Superbont swartwerk

Die opdrag: Maak ‘n swartwerkprent in kleur. My maters kies die mooiste prente: ‘n landskap, ‘n gesig. Ek? Nee, ek haak vas by ‘n spotprent wat my seun van sy sus en haar man geteken het! Die reaksies wissel van skok na afgryse. En soms selfs reguit, lelike opmerkings. Ek bly soek en soek na prent op die internet, maar keer op keer roep die eerste ou prentjie my.

My dogter beklemtoon dat die mooi van die prentjie in sy kleur lê, presies wat ek wil hoor. Kleur! En die uitdaging was juis: kyk wat jy met kleur kan doen. Ek trek ‘n paar strepe by en maak van die prentjie ‘n stukkie kinderkuns. Die borduurwerk begin. Ek geniet elke steek. In die helderste van kleure.

Intussen gesels ek ernstig met my Here. Wat ek hier aan die doen is, is sekerlik nie wat die uitdagers in gedagte het nie. Dalk hou ek nie eers daarvan as dit klaar is nie? Ek kom tot die slotsom:

Dalk hou niemand daarvan nie. Dis okay. Dalk hou ek en Martjie ook nie daarvan as dit klaar is nie. Dis ook okay. Dalk gebruik ek nie die lap vir enige iets as ek klaar is nie. Ook okay. 😁 Maar ek is in ‘n proses van menslike mure om my af te breek. En die proses van skep en loskom te geniet. En 40 nuwe swartwerksteke te oefen en te bemeester. En elke oomblik daarvan te geniet.
Want vir te lank kon ek nie noodwendig iets doen sommer vir die genot daarvan nie omdat ek die pot aan die kook moes help hou en my kinders groot kry en en en. So dis sommer deel van my vrywording en ontdekkingsreis en om God op die ou end net beter te kan dien sonder grense wat my bind of met afgekapte vlerke.

So ek gaan beslis hou by die swartwerk reëls en die reëls van die kompetisie, maar verder gaan ek mal gaan. 😁 Vir al wat jy weet het ek volgende jaar ‘n superbont swartwerk afdroogdoek. Of nie. Who knows? 😝 Dalk geraam of in ‘n skinkbord.

Tot dan lê daar ‘n opwindende ontdekkingstog voor wat ek voluit gaan geniet! En wie weet, dalk dien my superbont lap dalk vir iemand anders die inspirasie om ook buite die boks te waag.

Toortsie

24 thoughts on “Superbont swartwerk

    1. Dankie. Ek glo dat ek een of ander tyd genoeg sal hê van die wegbreekaksie en dat ek dit wat ek geleer het in die proses ten goede gaan aanwend. Hierdie proses kom darem al aan vandag ek 45 was. 😁 Dit is maar net dat dit al hoe neer duidelik word in my aksies en die ‘rulers’ in die lewe nie daarvan hou nie. 😁

      Liked by 1 person

Laat 'n boodskap na Anne Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s