Die heel beste jy

Vorige bloginskrywing aangepas.

Die boek, Die Heel Beste Jy, het ek baie geniet. Dis deur drie skrywers geskryf, nl Dirkie van der Spuy, Dalena Vogel en Esther van der Spuy.

Ons, as mense, bestaan uit liggaam, siel en gees, ‘n begrip wat ek self ook nie altyd lekker verstaan nie. Hierdie boek werp die lig hierop en elkeen van die skrywers verlig een van hierdie aspekte.

Die liggaamdeel is maklik, maar wat is die verskil tussen siel en gees?

Volgens hierdie boek vorm die siel die wese van jou persoonlikheid. Jou intellek, geheue, emosies en wil, wat ‘n invloed het op jou gedrag.

Deur ons gees kan ons met God as Geestelike Wese kommunikeer en geestelike dinge ervaar en onderskei, Hom aanbid.

Die eerste deel wat oor die liggaam gaan, is deur Esther van der Spuy geskryf en regtig lekker om te lees. Sy skryf oor ‘n gesonde leefstyl, oor leefstylsiektes, eetversteurings, oorgewig en obesiteit, en gee oulike raad oor besluitneming.

Dr Dalena Vogel het geskryf oor die sielkundge aspek en behandel onderwerpe soos die invloed van my verlede, trauma, hanteer pyn en verwonding, ons optrede tydens ‘n krisis, neem spanning betyds waar, uitbrandsindroom, depressie, gesonde denke, emosies. Sy skryf oor hoe jy verantwoordelikheid kan neem oor jou sielsgesondheid.

Dirkie van der Spuy hanteer die geestelike dimensie en skryf hoe ons geestelik kan groei. Hy help ons om vry te kom van sy verlede, sonde en die stryd teen sonde, die belangrike rol van ons gedagtes, dat ons ‘n Helper het, die Heilige Gees.

Enige iemand wat graag aan homself wil werk, sal baatvind by hierdie boek. Ek het dit baie geniet.

Groete

Toortsie

Vir nog van my boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.

7 thoughts on “Die heel beste jy

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s