Dis die tweede keer dat ek Seisoen van Vergifnis, deur Alta Cloete lees, en weer was dit splinternuut.
Saam met die karakters het ek die pyn van verwerping, vereensaming, vervreemding in die familie beleef. Saam met hulle het ek die misverstande, die trots, die ego’s, die smagting na mekaar beleef. Saam met hulle kon ek die pyn wat hulle al van kleintyd af saamdra, beleef. Saam met hulle het ons die soeke na mekaar beleef, die versigtige hand uitsteek, die afbreek van mure, die vergifnis, versoening.
Dis beslis ‘n boek om te lees, ‘n boek wat handel oor regte mense wat swaarkry en vergewe en liefhet, mense wat bereid is om verby hulle trots te reik na mekaar en na wat regtig saakmaak, mense wat mekaar vind. Dis ‘n boek na aan die vel.
Toortsie
Sal bietjie kyk vir die boek.
LikeLiked by 1 person
Amazon
LikeLike
Spesiaal
LikeLiked by 1 person
Klink mooi. Wil ook sommer net vinnig inloer om te sê, komende Woensdag skop toortsie se storie my Country People stories vir die jaar af. 🙂
LikeLiked by 1 person
O! Wonderlik! Kon jy dit ooit gebruik? Jy moet sê as ek iets moet verander. Nogmaals dankie vir die voorreg.
LikeLiked by 1 person
Dit lyk reg. Sal weer deur dit gaan en seker maak en jou laat weet!
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLiked by 1 person
Jammer. Toortsie met ‘n hoofletter 😂
LikeLike
Dit maak glad nie saak nie! 😁
LikeLiked by 1 person