Man van God

Man van God deur Bennie Mostert.

‘n Vriend het hierdie boek gelees en hier volg sy kommentaar oor die boek:

Ná my jarelange introvertiese bestaan veral ná Erika se oorlye ná +51 jaar se uiters gelukkig huwelikslewe, is ek aan die begin van verlede jaar ná my ontmoeting met Ann en ook ‘n uiters gelukkige huwelik van byna slegs ‘n korte 6 maande tot Maart vanjaar, deur haar tot ander insigte geïnspireer.

Ek het meer in verbinding met mense gekom en het sekere persepsies ‘ontgroei’ en boweal verstaan dat ek my  Christelike oortuigings en geloof met ander behoort te deel vir wat dit miskien werd mag wees, en veral deur omgang en gesprek, om self in geloof en heiligmaking te groei en uit te dra.

Alhoewel dit tydsaam gebeur het maar wel gevorder het, kon ek skaars hierdie boek neersit wat my tot groter mate gelei het met bevestiging dat dit die regte weg is om te volg. Trouens, God het ons elkeen uniek gemaak – selfs identiese 2linge of meer- verskil in vele opsigte.

Ek was altyd onder die indruk dat mans hulle wederhelftes behandel soos ek myne behandel het, maar het sedertdien gehoor, en ondervind dat vele dit nie doen nie. Veral met die openbaarmaking van die huidige gedrogtelike statistieke is dit my innige wens, gebed en begeerte dat hierdie boek deur elke man nie net gelees moet word nie maar besit moet word om telkens na te verwys en te lees en te doen.

Die boek het ook, nie net my eie vele hartseer-verwyte bevestig dat daar baie dinge is wat ekself in my eie huwelikslewe veel meer en meer dikwels sou moes doen, maar verskaf ook leiding tot al groter aanvaarding, vertroosting en berusting.

Groot jammerte dat daar so vele is wat nie kan lees nie. Die boek dwing enige eerlike en soekende leser om verder te lees want mens kan nie die waarhede wat dit uitlig en deur mens nagelaat is en –word, sommer weg wens of uitvee nie.

Die boek bevestig ook, soos Spurgeon ons ook in sy geskrifte telkens leer en ons daarop wys dat dit nie ons is wat vir God werk nie, maar God in ons want ons is na sy Beeld geskape en Hy het ons nie nodig om Sy werk te doen nie, Hy is Almagtig en kan dit self beter as enigiemand doen, maar omdat ons Sy kinders is en Hy ons só liefhet dat Hy deur ons wil werk om Sy Ambassadeurs te wees, Sy Beeld te wees en uit te dra.

Myns bedinkens glo ek dat dit nie ons almal beskore is om per se, soos die Heiliges wat in die boek genoem en aangehaal word, “Man van God” te word nie, maar desnietenstaande moet dit altyd ons ononderbroke sielewens wees dat dit deur ons woorde, dade en veral ons voorbeeld, waartoe ons deur die Heilige Gees gehelp word, in ons elke dag se lewenswandel en optrede sonder uitsondering ge-openbaar moet word. Dit is slegs Hy wat ons daartoe kan help.

Dankie aan ons vriend vir hierdie kommentaar.

Toortsie

Vir nog van my boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.

3 thoughts on “Man van God

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s