So, Toortsie is 8 jaar oud!
Vir ‘n kort rukkie was daar ‘n Madelé oor leef, wat nie oorleef het nie! Een nag word die blog net woeps!, weggevee. Toe kry Madelé onttrekkingsimptome en probeer ‘blog’ op Facebook, maar dit was minder opwindend. Sy het haar blogmaats gemis.
En net daar word Toortsie gebore, ‘n liggie veronderstel om te wees. Sy gaan deur wroeging, gewetensbesware, wat sal die mense sê, is sy verslaaf, of is sy nou nie, is blogging goed of sleg, een twee drie blok myself, maar Toortsie byt vas en groei verby alles wat sy vrees, van verslaaf of nie, wat maak dit saak wat die mense sê, tot waar sy vandag is. Haar gesin het haar skrywery lankal aanvaar en is nie meer te bang dat hulle ma oor hulle sal skinder nie, sy doen, maar doen dit so subtiel, hulle kom dit net nie agter nie. 🙂
So, 8 jaar, 2 371 bloginskrywings (waaraan Kameel ook hard help skryf het), 425 049 besoeke en 32 967 kommentare, 2 gepubliseerde boeke later, geniet Toortsie die geselskap wat die blogwêreld bied, net nog meer as ooit.
A few days ago Dr Perry asked what your social media says about your mental health. I asked him if reading blogs was part of the social media problem, and he answered:
I actually think the blog world is not only safe but mentally healthy✨
Yes! Thank you!
So liewe maters, mag blogland nog lank voortleef. 🙂
Groetnis
Toortsie
Veels geluk met die verjaarsdag! Hoe lyk dit met ‘n ou tiramisu’tjie – met agt kersies op?
LikeLiked by 2 people
Dit kan NET lekker wees!
LikeLiked by 1 person
Frannie gedrag jou!
LikeLiked by 2 people
Onthou, haar seun, Frangelico is hier betrokke!
LikeLike
😀
LikeLike
Geluk Toortsie, jy inspireer menigte van ons met jou skrywes, en ons vier jou verjaarsdag graag saam met jou.🎂🎂🍦🍸
LikeLiked by 1 person
Dankie my blogmaats is baie spesiaal ❤️ I love youuuuu!
LikeLike
Happy birthday, dear Toortsie! Many blogging years to you! 🙂
LikeLike
Thank you. I really love blogging! 😁
LikeLiked by 1 person
And blogging love you and your fantastic energetic vibes! 🙂
LikeLiked by 1 person
😁🤸🏼♀️
LikeLiked by 2 people
Geluk Toorts, jy is voorwaar ‘n liggie in menige een se lewe
LikeLiked by 1 person
Dankiedankie. 😁
LikeLiked by 1 person
Is jy al in Calitzdorp?
LikeLike
Ek wens. Die huismark is sleg, so ons kry nie ons huise verkoop nie. Wat beteken ons kan nie ietsie anders koop nie. Nou wag ons maar vir beter dae
LikeLiked by 1 person
Hulle sal kom. 😁 Die beter dae, bedoel ek.
LikeLiked by 1 person
Geluk liewe Toortsie omdat jy verjaar 🎵🎶🎸🎹🎷🎺🎻 Wie weet hoeveel invloed jy nie al in ander se lewens gehad het met jou blogs nie?
Wonder sommer nou of almal so wroeg oor blogging. Met tye oorval ‘n onsekerheid daaroor my nog.
LikeLiked by 1 person
Veral in die begin het ek so skuldig gevoel, moes snedige opmerkings verduur, besef ek is verslaaf. Nou voel ek ‘n veer. 😁
LikeLiked by 1 person
En ek hoop regtig dat daar iewers ‘n ou stukkie positiewe invloed was. 😁
LikeLiked by 1 person
Baie geluk Toortsie! Jou skrywes was nog altyd ‘n wonderlike inspirasie vir my. Blogland is gesond…ek het nog nooit lelike kommentaar of vyandigheid hier beleef nie. Inteendeel my leefwêreld is so verbreed omdat ek mense in ander lande ook leer ken het.My SA blogmaats deel weer mekaar se blydskap en smarte en omdat ons baie dieselfde dink en voel, ondersteun ons mekaar op verskeie maniere.
LikeLiked by 2 people
Ag dankie, jy is ook so spesiaal. In blogland het ek met mense te doen gekry wat anders dink, doen, glo as ek en ons respekteer mekaar se manier van glo, doen, wat ook al. Ek het in my menswees soveel gegroei. Soms noem ek in ‘gewone’ geselskap dinge wat ek in blogland raakgelees het wat buite ons ervaringswêreld is, dan het die ander mense so ‘n ‘dowwe’ uitdrukking in die oë, want hulle ken dit nie. Ek waardeer elke blogmaat. ❤️
LikeLiked by 1 person
As mens aaklig wil wees,kan dit ontaard soos op FB, maar om een of ander rede verskil mense op ‘n ordentlike manier van mekaar. Ek weet nie hoekom dit so is nie. Miskien omdat mens nie jou blogspasie wil bevuil met lelike aanmerkings nie.
LikeLiked by 1 person
Ek is bly dit is so
LikeLiked by 1 person
Yes! It’s a safe addiction. Let’s blog. Geluk Toortsie. En laat dit vir jou ‘n les wees – mens delete nie ‘n blog nie, jy maak dit net “private”. Moenie weer delete nie, hoor? Ek sal jou mis.
LikeLiked by 1 person
Nee nee ek sal nie. Ek belowe, hoor jy?
LikeLiked by 1 person
Seegogga verjaar vandag.
LikeLiked by 1 person
Ek het gesien – sy is op my facebook. Ek sal haar sommer gou gaan gelukwens voordat ek vergeet.
LikeLiked by 1 person
Seegogga vra dat ek haar inskryf vir die kuier-safari, maar sy het vergeet om te sê watter dorp / plek. Haar kop staan net by die reïnie. Waar presies op die kaart kan ek haar plaas?
LikeLike
Agulhas
LikeLiked by 1 person
Baie geluk Toortsie! Jou skrywes inspireer baie.
LikeLike
Baie dankie
LikeLike
Lekker verjaar ou maat, lekker verjaar!!🎵🎶🕯🕯🕯🕯🕯🕯🕯🕯
LikeLiked by 1 person
😁💃🥂👠
LikeLike
Geluk Toorts. Jy was een van die eerstes wat my gevolg het. Dit waardeer ek. En met die towerin Tiramisu het ons baie sout saam opgeëet. Geluk met jou lagste ag agste
LikeLiked by 1 person
Dankie! 😁😎
LikeLike
Baie geluk Toortsie, met wense vir nog baie jare se saam deel en gesels!
LikeLiked by 1 person
Dankie 😁
LikeLiked by 1 person
🎂🎂🎂🎉🎉🎉🥂🥂🥂Baie geluk, nog vele jare van blogging.
LikeLiked by 1 person
Dankie 😁
LikeLike