Die opdrag: Maak ‘n swartwerkprent in kleur. My maters kies die mooiste prente: ‘n landskap, ‘n gesig. Ek? Nee, ek haak vas by ‘n spotprent wat my seun van sy sus en haar man geteken het! Die reaksies wissel van skok na afgryse. En soms selfs reguit, lelike opmerkings. Ek bly soek en soek na prent op die internet, maar keer op keer roep die eerste ou prentjie my.

My dogter beklemtoon dat die mooi van die prentjie in sy kleur lê, presies wat ek wil hoor. Kleur! En die uitdaging was juis: kyk wat jy met kleur kan doen. Ek trek ‘n paar strepe by en maak van die prentjie ‘n stukkie kinderkuns. Die borduurwerk begin. Ek geniet elke steek. In die helderste van kleure.
Intussen gesels ek ernstig met my Here. Wat ek hier aan die doen is, is sekerlik nie wat die uitdagers in gedagte het nie. Dalk hou ek nie eers daarvan as dit klaar is nie? Ek kom tot die slotsom:
Dalk hou niemand daarvan nie. Dis okay. Dalk hou ek en Martjie ook nie daarvan as dit klaar is nie. Dis ook okay. Dalk gebruik ek nie die lap vir enige iets as ek klaar is nie. Ook okay. 😁 Maar ek is in ‘n proses van menslike mure om my af te breek. En die proses van skep en loskom te geniet. En 40 nuwe swartwerksteke te oefen en te bemeester. En elke oomblik daarvan te geniet.
Want vir te lank kon ek nie noodwendig iets doen sommer vir die genot daarvan nie omdat ek die pot aan die kook moes help hou en my kinders groot kry en en en. So dis sommer deel van my vrywording en ontdekkingsreis en om God op die ou end net beter te kan dien sonder grense wat my bind of met afgekapte vlerke.
So ek gaan beslis hou by die swartwerk reëls en die reëls van die kompetisie, maar verder gaan ek mal gaan. 😁 Vir al wat jy weet het ek volgende jaar ‘n superbont swartwerk afdroogdoek. Of nie. Who knows? 😝 Dalk geraam of in ‘n skinkbord.
Tot dan lê daar ‘n opwindende ontdekkingstog voor wat ek voluit gaan geniet! En wie weet, dalk dien my superbont lap dalk vir iemand anders die inspirasie om ook buite die boks te waag.
Toortsie
Jy sal moet wys wanneer jy kan en mag, want van swartwerk weet ek minder as niks 😚. Geniet die reis!
LikeLiked by 1 person
Ek sal so maak. Dis heerlik verby!
LikeLike
Die uitdaging lê in die uitwerk van elke patroontjie, die pad wat jy moet borduur. Jy moet altyd dieselfde ritme gebruik.
LikeLike
Good for you, Toortsie. It takes courage – and patience – to break free, but the effort is worth it in the end 🙂
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ek glo dat ek een of ander tyd genoeg sal hê van die wegbreekaksie en dat ek dit wat ek geleer het in die proses ten goede gaan aanwend. Hierdie proses kom darem al aan vandag ek 45 was. 😁 Dit is maar net dat dit al hoe neer duidelik word in my aksies en die ‘rulers’ in die lewe nie daarvan hou nie. 😁
LikeLiked by 1 person
Ek het jou stuk eergister al gelees. Nou moes ek eers weer lees wat jy als se. Dis vreemd om swart wit werk met kleur te doen. Verstaan nie regtig nie. My gedagtes is bietjie traag. Solank jy dit geniet gaan alles reg wees.
LikeLiked by 1 person
Het van plan verander en het ‘n ander prentjie gekry. Dis swartwerk met swartwerk tegnieke en steke, maar gebruik gekleurde gare.
LikeLike
Dit klink of dit kan werk. So dis eintlik bontwerk.
LikeLiked by 1 person
Ja, maar die tegniek wat jy gebruik is soos in Swartwerk, al gebruik jy kleur.
LikeLike
Ek sien, dis nogal n manier.
LikeLiked by 1 person
Hou ons op hoogte op die groepie met n foto dan en wan
LikeLiked by 1 person
Het nou heeltemal van plan verander. 🙈
LikeLike
So ken ons jou😁
LikeLike
Ek is nou so verward, op die ou end doen ek sommer niks!
LikeLike
Ek hou van die waag in jou. Al verander jy hoeveel keer
LikeLiked by 1 person
Vervolg…van besluit. Geniet die proses en die vrywording. En geniet veral wat jy leer.
LikeLiked by 1 person
Dankie. Jong, my waag is soms groter as ek! 🙈
LikeLike
Go Toortsie go!…..
LikeLiked by 1 person
Wagwag! 😁 Ek het van plan verander. 😁
LikeLike
🙄so wat is nuut??😅
LikeLiked by 1 person
Kyk die volgende blog. 🙂 Soos wat ek gewerk het, hoe leliker het dit geraak. Ek het sommer ‘n hele nuwe prent gekies.
LikeLike
Ek vang nou eers die oë wat so rol. Tsk.
LikeLike
Toe maar…dis ons Toortsie daai..never a dull moment met haar!!😙
LikeLiked by 1 person
Ai man! So cheer jy nog al die pad en ou Toortsie het al weer van rogting verander. 🙈 sorrie!
LikeLike