Dis nou jóú Beurt!
Die Goue Vroue is ‘n handjievol Suid-Afrikaanse vroue – oud en jonk – wat lief is vir skryf. Ons is geanker in die werklikheid maar spoor mekaar met bloguitdagings aan om te fantaseer. “The Talking Stick” dien in hierdie geval as inspirasie tot wonderbaarlike stories…elke Goue Vrou kry haar beurt. Hierdie rondte pak ons in alfabetiese volgorde aan.
Dit werk so: as jy die praatstok vashou is dit jóú beurt! Jy praat en die ander moet luister sonder om jou in die rede te val. As jy klaar is met jou storie, gee jy die praatstok vir die volgende persoon aan. (Hierdie konsep is deur Stephen en Franklin Covey in hulle kursusse tot meer effektiwiteit benut om empatieke luister te bevorder).
Volg hierdie skakel as jy ons Goue Vroue se stories in volgorde wil lees:
https://fresh.inlinkz.com/party/fe16b378ba494670a41c59177986b352
Ja jaaaa, ek weet! DIT IS NOG NIE MY BEURT NIE! Maar my naam begin met ‘n M en weet julle waar trek ons nou? Steeds by C! En dit gaan stadig! En ons Goue Vroue sukkel om net een op ‘n slag te praat. Ons is gewoond aan almal gelyk praat. Aan ‘ons vertel die storie’. Nikse ge-een-een nie.
So hier sit ons op Rebusfontein op die groot dorpsmeent om die groot tafel en die praatstok word geskuif van die een na die ander en elkeen praat en praat en praat en voor ek my kom kry loop my gedagtes al op heelemal ander plekke wat dit nie moet nie en my gedagtes dwaal af en af en af en ek is lankal nie meer by die praatstok nie eintlik het ek al die praatstok heeltemal vergeet. En ek dink dat ek gou ‘n draaitjie moet loop, staan op …
… loop my draaitjie, wonder wat op Facebook aangaan en of iemand dalk vir my gewhattsapp het en kry skielik ‘n vreeslike soetlus en moet dan sommer NOU iets maak. Wat het ek in my huis? Roomkaas natuurlik. Ek begin meng en krap in die kombuis, skrik my byna boeglam toe Trommeltjies skielik agter my praat.
“Toortsie, waar is jy? Hulle soek jou, jong.” “Wie soek my?” “Die Goue Vroue soek jou. Jy het net skielik verdwyn.” “O, ek sal nou weer kom, maar ek wil ‘n tert maak, het jy nie dalk vir my brame nie?” “Ja, ek het nogal gevriesde brame.” “Sal jy vir my bring asb?”
Trommeltjies draai toe ook ‘n hele rukkie voor sy inkom, intussen het Seegogga ook kom soek, ewe met ‘n glasie rooiwyn in elke hand, een vir my en een vir haar. Trommeltjies kom terug met die brame, net toe Una ook daar inloer. “Wat gaan hier aan? Moet ons dan nie by die langtafel wees nie?” “Ja, ja, ons kom nou weer. Wil jy ook ‘n bietjie rooiwyn hê?” “Net ‘n glasie? Nee man, ek het ‘n krisis, gee vir my die bottel.” …
en dar wonder ek waarheen verdywn almal, en begin vreeslik hoes, vra verskoning om water te gaan drink en vind al die ander in die kombuis. Wat!!!!! Drink julle rooiwyn sonder my? Ag nee, girls. Ek dog ons is pêlle….toe gooi Trommels gou vir my ook n glasie voor Toorts alles in die tert induiwel…..mmmmm…sag op die tong.
LikeLiked by 2 people
Sug van behaaglikheid.
LikeLiked by 1 person
Ek het geweet jy gaan nie te lank kan stilsit nie, WoordNoot!🤭😉
LikeLiked by 1 person
Nope…nie as my 6e sintuig met my praat nie
LikeLike
Oooooeeeeeee, daai sintuig, daai is ń lekker een!
LikeLiked by 1 person
Dis reg, moenie daai sintuig ignoreer nie, ook nie die sewende en agste een nie!
LikeLike
Nevva…hoe ken julle my??
LikeLiked by 1 person
Toortsie,dis reg do,warm solank op😆
LikeLiked by 2 people
Jajaaa ons kom terug. Frannie is volllllgggggennnde. Ekskuus, dite rooiwyn …
LikeLike
kan ek vir jou ‘n glasie rooiwyn inskink?
LikeLike
Ja,dankie.Ek verkies rooi.
LikeLiked by 1 person
Goeddddd 🙂
LikeLike
Sy is klaar witwarm, Letty-Ann, ons sal haar moet dophou of sy ontvoer sommer die praatstok…
LikeLike
Jajaaa, hulle sal dit in veilige bewaring moet plaas!
LikeLike
Klink my onse Toortsie is aangeklam,ja😄
LikeLiked by 1 person
Haai? Aangeklam? Waarvan praaaaat jy?
LikeLike
Spelling!
LikeLike
Oeps
LikeLike
Onthou, dis einde van die maand, sy kry “pay.”
LikeLike
Jaja! Payday! Al manier om deur payday te kom is met ‘n glasie rooiwyn …
LikeLike
Sien, ek ken Kapenaars. Hier by ons is payday al die 26ste, so ons is “on a roll…”
LikeLiked by 1 person
Ja, dit is mos iets om te vier!
LikeLike
😄😃🤣
LikeLiked by 1 person
#so
LikeLiked by 1 person
Ons is gewoond aal gelyk praat… Daar slaan jy nou die spyker op sy kop, Toortsie.
LikeLike
Ja, ek weet, stilbly is moeilik. Stilsit ook. My rug raak seer so van stilsit en stilbly.
LikeLike
Komorbiditeit. Sien, ek kèn groot woorde.
LikeLike
Genade Una! Versluk ek my nou amper! Wat beteken daardie Kommerwoord?
LikeLike
Comorbidities. Spelling??? Dis as mens ń kroniese siekte het en jy ń gevaar is, of inhou.
LikeLike
Ja, en ek IS ‘n gevaar … veral nou
LikeLike
I rest my case, your honor.
LikeLike
Nee, nee! Una! Wag! Moenie jou vlag sommer so laat sak nie!
LikeLike
Aandag! Reg so!
LikeLiked by 1 person
Ditsem!
LikeLike
Ek is nou so getert en gewyn, weet nie meer waar die praatstok is nie, dalk in die dam?
LikeLiked by 1 person
Hy is tussen jou en Frannie. Veronderstel om te wees.
LikeLike