Op skool was dit al vir my ‘n groot uitdaging: Wat sal ek kies? Waaroor sal ek mondeling praat? Waaroor sal my opstel gaan? Wat moet ek skryf? Wat moet ek sê?
Ons moes oor iets Engelse mondeling praat, ek weet nie wat die opdrag was nie. Dalk enige keuse. Berge val op my! Enige iets! Ai jai jai, dis soos om vir my diep in die oseaan te gooi en te sê ek moet huis toe swem en ek kan nie swem nie! Ja, ek kan ‘n paar treetjies hondjie swem. En ek kan op my rug dryf. Maar rug dryf maak dat ek nie kan klipswem nie, betekende, gloep-gloep-gloep sommer sink nie. Want om te sink beteken dat ek my kop onder die water moet laat gaan en ek sterf eerder as om dít te doen. Om my gesig nat te laat raak. EN MOENIE AAN MY RAAK TERWYL EK DAAR IN DIE OSEAAN IS NIE EK GAAN VERDRINK!
So, die mondeling. Meneer het ‘n klomp Reader’s Digests daar neergesit, ons moes daarin blaai vir idees. Dit klink my die mondeling moes darem soortvan sin maak. Ek gryp ‘n Reader’s Digest en kry my onderwerp, of die een wat ek dink dalk kan werk: Nuclear war. Genade! NUCLEAR WAR? Ek het nie eers geweet waaroor dit gaan nie. Ek kon nooit regtig verstaan waaroor dit gaan nie. Vandag nog nie, want dit is regtig nie my belangstelling nie. Ek lees nou so ‘n ruk terug ‘n storie dat daar in daardie dae toe, is dit die die atoombom in Hiroshima afgegaan het, daar ‘n foto op die voorblad was van al wat koerant was van ‘n dogtertjie wat sonder klere vlug. Sou die skok van die bom haar klere afgeruk het? En van die Amerikaner wat by ‘n geleentheid verskoning gevra het omdat hy die een was wat die bom se knoppie gedruk het. En veral vir daardie dogtertjie. Toe sit sy, natuurlik toe al volwasse, in die gehoor en aanvaar sy verskoning. Sou dit toevallig wees? Of was dit ‘n funksie vir mense wat deur daardie ontploffing geraak was? Is dit ooit waar? Maar ja, die mondeling. Ek hét daaroor gepraat, wat anders moes ek dan nou kies? Daar was nie eintlik ander, beter stories om van te kies nie? Mnr van Zyl, dalk eerder mnr Silvis, het daarná gesê dat ek eerder iets moet kies waarin ek belangstel. Die inspekteur wat my moes kom keur vir ‘n onderwysbeurs het dieselfde opinie gehad. Wel, my Engels was te vrot om te weet of my mondeling vrot was en of ek duidelik nie geweet het wat ek praat nie. Swem, Toortsie, swem! Hondjie, rugdryf, enige ding, swem net!
Hierdie gekleurde swartwerk wat ek wil doen. Dis seker nie moet nie, want ek doen dit mos uit eie keuse. Ek kan mos nie op daardie geweldige duur lap, julle wil nie weet wat dit per meter kos nie, met duur gare, iets maak wat lelik is nie! En regtig, nadat ek skoonseun se baadjie klaar aangetrek het, was dit nie mooi nie. En sy hare het ek al twee keer uitgetrek! Ek kry so ‘n vreemde smakie in my mond.
So, ek is besig om al die werk wat ek verlede week gedoen het, en dit was nogal baie ure se werk, uit te trek. En ek hoop nie die dik gare het die lap te veel beskadig nie, want ek wil dit weer gebruik. En môre vat ek ‘n strykyster om die prent dood te stryk. Nie vandag nie, ek doen nie naaldwerk op ‘n Sondag nie. Moet sê, ek doen baie ánder goed op ‘n Sondag. Ek hét ‘n nuwe prentjie gekry. Eintlik het ‘n blad met omtrent ‘n honderd of meer skapies my aandag getrek. Dink net, elkeen van daardie skapies in ‘n ander kleur en invulsteek. Ja, toemaar, ek sal nie. Maar ‘n ou pers en pienk en oranje en groen skapie. Okay! EK SAL NIE! Ek het ‘n prentjie gekry. Van ‘n vroutjie en skapies en die son. Nou moet ek kleure kies.
Swem, Toortsie, Swem! Die see is diep, die golwe hoog. Die haaie swem al klaar al in die rondte. Dalk is dit beter as hulle vinnig hap en klaarkry!
Toortsie
Terwyl die haaie nou reeds daar is … ‘n pienk, pers, blou, oranje en groen skapie kan mos regtig nie só verkeerd wees nie? Of hoe?


Blommetjie is psichedelic ingekleur en almal dink sy is pragtig.
LikeLiked by 1 person
Oeeeee Appeltjie, jy praat so na my hart, ek swem sommer tien treë regte rugslag al spat daar dan water op my gesig!
LikeLike
Nou het jy daardie bedluit wat jy moet neem darem van ver af ingetrek na die hede. Daardie mondeling was ook my dood. Ek het probeer om nooit vir kinders die opdrag te gee van enigeiets nie. Dis die moeilikste om iets te kry. Daardie vroutjie en haar skapies is baie oulik. So n kleurtjie vir skapies sal seker nie afbreuk maak aan sogenaamde ‘ swart wit’ werk nie.
LikeLiked by 1 person
Dit moet dan nou gekleurde swartwerk wees! 😁
LikeLike
Haha, netso.
LikeLiked by 1 person
Ek dink ‘n paar gekleurde skape sal mooi lyk 🙂
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy ook so dink! 😁 die vroutjie kan haar gedra. Die skapies mag hulle geniet.
LikeLike
Toortsie, jou skapies kan ‘n wenner wees!
LikeLiked by 1 person
Ou liewe Goue Amigo. 😁❤️
LikeLike
🏆
LikeLike
Bedoel jy die hele blad vol skapies? 😁
LikeLike
Ja.
LikeLiked by 1 person
Jaaaa … jy ken my te goed!
LikeLike
Dalkvkom daar weer eendag skeppende borduurwerk of so iets wat ‘n mens met ander borduursteke kan doen. Swartwerk gaan te stadig.
LikeLike
Ook so.
LikeLiked by 1 person
So hier en daar ń gekleurde enetjie, ek sou daarvoor gaan.
LikeLiked by 1 person
😁🥂
LikeLike
In Emma se inkleurboek maak ons reënboog prente, want dis ń inkleurboek en niks hoef rerig te wees nie. Jou lap is joune en jy mag reënboog skapies maak, wznt dis nie rerig nie.
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLike
Ek hou al hoe meer van hierdie idee van jou. Amer het die droomgryper my kleurvolle droom gesteel. Gelukkig het ek betyds wakker geword en kon ek my droom red. 🙂
LikeLike
Mooi!
LikeLike