Die eerste een waaraan ek kan dink, is dat iemand ‘n bok vir sports is, maar ek wonder stilweg of dit ‘n erkende Afrikaanse idioom is?
My man is ‘n regte platjie en bak graag vir iemand ‘n poets. Hy waag dit natuurlik lankal nie meer met my nie, sy kwota is reeds vol!
Deesdae voel dit vir my al hoe meer dat mense ‘n berg van ‘n molshoop maak. Ek weet nie of mense net aandag soek daardeur nie, of hulle dalk nie meer die taal so goed verstaan en dan dinge uit verband uit ruk nie, en of dit dalk deel is van die nuwe mode, om OCD te wees nie. Mense roem mos deesdae daarop dat hulle OCD is, asof dit ‘n prestasie is. Net terloops.
Met die verkiesing op hande, sal daar weer goue berge belowe word deur al wat politieke party is, mense sal om die bos gelei word, alles net om stemme, en saam met dit natuurlik, mag, in die hande te kry. Ná die tyd sal al daardie beloftes vergete wees en sal mense besef die berg het ‘n muis gebaar. Baie min sal van die beloftes kom en die lewe sal weer voortgaan nes altyd. In die meeste gevalle sal dit ook die laaste sien van die blikkantien wees en sal baie van die stemwerwers wat jou so graag besoek het en vriendelik gegroet het, in die niet verdwyn.
Dat dit baie keer waar is, is dat in die land van die blindes, eenoog koning is. Vandag, met inligting wat net ‘n knoppiedruk ver is en binne elke persoon se bereik is, voel dit vir my selfs meer so. Die persoon wat bereid is om ‘n bietjie meer moeite te doen, ‘n ekstra tree te loop, ‘n kans te waag, het baie keer die geleentheid om uit te skiet, en het die een wat bereid is om die ‘knoppie te druk’, die geleentheid om indruk te maak.
Dat bloed dikker is as water, is ‘n gegewe. Bloed kruip waar dit nie kan loop nie. Ek sien dit in my eie lewe. Presies dieselfde nonsens sal ek opvreet van my naby-familie, maar soms nie duld van ‘n ander persoon nie. .
Soos reeds vertel, was my blus Dinsdag ‘n bietjie uit, maar die vlammetjie brand weer mooi. Van balke saag gaan ek julle niks vertel nie, ek praat nie uit nie.
Van bobbejane gepraat, ek het Maandag nie eers nodig gehad om die bobbejaan agter die bult te loop haal nie, daar was ‘n regte bobbejaan by die erf langs ons huis! Regtig egtig! Maar, om bobbejane agter die bult te loop haal, is om moeilikheid te loop soek wat nog nie eers gebeur het nie. My tannie Essie het egter gesê, sy gaan haal nie die bobbejaan agter die bult nie, sy loop kyk net of hy daar is!
Mooi dag! Los die bobbejane agter die bult, bak mooi broodjies, buig die boompies terwyl hulle nog jonk is, en onthou, hoë bome vang maar die meeste wind, so moenie jou te maklik ontstel nie.
Toortsie
Hoe lekker lag ek nou vir jou tant Essie 😁 As ‘n bok vir sports nie reeds ‘n idioom is nie, behoort hy een te wees.
LikeLiked by 1 person
Ek dink ook so oor die bok. Daai einste tannie Essie was só ‘n bok.
LikeLiked by 1 person
Jinne kyk nou hoe oulik vleg jy als so inmekaar…
LikeLike
Ag dankie vir die inloer. 🙂
LikeLike
My data was klaar nou kan ek weer lekker saam speel…
LikeLike
Ja, jy was regtig skaars die laaste tyd.
LikeLike
Ou Toortsie, nie gedink julle gaan my mis nie. Dit het bietjie wild gegaan, data was min en ek moes n oorlog wen….
LikeLiked by 1 person
Hoop jy het gewen!
LikeLike
Win some, loose some. Maar ek leer en ek groei..
LikeLike
Sterkte
LikeLike
😘
LikeLike
Al was jou blus uit is ons bly jy weer woema. Moet nou net nie van n molshoop ń berg maak nie, dan kry jy op jou baadjie. Mens kan mos nie bloed uit ń klip tap nie.
LikeLiked by 1 person
Net so. Hierdie klip het wintlik net lus vir lê, maar vandag moet ons my skoonma trek van ‘n reuse kamer na ‘n piepklein een.
LikeLike