Maak jy geld uit jou blog?

Dit hét al gebeur dat mense vir my vra of ek geld verdien met my blog. My antwoord? Nee.

Op ‘n stadium was dit vir my ‘n groot aantrekkingskrag en ek het dit ondersoek hoe ek kan geld maak uit my blog.

Die reëls kon al verander het, en ek kon dit dalk verkeerd verstaan het, maar ek het verstaan dat ‘n mens omtrent so iets soos 40 000 klieke per jaar moet kry voor hulle dit sal oorweeg om jou op die beloningsprogram sou sit. Verder kry jy meer geld as die mense wat op jou blog kliek, in die Verenigde State van Amerika is, en dalk Europa.

Ek hét gekwalifiseer en die nodige gestappe gedoen.

Eerstens moes ek my domein verander, dit kon nie toorsie.wordpress.com wees nie. Op daardie stadium het my eerste boek verskyn, en is ek in elk geval aangeraai om dit te verander na toortsie.com. Dit kos so iets soos R280 per jaar.

Ek het in die begin dopgehou hoeveel geld ek ‘verdien’. Een maand sou ek iets soos R8 verdien, maar dit is nooit uitbetaal nie, omdat dit eers uitbetaal word as die totaal bó ‘n sekere bedrag was, wat ek nooit gehaal het nie. In ruil vir daardie voorreg van die moontlike R8, wat my R280 kos, was my blog oorlaai met advertensies.

So, intussen het ek weer nóg geld betaal dat daar nie advertensies op my blog moet verskyn nie, maar ek vermoed dit gebeur nie heeltemal so nie.

Wat my blog wel vir my doen, is dat ek my boeke hier bekendstel en mense sodoende daarvan weet.

So, nee, ek maak nie geld nie, ek doen die blogging net vir die lekker en die gesels en die ontwikkeling wat in myself plaasvind. Ek is nog nie spyt ek het dit begin doen nie, en hoop nie dat ek ooit my hare uit my kop wil trek hieroor nie.

As hier egter van ons blogmaats is wat groot geld maak met hulle blogs, moet hulle ‘n bietjie vir ons vertel wat hulle doen en ons leer. Dalk kan ons ‘n ou pensioenfondsie opbou met ons blogs!

Groetnis

Toortsie

34 thoughts on “Maak jy geld uit jou blog?

  1. Wat daarvsn as n mens klein plaaslike ads op jou blog plaas wat nie deur wordpress gaan nie maar deur jouself? Ek gli nie jy gaan ruk word nue maar jy gaan bietjie meer kry. Ek is eenkeer deur iemand genader om dit te doen. Maar ek weet nie if mens mag nie, en hy was kompetisie bir my (akkommodasie). Maar dir gee my n idee. Dalk kan ek my eie plekkies so adverteer! Ai tog- al die admin!

    Liked by 1 person

    1. Dit klink na ‘n goeie idee. Of ‘n mens mag, of nie, weet ek nie.
      Jy kan bv ook ‘n agent van Amazon word, wat jy op jou blog sit, en as mense dan deur jou skakel by Amazon koop, kry jy kommissie.

      Like

    2. Jy sit aan die regterkant by die widgeds ‘n blokkie met daardie instansie se advertensie en as hulle wil, kan jy dit maak dat as iemand daarop kliek, mens by hul webblad uitkom. En dan betaal die instansie jou ‘n maandelikse fooi.

      Liked by 1 person

  2. Tootsie…Ek moet eintlik se Tannie Tootsie…maar dit klink nie lekker nie… ek het n blog begin. Hoe kry ek dit reg dat ander mense dit sien? Ek wil vir eers anoniem bly…

    Liked by 2 people

    1. Tannie toortsie toor tonge! 😂
      Jy doen presies wat jy nou hier gedoen het. Jy lees ander blogs en kewe kommentaar by hulle en dan raak die bloggers vreeslik nuuskierig en gaan loer. En tannie werk nie in blogland nie, behalwe tannie Frannie. 😁

      Like

  3. Nee. Maak nie geld met my blog nie, maar dit maak my hart vol en hou my positief, maar ek sou nie omgee om ietsie te verdien nie. Vanaf volgende maand is ek net ‘n gelukbringer (werkloos/huisvrou/salaries loos.)

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!