Iemand het hieroor by my navraag gedoen omdat kunsmatige versoeters eintlik glad nie goed is vir ‘n mens nie. Hierdie is die inligting wat ek kon opspoor:
The Real Meal Revolution deur Prof Tim Niakes sê dat suiker-alkohol soos Stevia die mees aanbevole is, maar dat die suiker-alkohols Xylitol en Erithritol ook baie goed is. Xylitol is egter baie duur en dit voel deesdae vir my of Erithritol nie baie goedkoper is nie. Kunsmatige versoeters soos Sukralose, Acusulfame K, cyclamates en saggarien is egter baie nadelig vir die liggaam en veral die brein en dat hulle eerder gewigsgroei as gewigsverlies bevorder. Die suiker-alkohols kan wel jou maag ietwat omdolwe as jy skielik baie daarvan gebruik.
Hierdie insiggewende inskrywing by Healthline sê dat Xylitol in klein hoeveelhede te kry is in baie vrugte en groente en daar om as ‘natuurlik’ geklassifiseer word en dat mense dit selfs in klein hoeveelhede produseer deur normale metabolisme. Dit kan vervaardig word uit bome, soos die berkeboom en ook van plantmateriaal wat xylan genoem word. Suikeralkohol is wel ‘n koolhidraat, maar die verhoog nie bloedsuikervlakke nie en word nie as koolhidrate gereken nie. Xylitol bevat geen fruktose nie en beïnvloed ook nie insulienvlakke nie. Daar is dus geen skadelike effek soos wat suiker het nie.
Xhklitol se GI indeks, die meting waarvolgens kosse die bloedsuiker beïnvloed, is slegs 7, teenoor 60 – 70 in suiker
Mense wat ly aan diabetes, pre-diabetes (waarvan ek een was), obesiteit en ander metaboliese siektes, kan xylitol gebruik as alternatief vir suiker.
Baie interessant is dat Xylitol selfs goed is vir jou tande. Te veel bakterië wat verantwoordelik is vir plaak, nl Streptococcus mutans, lei tot inflammasie in die tandvleise. Hierdie bakterië leef van die glukose in kos, iets wat nie in xylitol teenwoordig is nie. Alhoewel die bakterië wel die xylitol inneem, sterf hulle omdat daar geen voedingswaarde vir hulle in is nie. Dus, kougom met xylitol in, is goed vir mondhigiëne, volgens hierdie artikel in Healthline. In ‘n studie wat gedoen is, is bevind dat goeie bakteriëvlakke in die mond wel konstant gebly het en slegs die slegte bakterië gesterf het.
Die gebruik van xylitol verhoog ook die absorpsie van kalsium, iets wat ons nodig het om osteoporose te beveg. Interessant is dat xylitol blykbaar ook selfs bakterië wat oorinfeksies veroorsaak kan beveg omdat die mond, neus en ore almal verbind is aan mekaar.
Verder, volgens hierdie artikel, word selfs Candida beveg by die gebruik van xylitol. Dit kan ek egter nie belowe nie, ek haal maar net die artikel aan. Volgens hierdie artikel is die langtermyn gebruik van xylitol veilig. In ‘n artikel deur WebMD raai hulle egter swanger en borsvoedende vroue af om xylitol te gebruik omdat daar nog nie genoeg toetse gedoen is op swanger en borsvoedende vroue gedoen is om te bevestig dat dit wel veilig is nie.
As ek die ding so bekyk, is die enigste probleem met xylitol dat dit duur is en dat te veel daarvan vir jou diaree kan gee. Ek gebruik xylitol in my kos omdat, toe ek amper sewe jaar gelede begin Bant het, dit die enigste was wat ek in die hande kon kry. Intussen sien ek Stevia en Erithritol op die winkelrakke, maar omdat al my resepte uitgewerk is vir xylitol en die hoeveelheid van die ander twee produkte verskillend is vir dieselfde soetheid, hou ek daarby. Ek moet egter bieg dat ek Coke Lite drink wat suiwer gif, naamlik Aspartame, bevat. En as ek ‘n tert maak met dieetjellie, is daar ook Aspartame in. Ek gooi nie xylitol in my tee nie, dus dink ek regtig nie dat ek te veel daarvan inkry nie.
Heuning is ook ‘n alternatief, alhoewel dit eintlik maar suiker is. Ongelukkig mag ‘n mens slegs 1 teelepel heuning per dag eet en dan is dit die volle kwota op die oranjelys wat meebring dat ek dan geen vrugte of selfs nie ‘n geelwortel mag eet nie. Dit is dus vir my te ‘duur’, want ek hou van my een vrug per dag.
Xylitol is egter baie gevaarlik vir honde, omdat honde dit as glukose verwerk en dan te veel insulien afskei. Ek het altyd verstaan dat ‘n hond 100 g per kilogram liggaamsgewig veilig kan inneem, maar dit is wel 0,1 g per kilogram. Wees dus ekstra versigtig dat honde veral nie skoon xylitol inneem nie en neem hulle onmiddellik na die veearts as dit sou gebeur.
Groete
Toortsie
Ek het eendag Stevia ingekry maar daardie bitter nasmaak het my amper naar gemaak. Dit het lank gevat vir daai nasmaak om uit my mond te kom
LikeLiked by 1 person
Ek het dit nog nooit geproe nie. Lyk my dis ‘n genade. 😁
LikeLike
Dankie hiervoor! Ek loop juis die laaste paar dae en wonder oor Xilotol. (Maar ek google dit toe nie! 😄) Ek kry so 1- 2 teelepels per dag in. Nie slegte nasmaak nie. Is dit nou gewoond.
LikeLiked by 1 person
Dit het regtig nie ‘n slegte nasmaak nie.
LikeLike
Dankie vir die inligting. Ek het toe ek begin het met verslanking suiker uitgesny en gebruik Stevia. Ek het gevind dit gee die minste of geen nasmaak nie. Is soos jy sê duur maar dis die moeite werd. Het eers sakkies gekoop maar nou koop ek n houer met los “suiker” waarvan jy net n klein amper knippie gebruik per koppie tee.
LikeLiked by 1 person
Ek ken nie Stevia nie.
LikeLike
Ek het toevallig daarop afgekom. Dis ook net een kettingwinkel wat dit het en ook nie altyd nie. Ek het almal eers getoets voorat ek besluit het dat dit die beste proe. Ek hou daarvan in my tee so dis belangrik vir my.
LikeLiked by 1 person
Ons Checkers het dit nou, maar ek hou maar nou asn met Xylitol oor dit in my resepte is.
LikeLike
Dis logies om dit aan te hou omdat dit in boeke is. Met herdruk kan jy dit dalk net byvoeg as dit is.
LikeLike
Ek weet nie die hoeveelhede nie so eksal dit eerder los. 😁
LikeLiked by 1 person
Baie insiggewende artikel, ek gebruik ook Xylitol in resepte.
LikeLiked by 1 person