Die oggend toe ek oppad is na die eetsaal, stap ek verby een van die kelners. Sy het ‘n bak met ‘n vreemde groen vloeistof in. Ek vra haar wat dit is en sy sê dis ‘n Indiese blatjang.
Daardie oggend lyk dinge anders in die eetsaal. Dis nie net die normale ontbyt wat bedien word met pappe, vrugte en joghurt, roereier, worsies en spek en tamatie en komkommer nie. Ek moet sê, die hele tyd wat ons by daardie hotel was, het ek op gereelde basis Indiërs sien beweeg.
Daardie oggend is daar ‘n ander bedrywigheid. Daar word vreemde kosse neergesit by die buffet. In die hoek is ‘n Indiese sjef bedrywig.
Die volgende oomblik kom ‘n paar Indiese gaste die eetsaal binne. In plaas van die gewone kos te neem, versamel hulle by die Indiese sjef. Toe ek klaar geëet is, gaan staan ek by die sjef en vra of ek mag kyk wat hy doen.
‘n Afrikaanssprekende kelner kom tot my hulp en verduidelik wat hy maak. Van rysmeel het hy ‘n deeg gemaak wat hy op die warmplaat smeer soos ‘n pannekoek. Of soos ‘n ‘wrap’, wat word dit in Afrikaans genoem? Dit word gebak. Dan vul hy dit met ‘n vulsel wat bestaan uit aartappels en natuurlik kerrie en nog ‘n paar geheime bestanddele en toegedraai soos ‘n pannekoek of omelet.
Die kelner beveel dadelik aan dat ek een moet eet, met kaas op, sê hy. Nee dankie, ek is reeds so versadig, antwoord ek vriendelik.
Terwyl ek daar staan, kom die vriendelike Indiër na die ander by my verby en groet vriendelik. Die een man begin met my praat, in goeie Engels. Vertel dat die gereg, waarvan ek die naam nie ken nie, tipies is aan die suide van Indië. Hy praat met sy hart. Ek sien die trots en die liefde vir die kos en sy land.
En ek sien die vriendelikheid en aanvaarding oor grense heen. Die opgewondenheid dat ‘n gewone Suid-Afrikaanse vrou belangstel in hulle kos.
En as nagedagte wil ek sê dat ek bly is ek was reeds versadig, want ek en sterk kosse werk nie goed saam nie en hulle sou mos kyk wat my reaksie is. Ná twee happies sou ek nie verder kon eet nie en ek sou mos nie hulle in die gesig wou vat nie. En dan weet ek nie wat hierdie Bantinglyf sou maak met ‘n ryspannekoek, gevul met aartappels nie? Maar dit hoef hulle mos nie te weet nie.
Want ek het opreg belang gestel.
Toortsie
Dink nie ek sou gewaag het om te proe nie. Indiese geregte te warm na my smaak. Maar dankie… jy het my nou honger 😏
LikeLiked by 1 person
Oeeee, dit kon net lekker geswees het, Toortsie! Ryspannekoek! Ons eet dit ook altyd in Bali.
LikeLiked by 1 person
So jy ken dit!😁
LikeLike
Ek love hulle kos maar ja dit kan sjoe sjoe wees
LikeLiked by 1 person
Water my mond nou!
LikeLike
🙈
LikeLiked by 1 person
Hierdie laat my terugdink aan die tyd toe ek n Indiese hoof en sy vrou leer ken het. Ons het oor en weer gedagtes uitgeruuil. Sy het vir my vertel hoe hul in Indie leef en ek het haar gewys hou ons in SA leef. Wonderlike oomblikke gewees. Hul het my selfs uitgenooi om eendag by hul in Indie te kom kuier en dit net omdat ek hul met oop hande en hart in my huis ontvang het.
LikeLiked by 1 person
Hoe mooi!
LikeLike
Jy het my nou geispireer om dit neer te skryf en dalk eendag te gebruik om te plaas.
LikeLike
Doen dit gerus. 😁
LikeLike
Het neergeskryf maar nog nie deurgelees en verbeter. Hier is dit maar onstuimig met die virus storie.
LikeLiked by 1 person
Klink heerlik, Toortsie, ek sou ook nie kon probeer nie.
LikeLiked by 1 person
Te skerp?
LikeLike
Ek wip my op die plek as my mond brand.
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLiked by 1 person