Hierdie naamsoekery vir my Rebusfonteinhuisie is nou vir jou ‘n storie, hoor. Eers het ek gedink om dit Present te noem, want dis mos my presenthuisie. Dis egter dieselfde naam as my presenthuis by die huis en het so ‘n groot betekenis.
Op Rebusfontein is ons laf. Plesierig. Mal somtyds. Verloor ons kop. Doen ons alles waarvoor ons in die gewone lewe nie kans sien nie. Gee ons ons verbeelding vrye teuels.
Daarom is my huisie se naam: Plesierig. Sodat ek kan sê: “Kom ons gaan ‘n bietjie na Plesierig toe.”

Dit pas by my rooi deur en die bak rooi malvas en my Bali-eend.
Seegogga het die dag van ons lieflike ontbyt ons uitgedaag om ons swemklere te kom wys. Ons het mos daar in die dam baljaar. Ek koop egter al jare lank nie meer swemklere nie. Want ek swem nie eintlik meer nie. Eintlik glad nie. Dan koop ek ‘n nuwe swembroek te duurste en die dag wat ek die moed het om see toe te gaan, is hy al verouder, te klein, totaal uit die mode, is my bobene te dik, wys dit ‘n maag, is ek spierwit omdat ek nie gewoonlik in die son bak nie. Gelukkig kon ek darem tussen my ma se goeters ‘n ou swembroek van haar raakloop. Ek glo dit sal die ding doen, of hoe?

Ek het ook inderhaas by Takealot vir my ‘n opblaasmatras en tjoepie bestel. Ek kon nêrens opblaasarmpies kry nie. Het een van julle nie dalk vir my so iets nie?

Nou toe! Laat ons plesierig raak op Rebusfontein. Ons is weer behoorlik besig om nes te skrop daar.
Toortsie
Volg al die Towerinne se skrywes op Inlinkz: https://fresh.inlinkz.com/party/942da9e9f0524c6b982439c66cceced1?visitor3
Lief daai swembroek! Hmm, het ek dit misgelees? Dat mens foto moet deel?
LikeLiked by 1 person
Seegogga het dit terloops genoem. Dis nog glad nie te laat nie. Ek sal nou die skakels bysit.
LikeLiked by 1 person
O jitte, ek sal moet lees en doen.
LikeLike
Ek vermoed sy het dit dalk nie so bedoel nie! 🙂
LikeLiked by 1 person
Hmmm, maar ek vind dat jy altyd mooi raaklees …
LikeLiked by 1 person
Ook nie altyd nie. ☺️
LikeLiked by 1 person
Ek het ook jare terug vir ń rukkie so ń pikante swembroekie gedra, maar dit het bly afsak.😉
LikeLiked by 1 person
Afsak!? Wat vertel jy my nou!
LikeLike
ek koop al vir ‘n paar jaar die mooiste swembroekrokkies. Dit voel net meer vroulik en meer passend by my ouderdom. En my idee van swem is lê en dryf met my boogiebord in die water of met my nuwe swart binnebandjie. Ek glo aan herwinning. Maar daai armpies vir dryf, jammer Toorts, my kleinkinders het dit in die hande gekry.
LikeLiked by 1 person
Ek dog ‘n mens kry dit glad nie meer nie.
LikeLike
die winkel met die “ons is dames” naam en die winkel vir groter vroue, (donna) het dit. sooo sweet.
LikeLiked by 1 person
Daai ons is dames winkel is darem maar oulik.
LikeLiked by 1 person
Ek het ‘n hele laai vol swembroeke as julle soek!
LikeLiked by 1 person
Dankie! Wys!
LikeLike
Gaan koop vir jou Barbie armpies by die speelgoedwinkel
LikeLiked by 1 person
Towerinne is plesierig dit kan julle glo,
Hulle hou van partytjie dan sing hulle so,
Rebus is ons tuiste ja!
Rebus is ons tuiste ja!
Niemand huil en niemand kla!
🎵🎶🎵🎶🎵🎶
(Op die deuntjie van Karen Zoid se ‘Afrikaners is plesierig’)
LikeLike
Jaaaa 👏🏻👏🏻👏🏻
LikeLiked by 1 person
Skoonsus het so maand of twee terug vir my “fotos” gewhats app van die uwe in ‘n kostuum met ‘n hemp van Homer oop bo oor. Ek het omtrent geskree van die lag. Maar nou ja, dit was lank terug en ver weg. 😉
LikeLiked by 1 person
Ek dink altyd aan jou foto met die klomp in kostuums. Jy moet daai ander foto ook wys! Dankie vir die inloer.
LikeLike
Daardie kostuum is pragtig! Enbdit sal nou ook pragtig wees. Maar by ons Struisbaai see stel ek voor jy werk skouerstreppies aan- vir veiligheid, jy weet?
Ernstig. Op ons ouderdom mort jy doen wat vir joy lekker is- houbop bekommer oor bobene arms en boepies en gaan baai in die water!
LikeLiked by 1 person
Ek kry te koud. En gril as die water oor my rug gaan.
LikeLike
Aapstert! Wag tot dit somer is!
LikeLiked by 1 person
Selfs dan.
LikeLike
Daardie swembroek is pragtig!
LikeLiked by 1 person
Dankie!
LikeLiked by 1 person