Plastiekoorlog

Op een of ander whattsappgroepie het iemand hierdie geplaas:

Internasionale suksesse met die uitfaseer van PLASTIEK:
“Major retailers around the world, such as Iceland Foods, a British supermarket chain, are committing to eliminate the use of plastic packaging completely. Iceland supermarkets has become the first major retailer to commit to eliminate plastic packaging for all own brand products by the end of 2023 to help end the “scourge” of plastic pollution. The retailer said it would be replacing plastic with packaging including paper and pulp trays and paper bags which would be recyclable through domestic waste collections or in-store recycling facilities.
In addition, governments can drive the multitude of interdependent solutions by improving infrastructure and waste management while also encouraging investment in upstream solutions like improved recycling technology, alternative bio-benign materials, and development of product and systems designs that generate less waste.
For instance, the European Commission’s Plastics Strategy, which was unveiled in January 2018, says that by 2030, all plastic packaging on the EU market will be recyclable, while the consumption of single-use plastics will be reduced and the intentional use of microplastics will be restricted.”

Dit klink fantasties! As ek na my weeklikse vullisdrom kyk, staan ek keer op keer verstom oor hoeveel plastiek ek steeds gebruik, selfs al konsentreer ek daarop om minder plastiek te gebruik. Goed, daar is darrm nie meer plastieksakke in nie, maar nog steeds koop ek maar goed wat in plastiek verpak is.

Toe ek hierdie stukkie hierbo lees, kon ek nie anders as om te dink hoe kruidenierswate verpak was in my kinderdae nie. Dis seker omdat ek nou in die argiewe van my brein rondkrap dat ek sulke goed onthou.

Dag vir dag gooi winkels vragte bokse weg, hoekom kan dit nie gebruik word vir die klant nie? Dis ‘n klomp verpakkingsmateriaal wat dan nie onnodig verbruik word nie. Alles gaan so oor hersirkulasie, hersirkuleer ‘n bietjie die bokse ook as die klant daarvoor te vinde is.

Winkels het die bokse waarin hulle voorraad kom, gebruik om die klante se produkte in te verpak. Dit is seker ‘n bietjie moeiliker om so iets in ‘n groot supermark te doen waar alles vinnig gaan as in Ouplaas se winkel waar klante een-een bedien was, maar ek is seker dat as ‘n mens jou kop ‘n bietjie laat gaan hieroor, daar praktiese maniere sal wees om dit toe te pas.

Wat maak die klant dan weer met die leë boks? Hy kan dit dan maar weggooi, net soos wat die winkel dit sou weggooi. Of, hy kan dit gebruik hoe hy wil, of selfs vir die winkel terugbring vir nóg ‘n keer se gebruik as die aanvraag na bokse groot genoeg raak.

Die plan klink nou dalk vergesog en onuitvoerbaar, maar ek dink dit kan tóg werk. Dit het dan 40 jaar gelede goed gewerk, hoekom nie nou meer nie?

Toortsie

4 thoughts on “Plastiekoorlog

  1. Die kleiner winkels hier by ons gee nog kartondose om goed in te pak. Ek weet nie of die groter winkels die nodige stoorplek het vir al die bokse wat hulle gaan benodig nie. Ons gebruik in elk geval deesdae sterk inkopiesakke (myne is al twee jaar oud). Dis die plastic wrapping om die groentes, vrugte, brood, ens. wat nog ‘n probleem is.

    Liked by 1 person

    1. Ja die verpakking van groente is ‘n groot probleem. Ek weet ook nie van die groot winkels nie, maar as hulle die bokse so vinnig as moontlik uitgee ipv om dit plat te maak en op hope te gooi, kan so iets dalk wel moontlik wees, ek weet nie. 😊

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!