Ja, uiteindelik! My skryfwerk aan Toortsie 3, is dit nie? is sowaar K L A A R !!! Genade, ja genadetjie ons! Weet julle dat die resepte al in O K T O B E R verlede jaar klaar was en dat die foto’s op 26 Oktober 2020 reeds klaar geneem was? Ek moes nog net so twee of drie van die reseppies weer toets om seker te maak dat dit reg is. En dan moes ek die voorwoord skryf …
Maar toe gebeur die lewe. En ek was oorbesig. Heeltemal te besig. En daar het baie dingetjies gebeur wat my aandag geverg het, dingetjies wat eers moes klaar kry. En dan was die lus ook sekerlik nie altyd daar nie. Op die ou end was daar letterlik ‘n dag se werk oor.
So dames en here, so tussendeur my totale gekuier en geklets by die magiese Rebusfontein vandag, ‘n mens sou sweer ek het miljoene woorde present gekry wat net vandag moes gebeur … het ek die werk voltooi.
So Toortsie 3, is dit nie? is nou gestuur na die proefleser, die foto’s en inhoudsopgawe is by Joe-Marie wat die uiteensetting van die boek gaan doen en dan moet ek dit natuurlik nog ‘n honderd keer deurgaan voordat dit na die drukkers gaan …
Ons is daar!

Toortsie
Ai so jy het al die resepte al getoets? Proesessies is finaal verby. Is jy seker? Ek is baie bereid om te help proe as jy dalk nog hulp nodig het, né. Jy weet mos ek is baie gewillig om te help sidat jy kan klaarkry….
LikeLiked by 1 person
Ja, maar ons kan gerus nig ‘n proesessie inwerk …
LikeLiked by 1 person
Onse Toortsie op haar beste! Baie geluk, dis nog ń groot oorwinning!
LikeLiked by 1 person
Dankie. So ‘n ding wat net nie klaar kom nie lan ‘n mens mos geweldig moeg maak.
LikeLike
Jy het toe jou klaar maak kok hoed opgesit en dit gedoen. Ek hou van die kok mus. Dis bevordering want jy is n gekwalifieserde kok nou na dtie boeke.
LikeLiked by 1 person
Ek is sooo bang die kokkevereniging kom gooi my in die tronk! 🙈
LikeLike
O Grieta, nee man jy moenie so praat nie. Hoekom sal hul dit wil doen? Jy plaas mos getoetste resepte in jou boek.
LikeLiked by 1 person
Jong, mens weet nooit! 😁
LikeLike
Veels geluk, Toortsie!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. Nog so ‘n entjie om te gaan.
LikeLike
Baie geluk Toortsie!! Staatmaker.
LikeLike
Baie dankie ❤️
LikeLike
Welgedaan Toorts.
LikeLiked by 1 person
Dankie Appeltjie, groot werk lê nog voor, maar ons is ver heen. Editing amper klaar en dan Joh-Mari wat so vinnig en mooi werk.
LikeLike