Toe val sy om

Toortsie kan nogal soms baie kapasiteit hê. Uithouvermoë. Sy trek en pak uit en pendel op en af en hekel en brei vir die VLV en ontvang gaste en maak kos en maak tert en doen Parkrun en gaan stap saam met die stapklub voer ‘n oneindige stryd teen boustof en en en nou is ek so pootuit bygehou. Soos die adrenalien meer raak , wip die hopballetjie net opper en opper. Sy lê wakker en pars gou in die middel van die nag die breiwerkie.

Dan, skielik, val sy om. Poef. Soos ‘n bakkie koue sop.

Sy staan op, doen haar ding, slaap die hele pendelpad, kan skaars haar oë oophou om middagete voor te sit, vat die Aspriskombersie en verloor haarself op die sitkamerbank.

Tot haar man inkom ná ‘n hele dag se werk.

Vanaand gaan Toortsie vroeg in die bed klim met ‘n boek.

Lekker slaap, julle!

15 thoughts on “Toe val sy om

    1. Jy moet eintlik op my blog ‘aspris’ soek. Sy storie is daar iewers.
      My dogter het leer hekel, maar haar blokke was oneweredig. Toe maak ek die Askieskombersie waarvan elke blok anders was. Dit was my eerste wegbreek van reëls.
      Daar bly wol oor en ek koop aspris kleure wat nie bymekaar pas nie om saam met my ander oorskietwol te gebruik vir hierdie aspriskombersie en ek breek toe weg van kleurreëls.
      Toe hekel ek my Astrantsjaal, wat pienk en pers en rooi in het. Verdere wegbreek van kleurreëls.
      Toe kom Amandla, my bont poncho.
      Nou is ek heeltemal vry, en die dorp is ook al gewoond aan die mal vrou se bont goed. Niemand trek meer ‘n oog nie.
      🤪

      Like

Gesels saam, asseblief!