan as gevolg van hierdie bloginskrywing, is dit die moeite werd. As dit een is wat ‘n opstel soek wat hy net so kan afskryf, gaan hy hier teleurgestel word.

      Liked by 1 person

      1. Welgedaan Ek hou vn hoe jy dink.

        Hehehehe Ek het altyd vir die kinders gesê dat as jou ma die opstel/taak wil skryf laat sy dit doen. Mens moet leer om jou hulpbronne goed te bestuur, maar weet net in die eksamen is jou hulpbr5on nie daar nie. Die probleem lê by die ma’s. Hulle vertrou nie hulle kinders nie.

        Like

        1. Ek vermoed ook die ma is oorbeskermend en leer nie die kinders ordentlike grense nie. Nou moet hulle die hele tyd helikopter oor die kinders omdat hulle hulle eie opvoeding nie vertrou nie, en dit sluit weer by jou aan, die vertroue.
          Ek was in die koshuis, so ek het nie die voorreg gehad dat my ma my opstelle kon skryf nie. Sy het wel een keer vir my ‘n Engelse brief geskryf in standerd 4. Die onderwyser het vir my gesê dat ek vir my ma moet sê sy skryf uitstekend. Ek het die boodskap hard en duidelik gekry!

          Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s